1967 Wag-‘n-Bietjie-Koshuis. Ek het ‘n selfgemaakte rooi linne rokkie aangehad en my eerste hangertjie wat ek vir my gekoop het.
Skoolhou Hennopsrivier Laerskool 1968-1971. Ek het self die truie gebrei.
1972 Laerskool Potgietersrus koshuis. Die hare is ‘n haarstuk wat ek nog steeds het. Dis regte mens hare
1979 besluit ek om ordentlike fotos te laat neem om aan korrospondente te stuur. Swart truitjie met rooi kraletjies om die nek. Ek het in 1974 alle kleure stringetjies kraletjies gekoop in London op ‘n vlooimark
30 Augustus 1980 trou ek met ‘n “wonderlike” man. Satyn bandjie en astertjie om die nek. Spesiaal my hare laat groei vir die geleentheid.