TOEKA-TOKKEL 6 : TELEFOON


TELEFOON

 

Wie onthou nog die TV reeks “Nommer Asseblief”?

Ek wou vreeslik graag die kenwysie gespeel het maar dis bietjie voor die rekenaar en Youtube se tyd.

Nicolas Louw  se “Nommer asseblief” moet maar doen. Hy gebruik n hedendagse telefoon.

In 1960 het ons maplotters geword. Daarmee saam het die plaaslyn gekom. Ons was 10 persone wat die lyn gedeel het.

Was die weer swaar het die telefoon een trieng gegee en dan het ons vir dae geen lyngebruik gehad nie. Dit was egter nie die ergste nie. Die mense wat die lyn gedeel het, het hulself goed op hoogte gehou met ander  se doen en late. Mens kon nie regtig ernstige dinge bespreek nie want almal het altyd geweet wat aangaan.

Elke huis wat die lyn gebruik het,  het sy eie lui-toon gehad. Die lui het jy met die slinger gedoen. Lang-kort-kort-lank of dalk  kort-lank-kort. Die  slinger wat n mens moes draai het aan die kant gesit. As jy wil uit bel, draai jy die slinger vir n rukkie om by die sentrale uit te kom. Die persoon wat daar werk sal dan vra:” Nommer asseblief?”Dan gee mens die nommer, en sy of hy skakel dit en verbind jou met die een met wie jy wil praat. Langafstand oproepe soos bv van Pretoria na Kaapstad of oorsee moes bespreek word. As dit tyd is, word jy geskakel en kon jou oproep beantwoord word.

Die lyn, wat mens gebruik het, met die tien persone, kon soms baie besig bly. Veral as dit n skinderstorie of n gevryery is. Die telefoon gehoorstuk kan dan opgetel word en jy kan netjies vra:”Is iemand besig?” of “Kan ek die lyn kry asseblief?” Hoor jy niks kan jy maar die slinger draai. As hul besig is sal hul gou se hul is besig… Party het regtig dit oordoen. Veral as dit kom by die nuutste skinderstories of familie uitlegte. Dit was ook heerlik om die slinger te draai terwyl daardie skinderbekke besig is. Dan woer-woer jy lekker in hul ore. Soms draai jy die slinger en die sentrale tel nie dadelik op nie. Dan draaaaaai jy die slinger vir die vale – asof dit nou rerig help.

Gelukkig het ons nie die telefoon so baie gebruik nie. Ons het wel gereeld geweet wie en wat aangaan.

Vandag het die telefoon so verander dat mens nie eers n telefoon nodig het met n landlyn om mekaar te kontak nie. Die wonder van vooruitgang en ontdekking!

Ai, waar gaan die wereld tog heen. Soms gaan dit heeltemaal te vinnig vir my.

Dit is my bydrae vir Toeka-Tokkel no 6.

Nou is dit jou beurt. Vertel bietjie wat jy alles ondervind het met die liewe telefoon.

BAIE DANKIE aan die volgende wat aan no 5  SPORT deelgeneem het. Elkeen het beslis n eie idee van sport!

https://herriemerrie.wordpress.com/2015/01/27/toeka-tokkel-5-sport/

https://spokiesnyspoor.wordpress.com/2015/01/27/stap-in-die-spore-van-n-koning/

https://toortsie.wordpress.com/2015/01/26/sport-kort-en-kragtig/

https://toortsie.wordpress.com/2015/01/27/toorts-se-toeka-tokkel-oor-sport/

 

HOE TOEKA-TOKKEL WERK

Elke Donderdag gee ek n nuwe onderwerp om oor the kuier of te gesels. Laat jou gedagtes lekker werk en vertel alles waaraan  jy aan kan dink.

Noem my pos Toeka-Tokkel in jou stuk. Plak my skakel ook in jou pos sodat nuwe lesers kan lees waaroor dit gaan.

Plak jou skakel in my kommentaar sodat ek en andere ook jou pos kan besoek.

Ek het inlink skakel ingesit sodat jy makliker jou pos kan insit. Ander mense kan dan ook makliker by jou uitkom.

Die volgende word vir Februarie beplan

1.  Telefoon

2. Klere/mode

3.  Stoepstorie…

4. Werk/beroep/arbeid

5.  Geluk/ongeluk

Advertisements

Author: scrapydo2.wordpress.com

Retired teacher interested in anything crafty: Scrap booking, card making, quilting, knitting etc. Everything about animals especially DOGS

19 thoughts on “TOEKA-TOKKEL 6 : TELEFOON”

  1. Ja, ons ouer garde onthou defnititef die plaaslyne en die geskinder. Ek dink die jong kinders sal ons nooit glo omtrent die outydse telefone en hoe dit gelyk het nie. Die tegnologie is ongelooflik vandag.

    Like

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s