Die Voortvlugtiges: Hoofstuk 3 – Spoke


Image result for ghosts pictures cartoon

Hoofstuk drie: Spookstorie

Aha, nou kan ek my plan in aksie bring noudat die klomp manne ontwapen is. Dit was so maklik, soos val uit n boom, om hul te ontwapen met die spesiale drankies en eetgoed wat aangebied is net as troos.
Ek, wat Scrapy is, het weer blitsig SA toe gekom omdat my vrinne voortvlugtig gaan wees na dese. Ek is reeds onwettig hier, my kaarte moet nou koel en kalm reg gespeel word. Gelukkig kon ek Porkie, my mak Morepork saambring. Hy gaan my waarsku as die spoke reg is om te verskyn. Dis donker buite n spookagtige atmosfeer heers.

Ha, daar roep my ou Porkie.
“Sersant Gigaba, ek wil jou gou gaan wys wat ons ontdek het in die ou murasie se kelder. Jy sal my nie glo nie! Ek dink jy moet twee van jou beste luitenante saambring.”
Gigaba redineer met sy manne in Xhosa. Ek vang net hier en daar n woordjie van: belangrik, gevind, gaan kyk.
Gigabe: “Dame jy moet nie ons tyd staan en mors nie. Ons moet aan die bure gaan rapporteer dat julle sal ophou om die koeie deurmekaar te maak met julle musiek.”
Ek gryp n flits, in die donker gaan ek beslis nie in die kelder in nie. Ons vier stap na die bouvalle. My ou Porkie “morepork” sommer hier langs ons in die bome. Ek sien net die wit van die drie polisiemanne se oë. Ek ruik hul sweet, hul voel gladnie op hul gemak nie.
Suutjies gaan ons die kelder in. Ek skyn die flitslig op die gat waar ons die journaal gekry het. Die drie skuifel voetjie vir voetjie nader om in die gat te kyk. My nekhare rys en ek weet die poppe gaan nou dans! Julle weet mos hoe ek geeste kan aanvoel. Hul moet sommer hier naby ons wees.
Ek skakel skielik die flits af. Agter die die drie manne verskyn Oupa-groot Piet Joubert en Oom Paul Kruger met hul pype, en koppies koffie. Hul sit sommer so gemaklik in die lug. Hul grinnik van pure plesier om die verskrikte gesigte te sien.
Oupa-groot Piet maak sy keel skoon:”Ghumpf.”
Gigaba en sy twee manne val op hul knieë neer, gesigte in die stof.
“Asseblef my groot Bwana, Jo jo, ons soek nie moeilikheid nie! Sorry, sorry!”
Nou is dit oom Paul se beurt om keel skoon te maak.
Hy begin met n dralende stem te praat:
“Julle oortree hier in die kelder. Jul sal gestraf word. Hoekom pla julle die dames wat hier so lekker musiek maak? Wat hoor ons van koeie wat ophou melk gee? Ek en Piet sal bietjie die koeie se galle gaan werk as julle dit verkies.”
Dis net n ge”-jo-jo, sorry-sorry” aanmekaar.
Oupa-groot Piet sê: “Julle maaivoedies, julle beter maak dat julle wegkom en bewaar julle siele as een gaan praat of rapporteer wat julle hier gesien het. Ons sal jul kom haal!”
Oom Paul beaam alles:”Julle moet die dames en hul leier begelei na waarheen hulle ookal wil gaan. Verstaan?”
Ek skakel die flits aan. Die ligstraal klief deur die donker en die twee ooms verdwyn al swewende die tonnel in. Die drie manne hol, al gillende, soos n gesmeerde bliksemstraal uit die kelder.
Poewie, wat n geur hang hier in die lug. Ek hoop hul het skoon klere in hul vangwa. Geen mens kan dit hou met die geur nie. Porkie kom aangevlieg, en kom sit op my skouer. Toe ek by die groep dansende manne en ons voortvlugtiges kom wil die ander polisiemanne sommer die pad vat toe hul die uil op my skouer sien sit.
Nou sal Toortsie moet inspring met haar hoofstuk. Ek hoop daar is medisyne vir daardie mage. Toorts die ouens het nou baie simpatie nodig sodat hul soos klei in ons hande kan wees.

Om die inskrywings van verskillende bloggers in Lê-Jou-Eier te geniet of om self ‘n eier te kom lê wat ons kan uitbroei en grootmaak, klik op die paddatjie of die InLinkz skakel net daaronder:

http://www.inlinkz.com/new/view.php?id=769965

Vir die reëls van hierdie eier-boerdery, om raad te kry oor hoe om deel te neem en om elke week se aankondiging van die nuwe onderwerp te sien, besoek die volgende skakel by Dis Ekke. Onder hierdie kategorie, kyk na die blogposte Lê-Jou-Eier: Reëls (2017-08-22) en Lê-Jou-Eier: Hoe neem ek deel? (2017-08-22).


56 responses to “Die Voortvlugtiges: Hoofstuk 3 – Spoke”

  1. Tiramihoe? Die Voortvlugtiges. Hoofstuk 4 – Toortsie, Kameel en Bokbaaivygie se blog Avatar

    […] Die polisie het nie geweet wát hul getref het met dié dat Camilla aan die dans geraak het nie en Scrapy se spoke daarmee saam! Ek wens julle kon hulle gesigte sien toe hulle uit daardie kelder kom! Dít […]

    Like

  2. rondomtaliedraai Avatar

    Hehehehe you go girl!

    Terwyl jy isn SA is moet jy darem kom kuier nӐ!

    Like

    1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

      JOng op oomblik is ek en my vriendinne op geleende tyd hier by die ou huis en parkhome. Jy bly bietjie ver uit die pad uit, mits jy kontak het met regering dat ons n draai daarr kan kom maak.

      Liked by 1 person

    2. Toortsie Avatar

      Dalk moet jy kom kuier by Toweropstal terwyl Scrapy hier is. Ons het jou hulp nodig!

      Liked by 1 person

      1. Abrie Joubert Avatar

        Ja Tina as jy nie kom help nie gaan ons niks by jou koop nie en dan gaan jy jou Sondagkopies moet likwideer. Ek weet dat afpersing nie noodwendig ‘n edele kwsliteit is nie maar dan ek is mos ‘n skelm.

        Liked by 3 people

        1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

          Ja, sê haar bietjie. Sy kan gerus n bietjie help met ons penarie.

          Liked by 1 person

      2. rondomtaliedraai Avatar

        Ghummpffff…. hier dog ek sy wil haar sus sien maar sy stel net belang in my regeringskontakte! Kan jy nou glo ‘n Sus maak nou so!!!! 🙂

        Liked by 2 people

  3. HesterLeyNel Avatar

    Dit was prettig, Ineke, ek lag nog aanmekaar. Moreporkie het net die regte atmosfeer daargestel. Daai spoke is stoute ou boggers. Haai ek hoop tog die arme polisiemanne se senuwees kan gekalmeer word; ons wil hulle darem nie regtig sleg behandel nie.

    Like

    1. Toortsie Avatar

      Dit lyk my die regte doepa is in die kombuis …

      Liked by 2 people

      1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

        Dis hy. En wie kan die beste iets optower uit die kombuis? Net een en dis Toortsie!

        Liked by 1 person

    2. scrapydo2.wordpress.com Avatar

      Ek weet ja, dis hoekom ek net drie saamgevat het. Hul het baie mooi vir die ander verduidelik dat hul maar na Abrie moet luister en help waar hul kan. Net jammer hul gebied waarin hul werk is so beperk. Weet nie wat van die volgende gebied gaan word waardeur ons moet beweeg nie. Hoe voel jou lyf nou? Wanneer word jy ontslaan?

      Liked by 1 person

      1. HesterLeyNel Avatar

        Ek dink so teen die naweek. Pablo het gevra dat ek by hulle aan huis kom kuier vir ‘n rukkie, sodat hulle ‘n ogie oor my kan hou 😉

        Liked by 1 person

        1. Kameel Avatar
          Kameel

          Ek hoor jou Hester….gaan bietjie by Pablo aan huis bly. Wonder of jou lyfwag ook toegang sal verkry? Ag hoe dink ek nou… as jy in moeilikheid kom is sersant Gigaba mos daar om te help!!!

          Liked by 1 person

          1. HesterLeyNel Avatar

            Ek het mos gesê die nefie is nou op Pablo se payroll. Spesiaal aangestel omdat ek bang was Una gaan my mur as ek nie goed na hom kyk nie.

            Liked by 1 person

            1. Kameel Avatar
              Kameel

              O ja…. kry ek ‘n blonde oomblik so vroeg in die oggend. Hester weet jy waar die joernaal is? Ek het wraggies tred verloor en probeer my bes om alles in plek te sit. Dis weer my “elke ding het sy plek” wat vanoggend springlewendig opgestasn het. Ai 😯

              Liked by 1 person

              1. HesterLeyNel Avatar

                Dit was in die kissie in ‘n gat onder in die kelder, maar toe lekkervurig die spoke teëgekom het, het die van die ooms vir haar gesê sy moet die joernaal bêre. Nou weet ek nie of sy dit iewers anders ingedruk het nie. Ek sal haar vra.

                Liked by 1 person

                1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

                  Ja, ek wonder ook wat daarvan geword het. Daar is belangrike inligting in. Wil nie sommer weer vir oup-groot Piet laat uikom nie. Netnou vererg hy hom vir ons as ons hom so pla.

                  Liked by 1 person

                  1. Kameel Avatar
                    Kameel

                    Jy het in die gat afgeloer waarin die kissie was. So wie was in daardie kelder en het die kissie gevat. My speurinstink is hard aan die werk vanoggend.

                    Liked by 1 person

                2. Kameel Avatar
                  Kameel

                  Dankie Hester…Jy hou goed kop!!!

                  Liked by 2 people

  4. travel460 Avatar

    Mmmm. Hierdie petalje sou ek bitter graag self wou gade slaan…so reg agter jou rug, Scrapy. Want vir ñ spook is ek maar bang.

    Liked by 1 person

    1. Kameel Avatar
      Kameel

      Ek sou ook graag die spulletjie wou aanskou…. maar van ‘n baie veilige distansie af.

      Liked by 1 person

      1. HesterLeyNel Avatar

        Ek ook! Het jy onthou om jou kommentare op jou blog toe te maak Camilla?

        Liked by 1 person

        1. Kameel Avatar
          Kameel

          Hester ek het onthou maar vergeet mos elke keer hoe. Dink nie ek kan dit van my foontjie af doen nie…. gaan my laptop oopmaak en vir jou vorige instruksies soek. Hopenlik blok ek nie weer myself dat ek in almal se spambokse beland nie.

          Liked by 1 person

          1. HesterLeyNel Avatar

            Nee, blykbaar kan jy dit nie van jou foon af doen nie, ek weet nie hoekom nie. Ek sal weer vir jou die instruksies gee op jou eie blog.

            Liked by 1 person

            1. Kameel Avatar
              Kameel

              Ek het toe sommer gou by wysig gaan kyk en gesien daar is ‘n blokkie wat sê Allow comments… het hom gedruk. Gaan nou kyk of my blog gesluit is.

              Liked by 2 people

              1. HesterLeyNel Avatar

                Dis doodreg, dankie. Ek het gaan kyk.

                Liked by 1 person

          2. scrapydo2.wordpress.com Avatar

            Ha ha, So jy kan lekker in hul spam spook.

            Liked by 1 person

        2. HesterLeyNel Avatar

          En ek sie jy het dit klaar gedoen 😄 slimkind.

          Like

      2. travel460 Avatar

        Dink jy ons tweetjies sou ñ woord kon uiter en die twee antieke omies ñ vragie kon vra, Kameel. Of sou die harde bang-klop van ons harte alle woorde versmoor?

        Liked by 2 people

        1. Kameel Avatar
          Kameel

          Daar is nie ‘n manier waarop ek naby daardie twee omies sou kom nie. Ek sou net graag wou sien hoe sit hulle in die lug, rook hulle pype en drink koffie. Dan praat ek nie eers van die polieste met hulle gesigte in die stof nie. Voel amper jammer vir die manne.

          Liked by 1 person

          1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

            Ha ha dit kom met die “job”.

            Liked by 1 person

            1. Kameel Avatar
              Kameel

              Ja sug…. wat ‘n mens nie alles sal doen vir ‘n pond of twee nie.

              Like

      3. scrapydo2.wordpress.com Avatar

        Ja, mens kan nie met spoke speel nie. As jy te naby hulle kom kan jy dalk n brandmerk kry.

        Liked by 1 person

        1. Kameel Avatar
          Kameel

          Dit het ek as kleindogtertjie by my oupa hulle ook gehoor…. daarom wil ek baie vêr wegstaan van die spulletjie af.

          Like

    2. scrapydo2.wordpress.com Avatar

      Toemaar ek was ook maar heel skrikkerig. Wou nie aan die twee ou omies se verkeerde kant wees nie. Jy weet hul is baie polities van aard. Gelukkig het die polisiemanne baie onderdanig opgetree..

      Like

  5. Toortsie Avatar

    Ek is regvir jououou! 😁 Sjoe! Julle stel die standaard hoog!

    Liked by 1 person

    1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

      Nee wat go with the flow. Maak sommer jou eie storie op soos dit in jou kop kom. Dis die lekker van die storie.

      Liked by 1 person

  6. lekkervurig Avatar

    “More pork” sê Porkie – dis toe hy wat my ontmoeting met Piet Joubert aanskou het…so karnallie. Hoop Gigaba luister mooi vir Oom Paul. Hehe… Scrapy, jy en jou spoke maak ons pad gelyk.

    Like

    1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

      Eks baie lief vir ou Porkie, moes sy maatjie tuis los want daar was nie nog plek in die vuurpyl nie. Ek hoop net dat die ander polisiemanne na Sersant Gigaba gaan luister as daar probleme kom met die ontsnapping. Sal maar n ekstra afspraak met oom Paul en oupa-groot Piet moet maak vir ingeval ons hul nodig kry langa die pad.

      Liked by 1 person

    2. HesterLeyNel Avatar

      Ek het gewonder oor die baie uile daar by Toweropstal. Lekkervurig, hier is ‘n vraag wat Kameel gevra het – wat het van die spook se joernaal geword? Het jy dit in die kissie in die kelder gelos of het jy dit iewers anders gaan bêre soos wat die oom aanbeveel het?

      Like

      1. HesterLeyNel Avatar

        Ek het Lekkervurig daar op Toortsie se blog raakgeloop (sy het die volgende hoofstuk gepubliseer) en sy sal sommer daar antwoord op die vraag van die joernaal. Kan jy asseblief jou kommentare op hierdie een nou sluit, Ineke.

        Like

        1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

          Weet nie hoe nie. Stuur bietjie inligting ab.

          Like

          1. HesterLeyNel Avatar

            Maak hierdie blog van jou oop in edit mode. Kyk aan die regterkant in jou sidebar vir “More options”. Untick die opsie wat sê “Allow Comments”.

            Like

      2. lekkervurig Avatar

        Nee vra vir Scrapy en Kameel self oor die joernaal. Ek kon julle mos nie betyds waarsku nie, die polietste het vir ons mos onverhoeds betrep. Kameel en Ben en Scrapy moet weet waar……

        Liked by 1 person

  7. Kameel Avatar
    Kameel

    Ek is baie bly dit was jou taak Scrapy. Jy was.voorwaar dapper om daardie kelder binne te gaan. Ek sien daardie manne in die stof 😀😀😀😀

    Like

    1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

      Was maar grillerig. Sulke koue rillings het langs my ruggraat afgeloop. Ek sal nie daardie wit oë vergeet wat heeltyd wil omdop van vrees.

      Liked by 1 person

      1. Kameel Avatar
        Kameel

        Ek sien dit ook…. lag lekker…alhoewel ek dink my oë sou ook omgedop het.

        Like

        1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

          My bene was skoon lam. Ek moes op my hurke gaan sit(kon eintlik nie my lag hou nie vir die hele petalje nie) anders het ek omgeval.

          Liked by 1 person

          1. Kameel Avatar
            Kameel

            Klink darem vir my asof die twee omies heel gaaf is. Dink hulle het die petalje net so geniet.

            Like

            1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

              Hul bly maar regte knorpotte. Ek moes baie mooi vir hul verduidelik hoekom ek die polisiemanne wou bring. Oom Piet was net bang hul gaan agterkom dat daar nog goud is wat gekry moet word. Die joernaal is baie belangrik.

              Liked by 1 person

              1. Kameel Avatar
                Kameel

                Op hierdie stadium is my kop al so deurmekaar dat ek nie meer weet wat van die joernaal geword het nie. Ben het mos boeke in ‘n ou kis gesien en toe hy daardeur begin blaai het, het die ou oom verskyn en na die boeke gewys. Ben het net die boeke daar neergegooi en gehol.

                Like

  8. perdebytjie Avatar

    Die spoke doen hul ding…oulik geskryf, Ineke!

    Liked by 1 person

    1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

      Ja jong as jy met ouens wat met die helm gebore is te doen kry raak jy heel gekonfyt met sekere elemente.

      Liked by 1 person

Leave a comment

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.