Toeka-Tokkel no 26 : Drama


Hierdie week se Toeka-Tokkel is of gaan oor

DRAMA

Enige-iets onder die son kan drama veroorsaak. Daar is nie n verhoog of opgeleide toneelspelers nodig vir daaglikse dramas nie.

Vanoggend het daar n drama afgespeel terwyl ek in die stort was.My liewe honde-vriend, Trompie, het die geneigdheid om gereeld te blaf as ek heerlik onder die stroom stomende water staan.

So was dit ook weereens vanoggend. Skaars heerlik in stort en Trompie begin blaf. Nie sy normale blaf van: Oooo ek sien die bure se kat of hond nie! Nee, hy blaf geweldig opgewonde en aanmekaar.

Heel dramaties!

Ek dog toe dit moet seker die posbode wees met n pakkie want ek verwag een.

Ek klim onder stort uit, handoek om die lyf, gaan sitkamer toe. Trompie het intussen die dramatiese blaffery gestop. Ek kyk by deur uit. Niks nie. Nou wonder ek wie dit kon gewees het. Die manier van Trompie se blaf was nie normaal nie.

Klaar aangetrek, wou ek met Trompie gaan stap. Ek sien toe n figuur wat by my venster verby sluip na agter toe. Ek maak deur oop en sê Trompie aan om te gaan kyk! Hy is nie links nie en storm heel dramaties om die hoek. Met die kom die persoon ook om die hoek.

Dis toe een van my bure wat kom hoor of hy nie my telefoon kan gebruik nie. Sy eenheid se krag is af en hy wil die elektriese maatskappy bel om te kom kyk.(Gelukkig het ons nie n Eskom wat niks daaraan kan doen nie!)

Dit liewe vriende, was toe nogal n dramatiese twee ure vanoggend gewees.

Net n bietjie inligting wat Wiki vertel oor drama:

https://af.wikipedia.org/wiki/Drama

Die twee maskers geassosieer met drama verteenwoordig die tradisionele genre-onderskeiding tussenkomedie en tragedie. Dit is simbole vir die Ou Griekse muses, Talia en Melpomene. Talia was die muse van komedie (laggende gesig), terwyl Melpomene die muse van tragedie was (huilende gesig). Drama is algemeen as ʼn poësie-genre beskou en het gestaan teenoor die Epiek en Liriek sedert Aristoteles se Poëtika (circa 335 v.Ch)—die vroegste werk oor dramateorie.[5]

TOEKA-TOKKEL  en hoe dit werk:

1. Skryf Afrikaans en geniet dit.

2. Elke Donderdag is daar n nuwe woord of tema vir die week.

3. Skryf n pos. Noem my pos Toeka-Tokkel in jou skrywe sodat ander my pos vind om ook deel te neem.

4. Pos n skakel van jou af in my kommentaar sodat ek en ander jou skrywe ook kan lees en geniet.

Die volgende ouens het heerlik oor hul omgewing getokkel..

BAIE DANKIE VIR ALMAL SE GETROUE ONDERSTEUNING EN DEELNAME. Sonder julle maak dit nie sin om te tokkel op my eie nie.

Kameel dink terug aan die omgewings waar sy grootgeword het en vandig is…

https://toortsie.wordpress.com/2015/06/16/omgewing/

Olga het n versameling mooi fotos geplaas wat haar omgewing wys…

Toeka tokkel 25, my omgewing

Herriemerrie praat oor vernietiging van omgewing oor die algemeen

Toeka Tokkel: Omgewing

Toorts skryf oor die Overberg en eerste merinoes

https://toortsie.wordpress.com/2015/06/15/toort-se-toeka-tokkel-oor-omgewing/

Nou toe ouens, laat ons bietjie hoor wat jul het oor DRAMA.

Volgende week is dit:onderwys/onderwyser


17 responses to “Toeka-Tokkel no 26 : Drama”

  1. Kameel Avatar
    Kameel

    Sit sommer en wonder wat is die volgende paar weke se temas?

    Like

    1. scrapydo2.wordpress.com Avatar
      scrapydo2.wordpress.com

      Gaan volgende maand sn vandag opsit! Dankie vir jou ondersteuning! Lyk nie of daar baie dramas by mense plaasvind nie!

      Like

  2. Die lewe is ‘n drama | Toortsie, Kameel en Bokbaaivygie Avatar

    […] Scrapydo se toeka-tokkel: Drama […]

    Like

  3. Toortsie Avatar

    Jou SA agtergrond het seker gemaak dat jou hare op jou arms regop staan?

    Like

    1. scrapydo2.wordpress.com Avatar
      scrapydo2.wordpress.com

      Jy moenie nog praat nie! Ek bly nog maar skrikkerig as dit by vreemde bewegings kom. Ek sluit steeds al die deure en maak vensters toe voor ek gaan slaap. Hier is nie diefwering voor vensters nie.

      Liked by 1 person

  4. Kameel Avatar
    Kameel

    Gelukkig het jy nie met die handoekie om jou die deur vir buurman oopgemaak nie. Dan sou hy iets oor drama te vertelle gehad het 😉 Mooi naweek vir jou.

    Like

    1. scrapydo2.wordpress.com Avatar
      scrapydo2.wordpress.com

      He he! Hy sou beslis weghardloop as hy die ou lyf sien! Beste van als die volgende oggend wou ek net in stort klim toe die posman aan die deur klop met n pakkie. Hierdie keer het ek darem my japon aangetrek! Posman is n spraaksame jong man! Ons het weer baie reën en verspoelings hier. Hoop jou naweek is ook aangenaam en ontspannend! 😀

      Like

      1. Kameel Avatar
        Kameel

        Jy moet pasop vir posmanne…… en melkmanne….. jy weet die oumense was lief om te sê dit is die posman, of melkman se kind 😆
        My taak is in…..
        https://toortsie.wordpress.com/2015/06/22/die-lewe-is-n-drama/

        Like

        1. scrapydo2.wordpress.com Avatar
          scrapydo2.wordpress.com

          HA HA, nê!!!! gelukkig is ek verby die kindkry stadium! Dankie vir jy inskrywing!

          Like

  5. angelswhisper2011 Avatar

    Trompie is een goede waakhond. Let goed op je vrouwtje, hoor! ❤ ❤

    Like

    1. scrapydo2.wordpress.com Avatar
      scrapydo2.wordpress.com

      Hy is beslis n waghond duisend! Hy blaf altyd as ek stort – tipies kind wat aandag soek. Hy hou net n wakende oog as ek nie naby is nie! V..V 😀

      Liked by 1 person

  6. rondomtaliedraai Avatar

    Sug… dit kon ‘n oulike Hunk gewees het

    Like

    1. scrapydo2.wordpress.com Avatar
      scrapydo2.wordpress.com

      Nee wat. Laat hunks maar oor aan my buurvrou!

      Liked by 1 person

  7. nowathome Avatar

    Sjoe, omtrent drama! Bly als is darem okay!

    Like

    1. scrapydo2.wordpress.com Avatar
      scrapydo2.wordpress.com

      Snaaks genoeg was ek nie bang nie. Die ou kon nie rerig agterom gaan nie. Hy het ook geroep terwyl hy omgeloop het. Nie n skelm gewegkruip nie. Ek het ook gesien dis hy.

      Like

  8. rlseaton Avatar

    I’m glad you are all right and that your drama turned out safely!

    Like

    1. scrapydo2.wordpress.com Avatar
      scrapydo2.wordpress.com

      Yes, when I saw this person going around to the back I thought – trouble! Most of the time I know the way Trompie is barking it is something he knows. This time it wasn’t like that!

      Liked by 1 person

Leave a comment

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.