500 Posts

NEW  country

          people

NEW Zealand

NUWE land, nuwe mense

NIEU Zealand

I made New Zealand my home since 2009.

Here are some photos that show how beautiful this country is.

Wellington the capital of NZ.

Upper Hut where I live.

Hutt River and Rimutaka Hills in winter.

Petone pier

IMG_7308

More images near Taupo and Cambridge

NORTH Island

NZ

More Letter N’s

N…

https://hesterleynel.wordpress.com/2016/04/16/n-name/

https://frandr.wordpress.com/2016/04/16/n-staan-vir-noord-toeka-tokkel-se-april-uitdaging-my-alfabet-van-dankbaarheid/

Advertisement

28 responses to “Blogging from A-Z: Letter N – post no 500”

  1. coetzee2014 Avatar

    Sou baie graag NZ toe wou gaan, maar ons finansies het dit nie toegelaat nie. Hier was die kulturele aanpassing soveel groter, maar ons is nou gelukkig en tuis hier, hoewel die verlange sal altyd daar wees. Jy is bevoorreg om by jou kind te wees.

    Like

    1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

      Ek stel saam, dis beslis n voorreg om hier te kan wees. My seun sponser my nog al die pad. Sonder hom sou ek dit beslis nie kon doen nie. Kan goed glo dat jul aanpassing baie groter was so sonder Engels en die Engelse maniere. NZ het egter baie potensiaal al is dit baie afgesonderd.

      Like

  2. nowathome Avatar

    Geluk met jou 500 ste pos! Ek is mal oor NZ en kom heelwaarskynlik Desember weer daar kuier!

    Like

    1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

      Baie dankie. Lekker man, laat weet waar jy is dan maak ons dalk n plan om te ontmoet as jy wil.

      Liked by 1 person

      1. nowathome Avatar

        Ek sal dit baie graag wil doen!! Sal jou laat weet as ek daar is!

        Like

  3. Christina B Avatar

    Dis baie mooi. Dis soos jy sê, ‘n mens vind die mooi rondom jou al is jou hart eintlik op ‘n ander plek. My hart is nou op meer as een plek maar my gedagtes is meeste van die tyd hier waar ek nou is want dis waarmee ek besig is.

    Like

    1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

      Dit is presies so. In die begin het ek meer teruggedink maar noudat ek tot rus gekom het waardeer ek alles wat vandag en nou is. Die verlede sal altyd bly maar die toekoms gaan vooruit. Dankie dat jy my blog so ondersteun dit help om vooruit te kyk.

      Liked by 1 person

      1. Christina B Avatar

        Ek geniet jou blog en kommunikasie. Dankie vir jou ondersteuning ook. Mooi dag vir jou.

        Liked by 1 person

  4. rondomtaliedraai Avatar

    Ek reken mens kan enige plek gelukkig wees Jy moet net gelukkig in jouself wees. Ek mis jou maar is bly jy het gegaan, nou kan jy die laaste van jou tyd by jou kind wees.

    Like

    1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

      Baie dankie. Ek is baie bly ek het dit gedoen en tog trek my hart met n punt terug. Dis maar n aanpassing om te maak en mens moet reg ingestel wees daarvoor.

      Liked by 1 person

      1. rondomtaliedraai Avatar

        Dis waar maar dit sal nooit weer dieselfde wees as mens dalk sou wou terugkom

        Like

        1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

          Beslis, dit is maar soos om terug te gaan na waar jy opgegroei het. Alles is anders.

          Liked by 1 person

  5. perdebytjie Avatar

    Dis pragtig daar en ek is bly jy is gelukkig!

    Like

    1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

      Baie dankie. Baie hang maar van n mens self ook af of jy die mooi of lelik wil sien.

      Liked by 1 person

  6. HesterLeyNel Avatar

    Pragtige fotos – dis baie mooi daar.

    Like

    1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

      Baie dankie. Dit het sy eie skoonheid.

      Liked by 1 person

  7. Kameel Avatar
    Kameel

    Sommer gewonder toe ek so kyk…. kan ‘n mens règtig ‘n nuwe land jou tuiste maak en voel jy hoort hier. Bly daar nie ‘n stuk van jou in Suid Afrika agter nie. Gisteraand gesit en fotos kyk van my kinders se oorsese toer. Dit Amerika net voor en agter asof dit die wonderlikste plek op aarde is. (Hulle wil soontoe immigreer.) Ewe skielik is hulle vaderland wat hulle tot nou baie goed behandel het niks, en net sleg. Ek het nooit gedink ek is patraoties nie, maar ek wou aan Amerika stik. Dit is vir my ‘n goddelose land waar al die gemors vandaan kom waarmee hulle die wêreld besoedel. Ai, ek word sommer warm onder die kraag.

    Like

    1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

      Jong ek is baie lief vir SA en sou graag daar wou bly en begrawe word. Soos spreekwoord sê: bloed is dikker as water. In begin het ek baie teen geskop, maar noudat ek n plekkie het en n inkomste genereer voel ek heelwat rustiger. As ek so na die mooi van hier kyk bly ek tog maar vergelyk met SA wat volgend my mooier is. Tog het elke land sy bekoring. Amerika trek my natuurlik gladnie. Ek is bly my kind het nie soontoe gegaan nie. Hy wou oorspronklik New York to gaan- die grootheid het hom getrek en omdat hy gedink het alles gebeur daar. Vandag kom hy agter dat Amerika nie so wonderlik is nie.

      Like

    2. scrapydo2.wordpress.com Avatar

      Ek sal nooit regtig tuis wees hier nie. Die verskille is te groot.

      Like

    3. Tannie Frannie Avatar

      My dogter het ‘n Amerikaner liefgekry, is in 2010 met hom getroud en woon sedertdien in die VSA. Haar Amerikaanse vriende is baie soos Suid-Afrikaners: vriendelik, verwelkomend, gulhartig. Die stereotipe van die grootbek-Amerikaner is onregverdig, soos wat stereotipes maar altyd is.

      Like

      1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

        Dis so lekker as mens weet dat hul gelukkig is. Ek het self n jaar nadat my seun weg is vir hom gaan kuier en gesien dat hy werklik gelukkig is om weer homself te kon wees. Daar is maar altyd grootbek-Amerikaners oral in die lewe. Dis nie net Amerikaners nie. Mens is baie geneig om maar met die meerderheid se idees te gaan todat mens self met die mense in aanraking kom.

        Liked by 1 person

      2. Kameel Avatar
        Kameel

        My dogter het vertel die Amerikaners is baie vriendelik. My hart skop seker maar oor dit wat vir ons voorlê. Ons bly al 15 jaar op dieselfde erf en ek het my twee kleinseuns hier voor my sien grootword. Op hierdie oomblik is ek nie lus om my seëninge te tel vir dit wat ons saam gehad het nie. Moet nog vrede maak met die gedagte.

        Liked by 1 person

        1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

          Dit is maar n groot ding om mee te maak. Die vrede gaan nie maklik kom nie. Onthou egter daar is tog ook n doel mee al weet mens nie altyd hoekom dit so moet wees nie.

          Like

          1. Kameel Avatar
            Kameel

            Dit is so scrapy, ek veg tussen aanvaarding dat God ‘n doel het met elke mens se lewe, en dat ek my by sy wil moet berus. Maar dan voel my hart so seer dat ek sommer die wêreld by die horings wil gryp en alles wat verkeerd is regskud. Mooi dag vir jou!!

            Like

            1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

              Sug, ek weet hoe dit voel! Serkte maar daar vir jou.

              Like

        2. Tannie Frannie Avatar

          Om mens se kinders te laat gaan, is moeilik, maar kleinkinders wat jy sien grootword het? Dis amper bo-menslik…

          Liked by 1 person

          1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

            Dit is beslis waar, daardie gemis is tien keer erger.

            Like

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.

%d bloggers like this: