Toeka-Tokkel no 23: Student/e


STUDENT

Image result for student picture day clip art

Wiki sê:

http://af.wikipedia.org/wiki/Student

‘n Student is ‘n leerder, of iemand wat ‘n onderwysinstansie bywoon. Die term word soms gebruik om na leerders by ‘n universiteit te verwys, terwyl leerders op skool eerder as leerlinge bekend staan.

……………….

Student-wees kan heerlik wees. Dit hang alles af van hoe die studente tydperk benader word.

Ek het die voorreg gehad om, vir drie jaar na my skool “studies”, te kon studeer en om as student die lewe te belewe. My eerste jaar was vir my nogal n nagmerrie omdat ek n baie stil eenkant mens was. Die nagtelike ontgroeningsessies en daarna die ontheffing as eerste jaar was op die einde iets wat ek nie sal vergeet nie.

Die tweede jaar het ek n woonstel moes deel met 4 ander studente. Ons het mekaar geken en dit was lekker om so saam te wees.My derde jaar het ek geleentheid gehad om in n enkelkamer te kon bly.  Dit het my die kans gegee om werklik alles in te sit om my kursus te slaag.

Nadat ek reeds 10 jaar skoolgehou het, het ek voltyds vir my vierde jaar gaan studeer  om my hoër onderwysdiploma te kry. Die eerste ses maande het ek privaat gelosseer en die laaste ses maande was ek weer in die koshuis as student.

Om student te wees is werklik wonderlik. Mens het die geleentheid om met mede studente te wees. Nuwe vriende te maak en ander idees te ontdek.

Na nog 15 jaar verder het ek heerlik as student geleer om diere se maniere te lees en op te som. Ook om diere te gebruik vir geestelike heeling.

Mens is nooit te oud om te leer en weer student te wees nie.

Verlede jaar het ek vir drie dae n intesiewe kursus gedoen en gekwalifiseer as n barista, dit terwyl ek 1 jaar weg van sewentig was!

……………..

Hier is ons weer met die volgende week se getokkel.

Toeka-Tokkel is:

1. Vir Afrikaans en lekker.

2. As jy n pos geskryf het noem my pos waar jy die onderwerp gekry het. Plak jou skakel in by my kommentaar sodat ek en ander kan lees wat jy sê.

3. Geniet dit!

Dankie aan die volgende persone wat deelgeneem het aan Fotos

Kameel wat lief was/is vir fotos. Sommige maak haar hartseer ander weer dankbaar…

https://toortsie.wordpress.com/2015/05/27/die-mense-in-my-fotos/

Herriemerrie se opskrif sê alles… kamera en BAIE fotos…

Toeka Tokkel: Die wêreld, my kamera en ek

Volgende temas is

  1. Grootword
  2. Omgewing
  3. Drama
  4. Onderwysers

Die volgende tema is  GROOTWORD


26 responses to “Toeka-Tokkel no 23: Student/e”

    1. scrapydotwo Avatar
      scrapydotwo

      Lekker man Baie dankie! 🙂

      Like

  1. Jool en tandarts | Toortsie, Kameel en Bokbaaivygie Avatar

    […] Scrapydo se toeka:tokkel – Studente […]

    Like

  2. Toeka Tokkel op studeer | Herriemerrie Avatar

    […] soek die week stories oor Studente.  Been there, done that and got at least a 1000 T-shirts.  Goed, goed – ek oordryf oor die […]

    Like

    1. scrapydotwo Avatar
      scrapydotwo

      Dankie vir jou bydrae. Sal gou bietjie gaan lees!

      Like

  3. Oor studentwees, vertrou en ‘n seisoen van herfs… | Vinke en Verse Avatar

    […] aanleiding van Scrapydo se toeka-tokkel oor studentwees, het ek besluit om ietsie te deel oor my studentejare. Maar ‘n […]

    Like

  4. Toortsie Avatar

    Ek wou vra wat ‘n Barista is, maar dis reeds geantwoord. Dankie 🙂 Lekker gelees

    Like

    1. scrapydotwo Avatar
      scrapydotwo

      Dis n mooi naam vir koffiekroegwerker 😀

      Liked by 1 person

  5. de Wets Wild Avatar

    So eendag kan jy ons almal nooi vir n lekker koppie koffie Ineke!

    Like

    1. scrapydotwo Avatar
      scrapydotwo

      Dis beslis heerlke koffie! Ek is nie n koffiedrinker nie maar die koffie is anders. Vars gemaalde bone mmmmm heerlik. Sal n plan moet maak om almal oor te nooi! 🙂

      Liked by 1 person

      1. de Wets Wild Avatar

        Ons sal die posbus dophou 😉

        Liked by 1 person

  6. nowathome Avatar

    Studente wees was great!!!

    Like

    1. scrapydotwo Avatar
      scrapydotwo

      Dit kan jy weer sê! 🙂

      Like

  7. Kameel Avatar
    Kameel

    Ok nou vra ek maar want so leer ‘n mens; Wat is ‘n barista?

    Like

    1. Lewies Mymer Avatar

      ‘n Portugese prokureur!

      Liked by 1 person

      1. scrapydotwo Avatar
        scrapydotwo

        Ha ha, was dit maar waar dat mens in drie dae n prokureur kan word

        Liked by 1 person

    2. scrapydotwo Avatar
      scrapydotwo

      Jy mag maar vra! Dit is n koffie-maker in n eetplek. Daardie ouens wat agter die koffiemasjien staan en die heerlike koffie maak en versier

      Liked by 2 people

      1. Kameel Avatar
        Kameel

        O liewe dit is maar goed jy bly in NZ. My man sal my more inruil vir so ‘n vrou!! Hy is koffie verslaaf…. en wil hoeka ‘n koffiekroeg hier oopmaak.

        Like

        1. scrapydotwo Avatar
          scrapydotwo

          Ha ha, dit sal n gedoente afgee! Hy moet maar vir n kort kursus gaan dan sal hy sien dis nie kinderspeletjies om dit te doen nie!

          Like

          1. Kameel Avatar
            Kameel

            Dit is op sy bucket list 🙂

            Liked by 1 person

  8. perdebytjie Avatar

    Lekker hier gelees…studentwees is ‘n fase van ontwikkeling,wat mens brei en verander en soms tot ander insigte oor jouself kan bring.

    Like

    1. scrapydotwo Avatar
      scrapydotwo

      Waar wat jy sê. Ek het die drie jaar op kollege baie swaar gekry om aan te pas. Dit het my egter voorberei op die grootmens lewe wat ook baie hoë eise stel aan almal. Bly jy het dit geniet, dankie vir die lees en kommentaar

      Like

      1. perdebytjie Avatar

        Altyd ‘n fees om hier te kuier..onthou jy is my gunsteling blogger!

        Like

        1. scrapydotwo Avatar
          scrapydotwo

          Ag nou maak jy sommer my dag(eintlik nag – amper slaaptyd) Baie dankie jy is dierbaar

          Liked by 1 person

Leave a comment

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.