Lê-Jou-Eier: Skryf-Safarie. Dieremaniere.


DIEREMANIERE

Image result for drawings of animals cute

Hierdie week is ek die gasvrou vir ons skryf-safarie aangebied deur Dis ekke in lyn met Lê-jou-eier

Wat doen n dier aan jou? Voel jy gemaklik in die geselskap van diere? Alles hang van jou reaksie af. Diere voel aan hoe die mens voel. Hul lees die menslike reaksies en gevoel soos n boek.
Hierdie week gesels ons bietjie oor diere en hul maniere of reaksies op menslike optredes.
Ek is mal oor diere. Van die kleinste miertjie tot ons grote olifant. Elk is uniek. Ek is seker n ieder en n elk het een of ander storie om te vertel oor ondervindings met diere hetsy geveerd, viervoetig of gevin.
Jy kan jou vertelling n ware verhaal maak. Dit kan ook n vertoning wees wat jy gesien het as jy nie regtig jou eie dieremaniere ondervinding het nie. Daar is beslis ouens wat n heilige vrees vir diere het, jy kan daaroor ook skryf as jy so voel.

Image result for drawings of animals cute

 Ek sien uit na al die dieremaniere wat gaan opduik.

Geniet dit. Dis lekker om Afrikaans te gebruik en te skryf!

Hierdie week se gasblogger vir die Lê-Jou-Eier uitdaging is Scrapydo2: “Ek daag jou uit: Dieremaniere: uit jou eie lewe of ‘n deel daarvan, oor ‘n geliefde dier se lewe, of oor enige werklike gebeurtenis. Maak dit n lekker lees week.”

Om die inskrywings van verskillende bloggers in die Lê-Jou-Eier uitdaging te geniet of om self ‘n blog wat jy geskryf het aan te heg by hierdie skakel, klik op die InLinkz skakel net onder die paddatjie:

Jou InLinkz skakel is http://www.inlinkz.com/new/view.php?id=780871

Vir die reëls van hierdie uitdaging, om raad te kry oor hoe om deel te neem en om elke week se aankondiging van die nuwe onderwerp te sien, besoek die volgende skakel by Dis Ekke. Onder hierdie kategorie, kyk na die blogposts Lê-Jou-Eier: Reëls (2017-08-22) en Lê-Jou-Eier: Hoe neem ek deel? (2017-08-22).


18 responses to “Lê-Jou-Eier: Skryf-Safarie. Dieremaniere.”

  1. diere siele | Seegogga se Bloggie Avatar

    […] Scrapy  was die gasvrou van hierdie week se onderwerp: Dieremaniere. Julle kan lees wat sy daaroor geskryf het, deur op haar naam te klik. As julle wil lees wat ander hieroor geskryf het, kan julle op die link onderaan hierdie blog klik. […]

    Like

  2. Lê-Jou-Eier Skryf-safari: Dieremaniere en manewales - Dis Ekke Avatar

    […] voel. Hul lees die menslike reaksies en gevoel soos n boek. Hierdie week gesels ons bietjie oor diere en hul maniere of reaksies op menslike […]

    Like

  3. Abrie Joubert Avatar

    Ek het mos al geskryf oor die doberman wat my gebyt het terwyl ek fiets gery het. Wel ek het nog ‘n ondervindings met diere en dit met ń doringboom wat groot rol speel. Dalk hoor julle daarvan!

    Like

    1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

      Lekker man, laat ons bietjie die dierestories uitryg!

      Liked by 1 person

  4. Hoekom loop mense met hulle honde? – Toortsie, Kameel en Bokbaaivygie se blog Avatar

    […] Heel toevallig kan ek hierdie bloginskrywing gebruik in Scrapydo se bloguitdaging vir die week: Dieremaniere. […]

    Like

  5. sonell Avatar

    So lekker tema! Dankie*

    Like

    1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

      Mooi man, hoop jy skryf n iesie!

      Liked by 1 person

      1. sonell Avatar

        Ek het nogal ‘n interessante storie. 😉

        Liked by 1 person

        1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

          Goed om te hoor. Jy moet rerig bietjie vertel jong!

          Liked by 1 person

  6. HesterLeyNel Avatar

    Ek het sommer jou link gaan bylas, want jy slaap seker al.

    Like

    1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

      Dankie, ek is nog gou hard besig om my eie inskrywing te bewerk. Is amper al verby my slapenstyd!.

      Liked by 1 person

  7. HesterLeyNel Avatar

    Lekker onderwerp en ek is seker almal sal iets te sê hê. Toortsie het ook al vroegoggend iets te sê gehad oor honde 😄 Dankie dat jy optree as gasblogger vir die week.

    Liked by 1 person

    1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

      Groot plesier. Hoop ouens geniet dit.

      Liked by 1 person

  8. Kameel Avatar
    Kameel

    Nou sal ek moet dink!!! Wonder nou sommer oor die woord “dierbaar.”

    Like

    1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

      Ha daar noem jy nou iets! Jou gedagtes is klaar besig om in te skop. Ek gaan nou-nou my bydrae opsit!

      Liked by 1 person

  9. Tannie Frannie Avatar

    Oe, lekker! Jy sit ons aan die dink…

    Like

    1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

      Ja jong. Daar is so baie diereverhale dat ek vermoed daar kan nogal n lekker verskeidenheid hier uitkom.

      Liked by 1 person

Leave a comment

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.