Lê-Jou-Eier: Nou word ons almal misdadigers
Wel, wel, Kameel het my opgekommandeer om te gaan help om haar skoonmaak taak te verrig. Sy noem iets van spinnekoppe en slange. Gelukkig het ek n manier met diere. Hopelik werk dit met slange ook.
Van sit en staan kom niks gedaan.Ek moet baie vinnig n plan maak om terug in Suid Afrika te kom. Gelukkig is my paspoort nog geldig. Sal my Suid Afrikaanse een gebruik om die visa te ontduik. As ek terugkom gebruik ek my NZ paspoort en alles loop perfek.
Gelukkig ken ek vir Elon Musk en hy het goedgunstiglik sy vuurpyl n draai laat maak sodat hy my gou in Suid Afrika kan afgooi.
Alles het perfek uitgewerk. Ek het veilig aangeland met Elon se Tesla sportmoter. Ek leen die moter net vir drie dae dan vlieg ek weer terug NZ toe.
Sjoe maar dit lyk maar verwaarloos en grillerig hier by die opstal.
Ek het gister telefonies gereël dat n drie-slaapkamer “parkhome” hier afgelaai word. Hul moes die hyskraan ook los sodat dit gebruik kan word vir ekstra hyswerk. Dit lyk perfek.
Die parkhome het drie slaapkamers, sit-eetkamer oopplan kombuis. Ook n badkamer met n kompostoilet. Daar is n yslike Hi-Fi met plate en tapes om n Babels lawaai te maak as almal hier is. KAMEEL sal maar die musiek kom maak.
Daar het ook n aflewering van skoonmaak materiaal opgedaag. Gogga gif, slang aantrek middel en dan ook die spookverjaagapparaat(drone wat my seun gebou het!).
Una se hoenderhok en hoenders lyk heel gelukkig. Hul kekkel en kraai heel plesierig.
Ek het die slangverjaer gestel en ek glo nie hul sal n probleem wees nie. Die spinnekoppe het ek n paar goeie spuitsels gif gegee. O genade, die gif het n klomp perdebye ontstel hier in die skoorsteen. Perdebytjie sal beslis baie vinnig moet oorkom om haar familie te vertel dat ons net bietjie spasie nodig het om te beweeg.
Bytjie sal ook moet help beplan aan die verdrywing van die spoke as daar gewerk word.
Ek gaan sommer Una https://travel4601.wordpress.com/ inlig dat sy in die tussentyd moet regmaak vir taak drie die GROOT plesier vir die aand.
Julle beter wikkel ouens. Ons het nie baie tyd om te mors nie.
Om die inskrywings van verskillende bloggers in Lê-Jou-Eier te geniet of om self ‘n eier te kom lê wat ons kan uitbroei en grootmaak, klik op die paddatjie of die InLinkz skakel net daaronder:
http://www.inlinkz.com/new/view.php?id=763896
Vir die reëls van hierdie eier-boerdery, om raad te kry oor hoe om deel te neem en om elke week se aankondiging van die nuwe onderwerp te sien, besoek die volgende skakel by Dis Ekke. Onder hierdie kategorie, kyk na die blogposte Lê-Jou-Eier: Reëls (2017-08-22) en Lê-Jou-Eier: Hoe neem ek deel? (2017-08-22).