I really enjoy my time at school immensely. There is never a dull moment when children are around you.

Today is

WACKY HAIR FRIDAY

 

 


24 responses to “School Stories: Wacky Hair Friday”

  1. luckyjc007 Avatar

    Adorable. Looks like a lot of fun…I’m sure they had a great day.,😄

    Like

    1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

      They are. Children love to have fun like this.

      Like

  2. rondomtaliedraai Avatar

    Nou het jy sommer H ook gedoen

    Like

    1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

      Nou vertel jy my eers. Nooit so daaraan gedink nie.

      Liked by 1 person

  3. Daniël Bezuidenhout Avatar

    Jy weet mos hoe kinders op die laaste nippertjie vir Ma sê: “O-ja vandag is Wakky-hair-day” en jy staan en wonder wat gaan jy aanvang in vyf minute voordat almal in die motor spring om betyds te wees vir skool? Wel een oggend gryp ek toe mos ‘n blik ‘ligte’ gom. Iets wat ek vir verf/kuns gebruik wat papier plak – en stewig hou, totdat jy dit wil verplaas of oorplak. Dan lig dit so speel-speel op sonder veel moeite! (Re-adhesive spray-on, in a can) Die kind was heel in sy noppies met al die stewige haarpunte in elke moontlike rigting, totdat die skool twee dae later ‘n note huistoe stuur. Whakky-hair-day is nou verby, en die kind moet nou met ‘normale’ hare voortgaan met skool. Oops – daar kry ons die ‘ligte gom’ nie uitgewas nie. Dit kos toe wegknip. Dankie tog ek het nie probeer om dit in my meisiekind se kop te spuit nie. Ook maar simpel as die nood klop!

    Like

    1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

      Nou sien ek sommer die hele prentjie voor my. Dis tog interessant hoe vinnig kinders onthou net voordat hul in die kar moet spring om te gaan.

      Liked by 1 person

      1. Daniël Bezuidenhout Avatar

        Hulle weet Mammie is ‘n Super Hero out of Costume

        Like

  4. nowathome Avatar

    Kan sommer sien hulle het dit vreeslik geniet!

    Like

    1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

      En hoe! Die hoof het n blonde pruik op gehad. Een onderwyseres het lang hare en sy het drie bollas bo-op haar kop gemaak en dit groen gespuit!

      Liked by 1 person

      1. nowathome Avatar

        Ag fantasties!!!:-D

        Liked by 1 person

  5. Tannie Frannie Avatar

    Ag dis te oulik – ek kan net dink aan die opwinding tuis terwyl die style geskep is! Mal oor die kindjie se kiwi-T-hemp.

    Like

    1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

      Die kiwi-T-hemp seun se pa het sy hare gekleur. Kinders is so trots op hul versiersels. Dis n hele opgewondenheid gewees.

      Liked by 1 person

  6. Toortsie Avatar

    Wat ‘n kleurvolle dag!

    Like

    1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

      Jy moenie nog praat nie. Kinders kon nie vandag swem vanweë al die haarkleursels wat sal afwas.

      Liked by 1 person

  7. HesterLeyNel Avatar

    Hulle is kreatief. Dit herinner my nou aan die st 9 koshuisseuns in ons skool wat hulleself poenskop geskeer het – wenkbroue ook – en hulle is amper geskors. Deesdae sal niemand ‘n wenbrou lig nie. Beide my seuns skeer hulle hare kort, gerieflikheidshalwe.

    Like

    1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

      Of hul het lang slierte of hul is kort geskeer. Ek verbaas my ook oor die kreatiwiteit van kinders en ouers. Hul het self hul name geskeer in die hare

      Like

      1. HesterLeyNel Avatar

        Kinders is deesdae braaf en dit voel vir my asof hulle soveel meer weet op ‘n vroeë ouderdom. Meer blootstelling aan die wye wêreld dalk?

        Like

        1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

          Beslis meer blootstelling met die internet saam. Hul sien en hoor baie dinge wat ons nie eers aan dink nie.

          Liked by 1 person

  8. de Wets Wild Avatar

    Ek wonder of ons skole so iets sal doen. Is daar n spesifieke rede vir die pret, of sommer maar net vir die lekker?

    Like

    1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

      Hul doen die dinge met n doel hier. Dit gee kinders geleentheid om te deel en kreatief te wees. Vandag moes hul muntstukke bring vir kankervereniging. Hul skeer mos hare af vir kanker. Kinders moes hul hare opdoen en dan n geldjie bring vir muntlegging. Glo nie julle doen dit daar nie. Dis egter n goeie spanbou geleentheid.

      Liked by 1 person

      1. de Wets Wild Avatar

        Dis fantasties Ineke!

        Liked by 1 person

  9. Christina B Avatar

    They’re so cute!

    Like

    1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

      Yes, and each one was special on its own.

      Liked by 1 person

Leave a comment

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.