Iets wat ek steeds goed onthou was die vakansies wat ons gehou het op n plaas in die Laeveld

Image result for pictures of nelspruit town

Witrivier vakansie

As kind het ons een keer per jaar vakansie gehou. Dit was meestal die Kersvakansie wanneer die fabrieke gesluit het. Langs ons het ‘n skoolhoof gebly wat ‘n plaas naby Witrivier gehad het.(Ons het toe nog net buite Pretoria gebly daardie tyd) Hy het die huis tot ons beskikking gestel om vakansie in te hou. Dit was die heerlikste vakansies.

Die eerste keer wat ons gegaan het was ‘n belewenis. Ons was so opgewonde dat ons nie tot rus kon kom die aand tevore nie.

Vroeg aand, voordat ons die volgende dag vertrek, het  Pappa die Buick of Studebaker(maak vergeet!) gepak. Kon hy vir jou pak! Alles het n gaatjie gekry. Ons het selfs n lewendige hoender in ‘n hokkie saamgevat vir Kersfees. Tot ons twee honde het ook saamgegaan. Een was n foksteriër en die ander ‘n Bull Mastiff. Hoe ons almal ingepas het sal net my Pa weet.       

Ons was veronderstel om die oggend voor die son opkom die pad te vat.  Pappa was egter te opgewonde. Hy kon nie slaap nie. So teen een uur kon hy dit nie meer hou nie en het hy ons uit die vere gejaag. Ons is op die agterste sitplek ingepak, om verder te slaap. Daar was altyd ‘n gekarring oor een se voete wat in ‘n ander een se gesig was.  Beknop se Moses met drie wat moes lê en nog twee honde ook.

Voordat die son opkom was ons in Middelburg, Transvaal( vandag Mpumalanga). Ons het altyd by die padkafee(dit beteken dat jy met jou moter parkeer en dan bring die kelner die spyskaart, jy kies, en sy bring dit vir jou op n skinkbord.) gestop om die toilette te gebruik.  My Ma het altyd padkos ingepak en ook ‘n fles met tee. Ons het dus nie nodig gehad om iets te ete te koop nie.

1956 was daar geen snelweg van Pretoria, Laeveld toe nie. Dit was nog enkel bane en nou kronkel pad. Vandag vat dit n uur en n half tot 2 ure om in Nelspruit te kom. Daardie tyd het ons die hele oggend gery.

Ons het ook langs die pad by bankies en tafeltjies gestop om bene te rek, en n laaste teetjie te drink.

Die plaas was n heerlike rustige  plek. Min geriewe: buite toilet, warm water in die donkie wat met ‘n houtvuur verwarm word. Dit was ‘n grasdak huis. Heerlik koel in die skroeiend warm Desember son. Die huis was tussen Dennebome omdat die plaas ‘n Denneplantasie en piesang plaas was.

Aan die een sykant van die huis was daar n stroompie, eintlik meer n leivoor. Ons het altyd probeer om krappe te vang. Ons was maar skrikkerig want die grootmense het gewaarsku: “Krappe hou van menstone, veral sulke klein toontjies soos julle sin!”

 Die water en modderwal word versigtig met n stok geroer om te kyk of ‘n krap wil uitkom. Sodra die krap die punt van die stok beet het, het ons hom uitgeskiet na die wal en gehoop hy bly vasklou, wat natuurlik selde gebeur het. As ons een uitgeskiet het was dit n gegillery en rondspringery om te keer dat die krap jou nie in die hande kry nie.

In die denne-plantasie was daar sulke dik bobbejaantoue soos die in die Tarzan flieks. Ons het heerlik geswaai en Tarzan-Tarzan gespeel.

Die heerlike Kersmaal was altyd ‘n hoogtepunt gewees. Mamma het die saamgebringde hoendertjie gestop, en heerlik knapperig in die gas oondjie gebraai.

Die vakansies op die plaas is afgewissel met vakansies in die Kruger Wildtuin. Dit was ook netso heerlik gewees. Een jaar, toe my Oupa uit Holland kom kuier het, het ons in n tent uitgekamp. Dit was nie n groot sukses nie omdat ons nie uitkamp mense is nie. Die Wildtuinvakansies is moontlik gemaak deur vriende wat bestuurders in Pretoriuskop  was. Hul het makliker vir ons plekke kon bespreek.

Wat n lekker herinnering van kindwees en vakansie

Image result for images of holidays around the world

First Holiday at White River

As a child, we only went on holiday once a year, mostly the Christmas holidays when the factories closed. Next to us lived a school principal who had a farm near White River (at that time we still lived just outside Pretoria) He made the house available to us to use during the holidays. These were the most wonderful holidays.

The first time we went was a great experience. We were so excited that we couldn’t come to rest the night before.

Early evening, before we departed the next day, Dad packed the Buick or Studebaker ( forgotten the make!). He could pack a car like a champion! Everything got a place. We even took a live chicken in a tiny cage with us for Christmas dinner. Our two dogs went along too. One was a fox terrier and the other a Bull Mastiff. How we all fit in, I can’t tell you.

We were supposed to start our journey the morning before sunrise.  Dad was too excited; he couldn’t sleep. At one o’clock, he couldn’t wait any longer. We were packed in the back seat, to sleep further. There was always an issue with our feet that were in smeone else’s face. What could we expect with three who had to lie on the back seat; with two dogs too?

Before the sunrise, we were in Middelburg Transvaal (today Mpumalanga). We always stopped at the drive-in cafe (which means you park  your car, then the waiter brings the menu, you choose, and she brings it to you on a tray.) We stopped to use the toilets. My mom always packed a picnic basket and a flask with tea. We didn’t need to buy something on the way for lunch.

In 1956 there was no highway connecting Pretoria with the Lowveld. The road was still single lanes, narrow and winding. Today it takes about an hour and a half to two hours to drive to Nelspruit, the capital of Mpumalanga. Those days we drove all morning.

We also stopped at the roadside benches and tables to stretch legs and drink a cup of tea.

The farm was a lovely quiet place. It had few amenities: outside toilet, hot water in the donkey heated with wood fire. The house had a thatched roof. Cool in the scorching December sun. The house was between Pine trees because the farm had Pine plantations and banana groves.

On the one side of the house was a creek. We always tried to catch crabs. We were scared of them because the grown-ups warned:

“Crabs love human toes, especially those little ones like yours!” As soon as the crab caught the tip of the stick, we ejected it to the dry patch next to the creek and hoped it would stay stuck, which of course rarely happened. If we succeeded to get one out of the water, there would be delightful screams and running and jumping to stop the crab from getting hold of our toes!

In the pine plantation were thick “bobbejaantoue” monkey ropes? like the ones in the Tarzan movies. We had great swings while playing Tarzan-Tarzan.

The delicious Christmas meal was always a highlight. Mom stuffed the chicken and roasted it till crispy and brown in the gas oven.

The holidays on the farm were interspersed with holidays in the Kruger National Park. It was also just as good an adventure as going to the farm. One year,  my grandfather visited us from Holland. We camped in a tent. It was not a great success because we had never been campers. The park holidays were made possible by friends who worked in Pretoriuskop. They could easily book places for us.

Wonderful memories!


31 responses to “Vakansie as kind: Childhood holiday”

  1. perdebytjie Avatar

    Heerlike herinneringe!

    Like

    1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

      Beslis heerlik om so terug te dink en te onthou hoe dit was.

      Liked by 1 person

  2. rondomtaliedraai Avatar

    Aha selfs ek kan dit onthou … ons het al te lekker gespeel Ek onthou ook veral die bobbejaan toue
    (Ek het my rekenaar terug en alles is nou terug na normaal – ek moet net alles inhaal )

    Liked by 1 person

  3. Gallivanta Avatar

    It’s lovely to have good memories of family holidays. Our family had some fun ones, too. Sometimes the roads were not that good and my brother would be car sick. That wasn’t so much fun!

    Liked by 1 person

    1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

      My Mum usually got car sick.

      Liked by 1 person

  4. Kameel Avatar

    Aha plaasvakansies, heerlike herhinderinge. So jou naam is eintluk Jane 😊

    Like

    1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

      Beslis Jane en in my drome swaai ek saam met Tarzan.

      Liked by 1 person

      1. Kameel Avatar

        Ai, ai….lekker om te droom!!! Ons mag maar ❤

        Like

        1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

          Toe ek jonger was het ek in my eie droomwëreld gelewe. Gedroom van al die mooi manne!

          Liked by 1 person

          1. Kameel Avatar

            Lag ek nou vir jou. Ek dink ons wou almal saam met Tarzan deur die bome swaai of van ons voete af geraap word deur ‘n ridder op ‘n wit perd. Ai….jongmeisie drome…en dan gebeur die lewe en slaan ons met ‘n baseball bat onderstebo.

            Like

            1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

              Ha ha, nou lag ek weer vir jou baseball bat. So n “bat” slaat mens nogal disnis as hy jou reg tref.

              Liked by 1 person

              1. Kameel Avatar

                Hy tref so aanmekaar Scrapy….net as jy dink jy het weer jou voete gevind dan kom hy van ‘n kant af wat jy dit die minste verwag. Ek hoop jy voel al beter!!!! Hoe gaan jy naskool doen?

                Like

                1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

                  Netso. Ek voel al beter. Het vandag my bril laat regbuig. Nou kan ek darem weer beter fokus. Ons het nog tot eerste week in Februarie vakansie. Behoort dan sekerlik reg te wees.

                  Liked by 1 person

  5. travel460 Avatar

    Jy het my nou heerlik meegevoer op jou kleintyd vakansie, dankie Scrapy.

    Like

    1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

      Bly jy het dit geniet. Ek is besig om jul ouens se gevoel te toets vir wat lekker lees.

      Like

  6. Bondelsgedagtes Avatar

    ag dit was nou lekker lees – kuier saam met jou! dankie xx

    Like

    1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

      Bly jy het dit geniet om dit te lees. Ek is maar besig om te toets wat ouens dink van die stories sodat ek my boek kan aanmekaar sit as mens dit so kan noem. Ek het nog nie heeltemaal duidelikheid van hoe ek dit wil uitlê nie.

      Like

      1. Bondelsgedagtes Avatar

        Oe lekker, dis wonderlik

        Liked by 1 person

  7. Toortsie Avatar

    Ek wonder sommer nou oor die bobbehaantoue. Is dit uitgroeisels aan bome?

    Like

    1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

      Dis n rankplant wat tot in top van boom groei om by die lig uit te kom. Onderste deel is sonder blare en dik omdat dit is waar die groei begin het.

      Liked by 1 person

      1. Toortsie Avatar

        Dis waar, ja. 😊

        Like

  8. Toortsie Avatar

    Heerlike herinneringe. 😁

    Like

    1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

      Baie lekker om terug te dink.

      Liked by 1 person

  9. woordnoot Avatar
    woordnoot

    Memories are made of this!!

    Like

  10. HesterLeyNel Avatar

    Dit klink altyd so lekker wanneer iemand vertel van ‘n gesinsvakansie en hoe hulle met sibbes gespeel het. Ek was ‘n laatlam, dus basies grootgemaak as enigste kind, en my vakansie-herinneringe bestaan meer uit plekke wat ons gesien het. Die ouer generasie het mos nie juis aandag gegee aan kinders en met hulle gespeel soos wat vandag se ouers doen nie.

    Like

    1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

      Dis waar van die spelery. Ons moes onsself self besig gehou het. Vandag se ouers reël allerhande uistappies en besoeke om kinders n kans te gee om nuwe dinge te doen. Ouers speel ook regtig met kinders vandag.

      Liked by 1 person

  11. Anne Avatar

    Wat ‘n wonderlike herinnering.

    Like

    1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

      Iets wat ek nie sommer sal verget nie.

      Like

  12. sonell Avatar

    Dit is sulke mooi herinneringe. My ouma en oupa het ‘n plaas gehad in Schoemanskloof. Dit is darem so mooi area daardie.

    Like

    1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

      Dis beslis n deel waar ek graag sou wou aftree. Juis met daardie vakansies het my ouers na grond gekyk om te koop.

      Like

Leave a comment

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.