Toeka-Tokkel no 32 : MENGELMOES


IMG_0354

Wat doen ons by Toeka-Tokkel?       Ons skryf, gesels, vertel in Afrikaans

Waaroor gesels ons?                          Oor alles onder die son. Elke Donderdag verander die tema.

Hoe doen ons dit?                               Skryf n pos, noem Toeka-Tokkel daarin. Pos n skakel in my kommentaar

                                                            Sie daar en dis gedoen.

 Temas vir Augustus 2015

  1. Pantoffels
  2. TV programme
  3. Wasdag
  4. Soektog

#+#+#

Hierdie week is dit n :

MENGELMOES

Mengelmoes herinner my aan vrugteslaai:

papaja, druiwe, aardbeie, lemoen, grinnadella, apple wat ook al.

Ongelukkig kan ek nie vir jul n bakkie aanbied nie.

My mengelmoes gaan oor honde waarvan ek  weet  in my bestaan van 63 jaar.( Eerste ses jaar onthou ek niks van honde nie.)

Sover ek kan onthou het ons altyd, ten minste, een hond gehad.

Die eerste hond was ‘n foksterriër met die naam “Broekie”. Hy was wit met swart kolle. Sy boude was swart , net asof hy n swart broek aanhet. Ons het hom vir baie jare gehad.

Ons het van Pretoria na Erasmia getrek. Daar het ons  Bonzo n Bull Mastif  ontmoet. Hy was lief vir kindergeselskap dis hoekom hy gedurig by ons was. Bonzo se eienaars het getrek en hom aan ons gegee. Hy was ‘n liewe ou hond Na hom het my ouers Rex, ‘n tipe van Duitse Herdershond mengsel gekry.Hy het nie baie soos n wolfhond gelyk nie maar wel die temperament van een gehad van: “Moet nie met my sukkel nie en bly weg”. Aan die einde het hy baie knorrig geraak,  net my ma kon  naby hom.

1960 trek ons na ‘n kleinhoewe. Rex trek saam. My ouers het ‘n rasegte bokser, Chico gekry. Hy was baie senuweeagtig en het epileptiese aanvalle gekry. Hy  is jonk dood a g v die aanvalle.

Toe kom Moppie, ‘n boerboel tipe. Net soos Rex, het sy nie baie soos ‘n boerboel gelyk nie. Sy was egter n dierbare hondekind. Moppie,was  lief  om wegkruipertjie met my te speel. Ek moes ‘n klip ver weggooi en dan wegkruip. Sy sou eers die klip soek en as sy hom gekry het, het sy hom saamgebring en my begin soek.  My gekry, het sy die klip voor my neergesit, haar een  voorpoot opgelig, kyk na my, kyk na die klip en so sal sy aangaan tot ek weer die klip gooi. Nimmereindigende storie. Sy sou ook in die lug spring om die klippe te vang. Haar tande was later baie gebreek  deur die klipvangery.

My eerste skoolhou jaar het ek ‘n Alaskan Malamute gekoop. Sy regte naam was eintlik Husky Pack’s Duncan maar, vir my was hy net Husky. Ek  het hom opgelei  om in die skouring te loop. Hy het in een jaar skoonskip gemaak van kompetisies en algehele SA Malamute kampioen van die jaar geword! Ek het n jaar later Lulu, ook ‘n Malamute gekry. Husky en Lulu het perfekte hondjies geteel. Husky was hierdie trotse reun, terwyl Lulu ‘n skaam skugter hond was.

1972 kry ek n pos in Mokopane (Potgietersrus). Die eerste paar jaar het ek nie n troeteldier gehad omdat ek in n woonstel gebly het. 1980  besluit ek om ‘n miniatuur Schnauzer, Dixie te kry. Sy was die een wat my man moes wen  voordat ek ja gesê om te trou. Sy was ‘n soet hond. Ons was baie lief vir haar . Toe ek my seun, na sy geboorte, huistoe gebring het het Dixie  op die bed gespring en wou hom gryp. Sy was eers baie jaloers, maar het gou besef dat hy nie n bedreiging was nie. Op die ou einde was hul beste vriende.

Toe kry ons  Boel n  Bull Mastif. Iemand het hom vergiftig terwyl ons met vakansie was. Na Dixie het ons Bobbie, n ander Schnauzer gekoop. Hy was die baas van die hele omgewing. Hy sou maklik  in n japtrap ‘n twee meter muur uitklim. Tydens sy een kuier was hy n hele nag weg. Hy het sy een agterbeen gebreek en het eers die volgende oggend, gebreekte been en al, die huis gehaal.Veerarts het die been in gips gesit en dit het goed aangegroei.Saam met Bobby het ons ook  Boesman n boerboel tipe gehad. Boesman was my laaste groot tipe hond.

Daar was nog Nancy en Megan twee mini Schnauzers. Nancy my laaste ou Schnauzie in SA. Sy was al 15 jaar en ek kon haar nie saamvat NZ toe nie. Dit was nie net te duur nie maar sy sou die reis en kwarentyn nie oorleef het nie.

Op hede is dit Trompie.

VOLGENDE TEMA : PANTOFFELS!

Die volgende gawe persone het lekker oor brandhout geskryf die afgelope week:

I scrap 2 verwarmers wat nie brand soos hout nie!

Toeka-Tokkel no 31: BRANDHOUT

Kameel onthou  Stilooooooo, bring hout!

https://toortsie.wordpress.com/2015/07/27/brandhout/

Toorts se braai vure……

https://toortsie.wordpress.com/2015/07/29/toortsie-se-toeka-tokkel-oor-brandhout/

Lyk my dis al brandhout wat lekker gebrand het

M


28 responses to “Toeka-Tokkel no 32 : MENGELMOES”

  1. Mengelmoes | Herriemerrie Avatar

    […] Scrapy wil die week van ‘n mengelmoes weet.  Wel, laat die gedagtes begin spat. […]

    Like

  2. Toeka tokkel 32 | OLGA SE OKSELTJIES Avatar

    […] Scrapy gesels heerlik oor die honde wat haar lewenspaadjie as metgeselle gekruis het. Dit het my aan ‘n ander mengelmoes in een laat dink. My Lapman. […]

    Like

  3. Olga Avatar

    So spesiaal ne. Ek kan my net nie die lewe indink sonder ‘n hond nie.

    Like

    1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

      Ek voel ook nogal verlore sonder n hond. Veral omdat ek maar op my eie is is dit nogal goeie geselskap

      Like

  4. Kameel Avatar
    Kameel

    En hier val ek skoon uit die bus uit. Dog die onderwerp is Pantoffels, en dink myself suf om iets oor die moeilike onderwerp te sê.. Klaar geskryf toe sien ek dit is Mengelmoes.. https://toortsie.wordpress.com/2015/08/04/pantoffelregering/

    Like

    1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

      Ha ha, nou het jou pantoffels sommer in die mengelmoes ingestap. Hoop jy skryf tog n mengelmoes ook al is dit dan vir volgende keer

      Liked by 1 person

  5. Pantoffelregering | Toortsie, Kameel en Bokbaaivygie Avatar

    […] Scrapydo se toeka-tokkel: Pantoffels […]

    Like

  6. scrapydo2.wordpress.com Avatar

    Dis beslis n leeftyd van vriendskappe wat alles vir my beteken het en nog steeds doen

    Like

  7. de Wets Wild Avatar

    Wonderlik hoe jou hondevriende deur jou lewensreis verweef is, Ineke!

    Like

    1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

      Dis beslis n leeftyd van vriendskappe wat alles vir my beteken het en nog steeds doen

      Liked by 1 person

  8. rondomtaliedraai Avatar

    Lekker het ek dit saam met jou onthou!

    Like

    1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

      Ja, elkeen het sy eie persoonlikheid gehad

      Liked by 1 person

  9. nowathome Avatar

    Ek is net so mal oor honde en is nou van 2010 af sonder een. Dit was ‘n ongelooflike moeilike aanpassing. Daar is dae wat ek weer een wil aanskaf, maar dis so moeilik as mens reis.

    Like

    1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

      Ja, ek het ook besluit – geen hond meer toe ek hier aangekom het. Gelukkig het my seun n Yorkshire terrier gehad wat my besig gehou het in begin. Toe ek op my eie gaan bly het wou ek nie een hê. My sen het toe tog bly aanmoedig vir n hondjie en dit het toe sommer net gebeur eendag. Nou het ek alweer vir 5 jaar vir Trompie. Gelukkig reis ek nie rerig rond nie so dis maar goed so.

      Like

  10. Toortsie Avatar

    Dis darem interessant. Ek weet nie hoe al die honde lyk wat jy hier noem nie.
    Wat vir mý wonderlik is, hoe elkeen sy eie storie maak van dieselfde tema. Ek het my mengelmoes storie in my kop gehad en dit geskryf voor ek hier kom lees het. Totaal anders as joune. 🙂 Dít mask die lewe interessant. My storie verskyn eers volgende week.

    Like

    1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

      Is soos jy sê: elkeen het neie prentjie by die woorde of onderwerpe. Alles word egter uit jou eie kennis verskaf en dit is wat dit uniek maak om te skryf. Kannie wag vir volgende week nie en om te lees waaroor jy skryf. ;D

      Liked by 1 person

      1. Toortsie Avatar

        Nee wat, dis darem nie SO erg nie. Jy sal kan wag. 🙂

        Like

        1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

          Jy dink so? Lekker man

          Like

  11. perdebytjie Avatar

    Honde is van my gunsteling aardse wesens!Dankie vir die lekker blog.

    Like

    1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

      Plesier jong. Hul is ook maar my hart se punt. Ek het die storie Vrydag vir my Engelse skryfsessie geskryf en dit toe in Afr vertaal. Ek wou nog van elkee n foto ok bysit maar dog toe dit sal die stuk te lomp maak. Moet miskien maar n aparte een maak met fotos(moet eers ou fotos scan en dan opsit!)

      Like

      1. perdebytjie Avatar

        Ja,doen dit..maak ‘n reeks as dit te veel is vir een inskrywing,dan kan jy ‘n ode aan elke hond skryf!

        Like

        1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

          KLink na n goeie plan. Sal sommer my hele bladsy van fotos afneem en n stukkie byskryf!

          Like

  12. HesterLeyNel Avatar
    HesterLeyNel

    Weet jy, toe ek die woord mengelmoes nou sien, was my eerste gedagte ook aan ons hondjie (Trompie se blogmaatjie Genis). Daar is ‘n bietjie Maltees en ‘n bietjie Foxterrier in hom en dalk so ‘n flertsie iets anders. Sy pa noem hom ‘n “pavement special”. Is hulle nie die dierbaarste soort nie? Het jy geweet môre is Global Mutts Day?

    Like

    1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

      Ek stem saam, daar is ietsspesiaals aan die amper soort van tipe honde. Die volbloed honde het altyd n klomp geite omdat hul so ingeteel is. Pavement specials is werklik pesiaal. Ek het sommer gou n Mutts day pos opgesit.

      Liked by 1 person

      1. HesterLeyNel Avatar
        HesterLeyNel

        Ek gaan kyk – ek wil een doen vir Genis ook

        Like

        1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

          Oeps, die ou vrou het nou weer van mr Trompie se blog vergeet. Sal by hom ook moet opsit anders voel hy weer die hele dag hy word afgeskeep!

          Liked by 1 person

          1. HesterLeyNel Avatar
            HesterLeyNel

            hehe 😀

            Like

Leave a comment

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.