11 Maart 2018

Sondag.

Vandag is ek weer in dieselfde huis waarin ek my eerste nege maande gebly het toe ek in Nieu Zeeland aangeland het.

Ek is poegaai van al die in- en uitpakkery.
Kinders het Woensdag 28 Februarie amptelik uit hul ou huis getrek. Die huis moes skoongemaak word die Saterdag. Matte gewas word die Maandag en een dag vir matte om droog te word. Kon eers Woensdag regtig dalk iets oorbring, wat ek nie gedoen het nie.
Ek het my vervoerwa vir die 8ste Maart bespreek. n Mens kon 10 plastiese houers kry om te gebruik om in te pak. Die houers moet n week na mens getrek het teruggaan. Ek het elkeen halfvol boeke gepak en die ander helfte met ligter goed. Die houers was steeds heel gewigtig vir my. Ek laai een in, sit leë een bo-op, laai in, sit derde een bo-op en laai in.
Daar is so baie boeke dat ek nog ekstra kartondose ook moes volpak. Toe kom al my “crafty stuff”. Dis nou scrapbooking, kaartjiesmaak goed, kralewerk, stempelwerk, verfwerk, fotografie goed! Ai, en dan al die kwiltmateriaal! Nie geweet ek het so n groot versameling materiaal nie. Het omtrent n kamer nodig om alles te bêre.
Elliot kartondose wat ek saamgebring het van SA en nog nie uitgepak het nie het ek net weer toegeplak.
Klere en slaapkamergoed word in twee reistasse gesit. Die res word in swartsakke gesit.
Die kombuis het ek nie kans voor gesien nie. Dit moet maar stelselmatig gedoen word. Ek kan nie so hoog in die kaste bykom en so laag uit kas uitpak nie. Die goed wat te swaar is hoef ek nie eers te probeer nie.
Donderdag 8 Maart sou vragmoter so na twaalf kom d w s volgens hier na “lunch”. Dit sou my kans gee om die yskas uit te pak. Nie n kans nie! Terwyl ek gou gaan brood en melk koop lui foon, dis so 10:30am: “Kan ons maar kom oplaai?” Pew, ek sê to ewe “Ja!” Blitsig huistoe. Hul kom toe daar aan met hul groot vervoerwa en raai wat? Hul kan nie inry nie want die kragdrade is te laag. Hul gaan haal toe n kleiner vragwa wat dan tweekeer sal moes ry. Alles het goed afgeloop. Alles opgepak wat moes en ek het gewys waar alles weer neergesit moet word.

 

Ek het ook gereël dat die meubels en goed wat ek nie wil hê nie gehaal word deur n “Opshop” of te wel n tweedehandese winkel. Hul kom ook ou TVs en elektroniese ware oplaai vir hersirkulasie of vernietiging, wat baie handig is. Ek het juis twee ou TVs gehad wat hul gevat het en n ou rekenaar en selfone. Hul het my “queen bed” en n enkelbed ook opgelaai, ou fiets, potte, panne en alles waaraan jy kan dink wat nie meer gebruik word nie.
Ek kan nie my ou potte en panne gebruik nie omdat hier n “Fansy” stoof is wat net sekere potte gebruik. Ai, ai, nou moet ek gaan shop vir nuwes. Gelukkig het ek voorberei en n klompie gevriesde maaltye voorberei en saamgebring. Net in mikrogolf en alles is reg vir aandete. Slaaie is ook n lekker vinnige ete.
Nou is dit uitpak tyd. Ek het gister, Saterdag, nege van houers uitgepak. My go, was toe uit. Boeke uitpak is harde werk.

20180311_165912
Nege uitgepakte houers

Op die oomblik het ek net n enkelbed om op te slaap omdat my dubbelbed nog nie gekom het nie. Hy is drie weke terug gekoop en hul het gesê dit sou drie weke vat om te bou. Hoop hul maak nou vinnig n plan. Ek en Trompie saam op n enkelbed is nie kinderspeletjies nie. Die eerste aand was alles so vreemd vir Trompie dat hy teen my rug gelê het met sy kop by my kop. Gelukkig het ek aan die muurkant gelê anders het ek beslis op die grond beland. Die volgende aand was hy okay en het normaal op voetenend geslaap wat darem n bietjie spasie vir my gelaat het. Die naweek het ek nog twee hondegaste ook gehad. Gelukkig is dit hul huis gewees en hulle het heel tuis gevoel. More kom hul mense weer terug dan is dit net ek en Trompie. Hopelik gaan dit nou net makliker wees.

20180310_101425

My enkelbedjie!

20180310_101344

Vriend Luigi!

Nog net my kombuisgoed en paar goedjies dan is alles opgepak en uit my eenheid uit. Dan lê skoonmaak verf en regmaak voor, voordat daar huurders kan intrek.
Nou ja, dit was n paar dae in die lewe van n 72 jarige vrou wat haar nie laat onderkry deur n trekkery nie.(Bygesê alles op my eie)

Toe beleef ek nogal n geen pensioenbetaling begin Maart nie. Spring toe op die foon Suid Afrika toe. Ek het vroeg Desember my lewenssertifikaat geteken en beëdig gestuur. ( Jy mag dit nie registreer nie en hul laat jou ook nie weet of hul hom kry nie) Dame wat my help sien toe dat dit wel aangeland het en het my weer geaktifeer en gese dit sal gedurende die volgende week reggestel word. Hoe nou gemaak? Hoe betaal ek my trek sonder geld? Gelukkig kon ek geld by my seun leen. Ook gelukkig vir my het hul toe Donderdagoggend of tewel Woensdag SA tyd inbetaal

Wat n verligting! Die lewe loop maar vreemde draaie. Ek is net dankbaar dat dit opgelos is vir hierdie jaar.

Groete van huis tot huis uit n heerlike sonnige Nieu Zealand.


31 responses to “Afrikaanse Tokkels: Trekkery”

  1. Kameel Avatar
    Kameel

    Scrapy nou verstaan jy hoekom jy by Toweropstal alles leefbaar moes kom maak. Ek sou net gesê het elkeen moet vir hom ‘n slaapsak bring. Ernstig, ek bewonder werklik jou deursettingsvermoë om alles alleen te gedoen het. Vertrou jy en Trompie gaan lekker bly!!! Onthou asb om jou adres te stuur… wil gaan kennis maak met jou nuwe omgewing.

    Like

    1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

      Ja jong, die lewe loop vreemde draaie. Nooit gedink ek sou weer sak en pak trek nie. My adres is 96 Totara Park Road, Totara Patk, Upper Hutt. Dis weer heerlik naby die plaas oorkant die straat met sy beeste en skape. Ek mis al klaar my vorige adres se Morepork geroep saans omdat dit so tussen hoë bome was. Hier is dit heel oop en weg van die bosse af. Mens kan ook nie alles wil h

      Liked by 1 person

    2. Kameel Avatar
      Kameel

      Jy bly sommer daar teenaan daardie mooie koppies. Dis lekker oop by jou nou…. en seker geen lawaaierige buurvrou nie.

      Like

      1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

        Ja dis regtig plaas atmosfeer met beeste wat bulk en skape wat bler. Ek hoor ook nie die trein meer nie want hy loop mos halfpad teen die koppie waar ek gebly het. Het regtig oulike bure nou.

        Liked by 1 person

  2. angelswhisper2011 Avatar

    OMC Trompie and Ineke, you have moved, that’s pawsome! We know how you feel, it’s a stressy situation, but once you’re settled, it was all worth it…okay, it takes some time, I know…MOL 😀 Pawkisses for a wonderful day to the both of you and take it easy 🙂 ❤

    Like

    1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

      We are both still very very tired. We had Luigi and Molly also for 4 days. I’m sleeping with Mum on a single bed at the moment. Not much space. I hear the new double bed is coming Saturday. That would be good because my Mum keeps on turning around. We are taking it one day at a time at the moment. Can’t find much but we will get there. Have a lovely time. I hope to communicate more from now on.

      Liked by 1 person

      1. angelswhisper2011 Avatar

        Just take it easy, Trompy, one day at the time is more than enough. We know how it feels, it’s not only the moving that makes you tired….sigh… Here come some Healing Pawkisses for the both of you. We try to visit your bloggie for any updates, but you don’t have to answer, we understand 😉 xoxox

        Like

        1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

          oooh thanks for understanding. I feel so bad about not answering. It will get better later on takes time. Extra licks

          Liked by 1 person

  3. travel460 Avatar

    Harde werk ja, maar ag, tog heerlik om in ń groter, nuwe plek te kan intrek. Geniet die nesskroppery, Scrapy.

    Like

    1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

      Beslis uitputtend. Ek het hierdie keer regtig uitgesien daarna om weer n eie huis en tuin te he. As alles weer n plekkie het gaan ek my gate uit geniet. Daar gaan vir alles n plekkie wees.

      Like

  4. Aletta - nowathome Avatar

    Trek is nou maar eenmaal nie maklik nie! Ek glo jy sal sommer baie lekker in jou nuwe huis bly!!

    Like

    1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

      Dit is so. Dit is nou weer n nuwe avontuur om na uit te sien. Ek gaan dit beslis hier geniet. Net die idee dat ek Trompie gou kan uitlaat om te pieps maak al n verskil. Ek moes hom altyd aan die leiband laat loop.

      Liked by 1 person

      1. Aletta - nowathome Avatar

        Dis Fantasties! Bly vir jou!

        Liked by 1 person

  5. rondomtaliedraai Avatar

    Ag ek is eintlik opgewonde Dis ‘n baie lekker huis en nou kan jy nuwe vriende maak met die bure Ek is seker dis ‘n baie lekker nuwe begin Geniet dit

    Like

    1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

      Dis vir my ook n heerlike avontuur. Jy weet hoe naby aan die boerdery deel ons hier is. Dis beslis n verbetering om nie meer my buurvrou te hoor nie.

      Liked by 1 person

  6. Tannie Frannie Avatar

    Jy is bewonderenswaardig! Mag jy heerlik bly in jou “nuwe” tuiste.

    Like

    1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

      Baie dankie Frannie, dis vir my heerlik om te dink en te weet ek bly nou weer in n huis. Dis ook n heerlike gebied om te bly. Na aan die natuur en tog wel ontwikkel ook.

      Liked by 1 person

  7. ddupl3ss1s Avatar

    Ek vrees so trekkery, te veel in ons jeugjare in Mafikeng getrek…ek is bevrees dit is die grootste siekte ooit opgaar van goeters en geite .. Hoop jou liggaam herstel van al die inspanning.

    Like

    1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

      Nou praat jy! Ek’s mos n paper-opgaarder. Het uiteindelik van hope onslae geraak. Die ou lyf kry maar swaar met al die gewoel. As ek ook eenmaal begin kan ek nie sommer ophou nie. Oordoen dit maklik. Daars mos nie n volgende dag nie.

      Liked by 1 person

  8. HesterLeyNel Avatar

    Trek is ‘n groot werk; maar nou kan jy darem weer ontslae raak van alles wat jy nie meer wil hê nie. Ek kan nie verstaan nie dat ek alweer so ‘n onnodige spul goed in hierdie pophuisie het nie. Ek het met die trek ‘n jaar gelede behoorlik skoongemaak onder my besittings, net die nodigste saamgebring.

    Like

    1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

      Ek kan ook nie glo dat ek steeds weer so baie goed het nie. Ek het met niks hierheen gekom. Die meeste is net basiese goed wat net aangeteel het namate die jare verby gaan. Was 8 jaar daar. Het behoorlik onder alles ingespring. Nou het ek plek genoeg en niks om daarin te sit nie, ha ha.

      Liked by 1 person

      1. HesterLeyNel Avatar

        Daai leë spasies vul blitsvinnig weer op

        Like

        1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

          Beslis, ja! Ek het juis al die boekrakke saamgebring. Dit voel amper asof ek nie genoeg spasie het om alles uit te pak nie want alles is maar meer boeke en papiere. Daar is bv ook nog eetgerei wat ek met my eerste geldjies gekoop het wat nog nie gebruik is nie. Nou kan ek hulle bietjie uitpak en begin gebruik.

          Liked by 1 person

          1. HesterLeyNel Avatar

            Ek het in 2014 al my boeke vir ons dorpsbiblioteek geskenk en net my kindle ingepak, so boeke is nie my probleem nie. Rekenaars en kantoortoerusting, asook die heraanteel van my man se gereedskap is ‘n definitiewe probleem.

            Like

            1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

              Ha ha, ja die aanteel! Voor ek hierheen gekom het het n ou wat saam met my skool gehou al my boeke oorgeneem. Hy was n regte versamelaar. Ek het net my scrapbook en handwerkboeke, en n rytjie Afrikaanse boeke hierheen gebring. In die tussentyd met die geskrywery van my het ek alweer n moewiese klom boeke van memoir skrywers gekoop. Helfte is op kindle ander is boeke. Dis makliker om n boek te bestudeer.

              Liked by 1 person

              1. HesterLeyNel Avatar

                Dink jy so? Ek haat dit om in ‘n boek te sit en rondblaai. Op die kindle of my laptop kan ek elektronies soek watter inligting in die boek ek wil hê.

                Like

                1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

                  Ek is nie so tegnologies vaardig nie. Het nog nie uitgefigure hoe kindle presies werk nie. Ek het darem al BAIE verbeter vandat ek so skryf en kursusse doen hoe om alles te doen. Het bv Word eers in Desember soort van baas geraak. Ek het Scrivener lankal op my rekenaar en gebruik net die bladsye om te skryf terwyl almal die program aanbeveel. Dis hoekom ek maar nog van n boek hou waarin ek kan terugblaai.

                  Like

                  1. HesterLeyNel Avatar

                    Ek ken Scrivener glad nie; het nog al die jare Word gebruik.

                    Like

  9. perdebytjie Avatar

    Trek is harde werk! Dan besef mens ook eers hoe baie onnodige goed ‘n mens het. Ek haal my hoed vir jou af dat jy dit alleen gedoen het, Ineke!

    Like

    1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

      Beslis harde werk. My een vriendin se dat naas die afsterwe van n eggenoot is trek die tweede meeste traumatiese gebeurtenis vir n mens. Daar is so baie dinge waaraan mens moet dink.

      Liked by 1 person

Leave a comment

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.