Toeka-Tokkel no 25: Omgewing


OMGEWING

Dit is nou n lekker wye onderwerp. Omgewing kan enige plek beteking waar iemand of mense selfs diere of plante is.

My omgewing as kind, was eers in n lekker ou huis met hoë plafonne. Dit was in die middel van Pretoria met die Uniegebou as buurman!

Later het ons op n lappie grond met melkbokke geboer. Op die Hoëveld waar dit oop is…  waar jy baie ver kan sien….(Toon v d Heever)

In die Hoëveld, deur Toon van den Heever

In die Hoëveld, waar dit oop is en die hemel wyd daarbo,

Waar kuddes waaigras huppel oor die veld,

Waar ‘n mens nog vry kan asemhaal en aan ‘n God kan glo,

Staan my huisie, wat ek moes verlaat vir geld.

En as ek in die gange van die myn hier sit en droom

Van die winde op die Hoëveld, ruim en vry,

Dan hoor ek die geklinkel van my spore, saal en toom,

Sawens as ek bees of skaap toe ry.

Op die Hoëveld, waar dit wyd is, waar jy baie ver kan sien,

(Die ylblou bring ‘n knop dan in jou keel)

Staan my huisie nog en wag vir my, wag al ‘n jaar of tien,

Waar die bokkies op die leigrafstene speel.

Maar as die tering kwaai word en ek hoor die laaste fluit,

Dan sweef ek na die Hoëveld op die wind

Ek soek dan in die maanlig al die mooiste plekkies uit

Waar ek kleiosse gemaak het as ‘n kind.

http://af.wikipedia.org/wiki/Bespreking:Toon_van_den_Heever

Pragtig word die Hoëveld beskryf!

Daarna trek ek Potgietersrus toe en die die Bosveld in.

Ruie, dig beboste wêreld. Later het droogte en brande baie bome en bosse vernietig.

Na 12 jaar in Potties trek ek Secunda toe. 13 jaar terug op die Hoëveld met sy mielielande en grasvlaktes.

Weer terug in Potties vir nog n 13 jaar en nou in geheel en al n ander omgewing.

Dit is n belewenis om hier in my omgewing te bly. Dis heuwelagtig . Natuurlike boomryke hange en ook denneplantasies.
My omgewing is veronderstel om grasgroen te wees. Met die klimaatsveranderinge en verwarming van atmosfeer raak my omgewing, veral in die somer, baie droog en warm. Baie ongewoon vir n eiland wat veronderstel is om waterryk te wees.

Hier is my omgewing!

Herfsoggend Upper Hutt, New Zealand
Herfsoggend Upper Hutt, New Zealand

Daar het jy my omgewing. Nou is dit jou beurt om jou omgewing met ons te deel.

HOE WERK TOEKA-TOKKEL?

1. Skryf of maak n nuwe pos en beskryf d m v woorde of fotos hoe jou omgewing is.

2. Verwys na Toeka-Tokkel  d m v skakel sodat ander kan sien en lees waaroor dit gaan.

3. Plak jou skakel in my kommentaar en sie daar almal kan lees en sien wat jy sê.

4. Dis lekker. Dis Afrikaans. Wees jouself! Geniet dit!

Die volgende ouens het aan die vorige “Grootword” tema deelgeneem en lekker geskryf/vertel:

Marlize Venter …. wanneer is mens regtig groot? vra sy…
http://marlizeventer.com/2015/06/08/is-ek-nou-groot/

Kameel…. voel party dae of mens steeds nog klein kan wees….

https://toortsie.wordpress.com/2015/06/09/grootword/

Toorts het n sorgvrye grootword  gehad wat haar vandag nog dankbaar maak daarvoor…

https://toortsie.wordpress.com/2015/06/10/toorts-se-toeka-tokkel-oor-grootword/

Herriemerrie maak goeie stelling om nie klere te koop wat te groot is vir ingeval jy grootword….

Toeka Tokkel: Grootword wenk

Eksta bydrae:

Olga dink heerlik terug aan die grootword voor TV

Toeka tokkel 24 grootword.

Dit is dan dit vir die week. Sien weer volgende Donderdag met : DRAMA


25 responses to “Toeka-Tokkel no 25: Omgewing”

  1. Toeka Tokkel: Omgewing | Herriemerrie Avatar

    […] Scrapy praat die week oor die omgewing. […]

    Like

  2. Toeka tokkel 25, my omgewing | OLGA SE OKSELTJIES Avatar

    […] Scrapy vra ons om oor ons omgewing te skryf. Ek dink die volgende paar kiekies vertel meer as wat ek in woorde wil sê. […]

    Like

    1. scrapydo2.wordpress.com Avatar
      scrapydo2.wordpress.com

      Lekker man. Ek beter my sokkies optrek met volgende onderwerp. Nog nie n idee wat om te skryf nie!

      Like

  3. Omgewing | Toortsie, Kameel en Bokbaaivygie Avatar

    […] Scrapydo se toeka-tokkel: Omgewing […]

    Like

  4. Toortsie Avatar

    Die foto van jou omgewing is pragtig. En jou blog se nuwe uitleg is WOW!

    Like

    1. scrapydo2.wordpress.com Avatar
      scrapydo2.wordpress.com

      Baie dankie vir die kompliment! Maak my blog nie baie stadig oop nie? As ek op my ou rekenaar werk vat dit laaaaank voor hy oopmaak.

      Like

      1. Toortsie Avatar

        Het nou nie agter gekom nie

        Like

        1. scrapydo2.wordpress.com Avatar
          scrapydo2.wordpress.com

          Dankie het net gewonder! Suster T het niks gesê van verandering nie. Wonder of sy dit ooit agtergekom het (Grinnik!!!!)

          Liked by 1 person

    1. scrapydotwo Avatar

      Dankie! 😀

      Liked by 1 person

  5. Kameel Avatar
    Kameel

    Pragtige gedig. By nou weet jy ek dink jy bly in ‘n poskaart. Jammer dat dit nie meer so groen is soos dit moet wees nie. Ons planeet kry swaar. 😦

    Like

    1. scrapydotwo Avatar

      Ja, die mensdom was aan en brei uit vir die vale. Daar is nie plek vir die natuur nie! So hartseer

      Like

  6. nowathome Avatar

    Jy bly in ‘n pragtige omgewing!!

    Like

    1. scrapydotwo Avatar

      Beslis. Ek geniet dit elke dag!

      Like

  7. coetzee2014 Avatar

    Ek is hopeloos agter om te reageer op jou opdragte. Sal dalk, so met die tyd van hulle moet afhandel. As jy dit sal toelaat? Ek geniet om joune en almal s’n te lees.

    Like

    1. scrapydotwo Avatar

      Geen probleem as jy wil teruggaan na oueres. Sal steeds vir jou n skakel opsit sodra jy iets bydra! Ek het self ook nog nie teruggekom na jou blog se klein geskryf nie! Tyd haal mens telkens in.Ek is bly jy lees darem die ouens se bydraes. Dis waaroor dit gaan! 🙂

      Like

  8. perdebytjie Avatar

    Ek is sommer hartseer as ek hierdie gedig van Toon van den Heever lees.As hy vandag die hoëveld sien,draai hy in sy graf om.Vieslike mynhope,rookgevulde lug en besoedelde,verwoeste vleie!

    Like

    1. HesterLeyNel Avatar
      HesterLeyNel

      Ja, jy kan beslis nie meer vry asem haal nie.

      Like

      1. perdebytjie Avatar

        Dis deesdae so lelik hier aan die Oostelike kant,dat ek omtrent my oë toe hou totdat ons verby Belfast is.Ek klink nou baie negatief,maar dis die prys wat die natuur betaal vir elektrisiteit!

        Liked by 1 person

        1. HesterLeyNel Avatar
          HesterLeyNel

          Vooruitgang het altyd sy prys. Ons is nou ses maande hier aan die Suidkus en dis nog steeds so ‘n bevredigende gevoel om soggens buite op die balkon te staan en diep asem te haal – heerlike vars seelug.

          Like

          1. perdebytjie Avatar

            Ek is sommer jaloers op jou!

            Like

            1. scrapydo2.wordpress.com Avatar
              scrapydo2.wordpress.com

              Ek voel saam met jou oor die vars en lekker opstaan

              Liked by 1 person

        2. scrapydotwo Avatar

          Die verandering het al begin toe ek Secunda toe is met SasolII en SasolIII se oprigting. Daar het ek asmaties geword wat skrik vir niks. Daardie rook en dampe maak alles lelik en benoud.

          Liked by 1 person

Leave a comment

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.