Dit is weer Donderdag en tyd vir n volgende onderwerp of tema vir TOEKA-TOKKEL.

Elke Donderdag gee ek n woord of twee as prikkel om gedagtes te laat rol en ontwikkel in n lekker stukkie geskryf in AFRIKAANS.  Almal is altyd WELKOM om deel te hê aan die prêt en lekker van gedagtes neerskryf.

Net n versoek:

1.  Noem my pos in jou skrywe en gee n skakel hierheen sodat almal kan uitvind waaroor dit gaan.

2.  Laat my weet van jou pos deur jou skakel in my kommentaar te plak. Ek wil graag erkenning gee aan jou deelname en ook lees wat jy geskryf het.

3.  Geniet dit, niemand kan met jou stry nie, Afrikaans is lekker om te gebruik.

Die volgende  ouens het lekker geskryf oor die woord HUIS:

Lewies Mymer het lekker in kommentaar vertel hoe hy nou in n kleiner huis bly; besoek hom gerus

About

Toorts in haar ou plaashuis – te heerlik met ou meubels

https://toortsie.wordpress.com/2015/05/04/jou-huis/

Vinkenverse  het in n ou groot krakerige huis (met moontlike gestorwenes) gebly

‘n Kort Stukkie Nostalgie

Net Ekke het haar groot huis en tuin vaarwel gesê n Balkonplek gekry

Toeka Tokkel: Huis

Kameel het regtig n spesiale pienk kamer net reg gehad toe dit nodig was

https://toortsie.wordpress.com/2015/05/05/die-huis-met-die-pienk-kamer/

Herriemerrie wat tog op die einde n plekkie het om na huistoe te gaan

Toeka Tokkel: Huis

Olga het ook n onthou van eerste ou huisie met blou…

Toeka tokkel Huisies.

Ek hoop ek het almal nou genoem. As ek jou oorgeslaan het laat my net weet asb.

Hier kom my stukkie oor vandag/die week se tema!

OUERS VRA…

Ouers vra is nie perde koop nie!

Ouers vra is vir my n pragtige ou tradisie. Ek hoop nie dit sterf ooit uit nie. Dit maak die familie-lewe baie interessant.

 As kinders moes daar altyd aan ouers gevra word of hul maar kan gaan speel by n maatjie. Of vra om kafee toe te gaan of om iets te koop.

Vra is vry en vry is lekker is daar altyd gesê. My ma het ook altyd gesê:  Nee het jy en ja kan jy kry as jy vra.

 Dit net ter inleiding.

 Ek was in my jong lewe al n gesoute oujongnooi  van 34 toe die troukoors my gepak het. My aanstaande man was ook alreeds 42 en tweekeer getroud! (Ook gesout in trou moet ek byvoeg – grappie)  Hy het besluit dat hy gaan ouers vra voordat ons trou. Nou moet jul mooi besef – hierdie vrou het nog steeds gedienstig haar ouers se opdragte en leefwyse as enigste beskou. My pa was nie n ou wat mens, volgens my, sonder handskoene moes aanpak nie.

Afspraak vir besoek is gemaak.

Ons is toe vir die dag na my ouers toe. Netjies gestewel en gespoor.

Sit ons ewe kierts regop. My aanstaande vra toe die vraag en daar kom die vrae wat ouers seker maar vra as hul dogter se hand gevra word.

“Kan jy vir haar sorg?”…. “Ja, oom, beslis!”

“Het jy vaste werk?”……   “Ja, oom, permanent aangestel as senior!”

“Hoef sy nie te werk as jul getroud is( verdien jy genoeg) ?”

Hoe meer my pa vra hoe rustiger raak my geliefde en hoe meer sit my pa op die punt van die stoel!

“Waar gaan julle bly?”…. “Op die oomblik eers in n Park home, Oom”

Nou moet ek sê my pa het nog n goeie Hollandse aksent en my aanstaande hoor nie so goed nie! Hul het maar gesukkel om by mekaar uit te kom.

Op die ou end was my pa tevrede en het ingestem tot die huwelik mits ons buite gemeenskap van goedere trou.

Sjoe mense as ek nou daaraan dink sweet ek sommer want ek was maar altyd skrikkerig vir my pa.

Die volgende het net voordat my seun sou trou gebeur:

Die tweetjies is spesiaal na haar ouers om ouers te vra. My seun het gesê hy voel maar op sy senuwees. Die klomp skoonfamilie praat vreeslik baie, as hul eenmaal begin stop hul gladnie.

My seun vertel my toe hul weer terug is dat hy geen kat se kans gehad het om te vra nie tot hul aan eettafel sit en hy uit die bloute oor die geselsendes vra: “Oom en Tannie mag ek maar met jul dogter trou?”

STILTE  daal neer en toe gons dit verder.

 Volgend week is dit

MUSIEK….


22 responses to “Toeka-Tokkel 20 : Ouers vra …”

  1. Korrelkop Kahuna Avatar
    Korrelkop Kahuna

    Ek het ‘n spoortjie raakgeloop en dit gevolg tot hier. Agteros en al daai, maar ek griffel saam

    Like

    1. scrapydotwo Avatar
      scrapydotwo

      Ooooo dis lekker! Welkom by ons lekker Afrikaanse skryfsels

      Like

  2. #1001 – Die Jawoord | Die Korrelkop Kahuna Avatar

    […] Nota 20 Mei 2015. Ek het ‘n spoortjie raakgeloop van ‘n besigheid met die naam “Toeka Tokkel” en dit gevolg tot by sy eienaar. Dit lyk lekker, en hierdie inskrywing pas min of meer in, […]

    Like

  3. indlovupublishing Avatar

    Lekker soos pannekoek in die winter.

    Like

    1. scrapydotwo Avatar
      scrapydotwo

      Nou praat jy! 😀

      Like

  4. Toeka Tokkel: Ouersvra | Herriemerrie Avatar

    […] Scrapydo se uitdaging die week gaan oor Ouersvra. […]

    Like

  5. Xena Phoenix Avatar

    Ek het nie te lank terug nie galgebraak oor ouers vra. Dit is vir my sinneloos om te vra as die antwoord in elk geval irrelevant is.

    LOL! Ek het op ‘n stadium met ‘n outjie van mxit deurmekaar geraak. Ons het nogal baie lekker gesels. Die mannetjie was ook maar goed gepik in die bol. Ons het mekaar 3 dae op mxit “geken” toe soek hy my pa se nommer om toestemming te kry om my die hof te maak. Ek het hom en my pa ‘n gelukkige verhouding toegewens. 😉

    Like

    1. scrapydotwo Avatar
      scrapydotwo

      Ha ha ha, nou het ek lekker gelag vir daardie verhouding tussen hom en jou pa! Ja jong die ding is ook maar n storie. Vandag is die ouens “partners” sonder enige vrae aan enige iemand(eintlik is dit jou lewe en niemand anders sn nie)

      Like

  6. Kameel Avatar
    Kameel

    Ek het dit nou geniet scrapy. Kan sien hoe sit julle daar kiertsregop, met ‘n pa wat so baie vrae vra 🙂

    Like

    1. scrapydotwo Avatar
      scrapydotwo

      Jy moenie nog praat nie! My pa wou nie ers hê ons moes hande vashou voor hom nie. My man noem my toe “Poppie” haak my pa af en sê ek het n naam ek is nie n “Poppie” nie! Ek smile sommer van vooraf as ek daaraan dink.

      Liked by 1 person

      1. Kameel Avatar
        Kameel

        Smile ek nou vir jou. En om te dink jy was al in jou dertigs 😆 Die oumense was kwaai scrapy. Daardie tienuur loop die kêrel, en as hy ‘n minuut langer bly hoor jy die gehoes vanaf die kamer. Ai tog lag sommer weer van vooraf. Gits, maar ‘n mens was maar vrekbang vir ‘n mens se pa.

        Like

        1. scrapydotwo Avatar
          scrapydotwo

          Ja, dis “goeie ou dae” as mens so terugdink. 😀

          Like

    1. scrapydotwo Avatar
      scrapydotwo

      Baie dankie dit word waardeer

      Like

  7. Ouersvra | Toortsie, Kameel en Bokbaaivygie Avatar

    […] Scrapydo se toeka-tokkel: Ouersvra […]

    Like

  8. rondomtaliedraai Avatar

    Ja… dis die verloop van die lewe

    Like

    1. scrapydotwo Avatar
      scrapydotwo

      Dis n goeie tradisie!

      Liked by 1 person

  9. nowathome Avatar

    Ja die ouers vra stories is interessant! My man het alleen na my ouers gegaan om te vra, want ek was op kollege in Durban! ons is vandag op die 7de Mei 38 jaar gelede getroud! ❤

    Like

    1. scrapydotwo Avatar
      scrapydotwo

      Veels geluk dis wonderlik om so lank saam te kan wees. Hierdie jaar kon my 34 jaar gewees het.

      Like

  10. Lewies Mymer Avatar

    Ek het saamgespeel https://pasella2013pasella.wordpress.com/2015/05/07/die-jawoord/

    Dankie vir die reklame vir my blog! Die lesers daarvan het taamlik uitgedun met die oorkom vanaf Litnet hier na WP toe.

    Like

    1. scrapydotwo Avatar
      scrapydotwo

      Baie dankie vir die ondersteuning. Gan nou eers kyk wat jy geskryf het

      Like

Leave a comment

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.