Jammer ek is bietjie laat maar ek het nie gedurende die dag internet nie. Alles moet oorstaan tot ek saans na sewe weer tuis is.
Hier gaan ons dan nou met KLEUR
Kleur is belangrik in enige mens se lewe. Hoe sou dit gewees het as daar geen kleur was? Alles grys? Alles swart? Alles wit?
Of wat hiervan?
Kleur is tog werklik belangrik in die lewe.
Kleur beskryf gevoel. Die sagtheid of intensiteit van die kleur help ook om gevoel te skep.
Die volgende kleure assosieer ek met n sekere gevoel en ek dink baie mense voel saam met my.
Dis my eie gevoel jy mag verskil of dalk nog meer weet van die kleure.
Groen – natuur, vars, jaloesie
Rooi – warmte, liefde, gevaar
Blou – die hemel, sag en rustig, dreigend, manlik of seuntjies.
Pienk – sagtheid, vroulik en dogtertjies
Pers – adellik, statig, soms begrafnisse
Geel – son, skerp, helder
Wit – reinheid, skoon
Swart – bedreiging, donker, dood, somber
Dink aan die volgende kleur beskrywings:
Hy het haar bloedrooi rose gegee – Niks anders as liefde.
Die verkeerslig het flitsend rooi gevaar gewys.
Haar lippe was granaat rooi en vol.
Jan het haar pimpel en pers geslaan.
# # # #
Toeka -Tokkel is vir almal wat in Afrikaans wil skryf.
1. Donderdae verander ek die tema.
2. Skryf n pos, noem my pos en gee n skakel sodat ander kan sien en lees waaroor dit gaan.
3. Pos n skakel van jou blog in my kommentaar sodat ek en ander kan lees wat jy vertel.
Geniet dit!
Baie dankie aan die ouens wat verlede keer se onderwys-storie ondersteub het. Lees gerus wat hul alles te sê het oor onderwys/onderwysers.
Toorts se drama het laaskeer in die slag gebly. Gaan lees gerus haar dramas
https://toortsie.wordpress.com/2015/06/18/toortsie-se-toeka-tokkel-oor-drama/
Toorts skryf oor Jan wat graag goed wil wees. Almal moet help om op te voed….
https://toortsie.wordpress.com/2015/06/30/toorts-se-toeka-tokkel-oor-onderwys/
Kameel vertel oor mnr Bekker wat n wonderlike onderwyser was..
https://toortsie.wordpress.com/2015/06/30/meneer-bekker-en-die-rebel-2/
Herriemerrie skryf oor uit die hoof leer van aanhalings ….
Ons volgende tema is FAMILIE