Kuiersafarie en die groen bus toer verder Kaapstad


Hierdie bloguitdaging is aanvaar deur 14 Afrikaanse bloggers wat ‘n virtuele toer deur Suid-Afrika onderneem. Die gasblogger van die week moet op ‘n Donderdag, op die datum wat toegewys is, ‘n blog skryf oor hulle tuisdorp/-streek, asook ‘n fiktiewe weergawe van die ander 13 bloggers se kuier by sy/haar tuiste.

KAAPSTAD HIER KOM ONS

Trommeltjie is die gasvrou en sy het uitstekend gevaar om ons te vermaak. Daar was Kirstenbosch, Moyo koffie, gesingery waar ek skoon aangedaan geraak het. Dankie vir die sneesie Frannie.

Boomslang walkway-fantasties, die waterfront en Seinheuwel en so aan en so aan. Die lekkerste die donker sjokolade, verf van n beker en biltong en bier saam met Lekkervurig. Ons twee ou Bosvelders het heerlik ontspan.

My eie storie oor Kaapstad:

My eerste vakansie nadat ek begin skoolhou was Kaap toe met n mankolieke skoolbus en slaapplekke wat nie vooraf gereël was nie.

Na my man se dood en my senuwee-ineenstorting in 1993 het ek vir my en my seun, toe twaalf jaar oud, plek in n hotel in Kaapstad bespreek in 1974 Aprilvakansie. Ek het einde 1993 onderwys bedank en met vroeë pensioen gegaan.

Ons het Kaapstad toe gevlieg. n Voertuig van die hotel het ons kom haal en hotel toe geneem. Ek het ook n Avis karretjie gehuur om rond te ry.

Die uitsig van die hotel was asemrowend. Dit was n soort van n hoekkamer. As jy na links gekyk het was dit Drie-ankerbaai met Kaapstad meer na regs. Die hoek venster het op Seinheuwel gekyk.

Ons het Tafelberg opgegaan met sweefspoor. Kaappunt besoek. Met terugkom van Kaappunt wou Bertus by Clifton gaan swem omdat dit so n bekende plek is. Hy het net sy voete natgemaak en besluit dis gans te koud.

Die kasteel en wynplaas was ook n belewenis. By Kirstenbos het Bertus net vasgesteek en besluit hy het genoeg gehad van die gelopery en was moeg vir my rondkarringdery om alles te sien. Ons het wel nog n bootrit gedoen met Circle Launches waar ons na die klomp robbe gaan kyk het. Daar was met reg robbe vir Afrika.

Ons vlieg weer terug Johannesburg toe en ry terug Secunda toe waar ons toe gebly het.

My fotos is in n album. Hul is geneem met n Kodak instamatic en het negatiewe.

Dis mooi herinneringe al was dit bietjie langdradig vir my kind.

Die derde besoek was weer onder heel ander omstandighede. Ouma het na Bertus gekyk wat toe sestien jaar was, terwyl ek saam met n vriendin vanaf Potgietersrus Kaapstad toe gery het.

(Ek kry nie die inlinks skakel nie. Hester help asb.)


24 responses to “Kuiersafarie en die groen bus toer verder Kaapstad”

  1. trommeltjies Avatar

    Ek onthou daai ou rooi kabelkarretjie, is ook met hom op een vakansie. Ons was mos nie altyd Kapenaars nie, die vakansie was nog in my valie tyd. Ons herinneringe bly ons kosbaarste besitting.

    Like

    1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

      Waar wat jy sê jy kan alles in die lewe verloor maar jou herinneringe kan niemand van jou wegneem nie.

      Like

  2. woordnoot Avatar
    woordnoot

    Kosbare memories…met my heel eerste Kaapvakansie (in Kaapstad) was die kabelkarre nog rooi!!! En die wind het hulle heen en weer geruk! Nou is dit ‘n walk in the park met die nuwe karretjies!

    Like

    1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

      Die eerste keer was dit ook nog die waaiende karretjie wat nog moes stop om verder spoed op te tel teen die wind. Met die besoek in ’94 was dit die nuwe kar wat heel gemaklik en glad gegaan het.

      Liked by 1 person

  3. rondomtaliedraai Avatar

    OOOOooo ek het toe begin skoolhou en alles gemis … nee wag is jy seker van die datums ?

    Like

    1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

      Ha ha, daar vang jy my. Wys jou wat harsingskudding aan jou doen! Ek het dit reggestel. Bly jy het dit gesien.

      Liked by 1 person

      1. rondomtaliedraai Avatar

        Somme is nie my beste eienskap nie maar dit was darem net te erg

        Like

        1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

          Wonder hoekom ek die 7 in gedagte gehad het. 93 staan lewensgroot by die fotos!

          Liked by 1 person

          1. rondomtaliedraai Avatar

            Ek het so gedink want ek het in !991 my huis gekoop en in 1992 het Mamma-hulle by my ingetrek en Pappa is in 1993 oorlede … interessante tyd

            Like

            1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

              Ek het gedink Pappa-hulle het langer by jou gebly voor hy dood is. Daardie drie jaar het beslis baie opgelewer.

              Liked by 1 person

              1. rondomtaliedraai Avatar

                Nee dit was hoogstens ‘n jaar en ‘n half. Dis waar maar die jare wat Mamma by my gebly het was die lekkerste. Ek is eintlik spyt ek het haar nie hier in ‘n aftree-oord laat bly nie dam kon sy hier in die hospitaal wees … ag wat mens kan daar niks aan verander nie

                Like

                1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

                  Dit was maar erge paar jaar gewees.

                  Liked by 1 person

  4. Tannie Frannie Avatar

    Ai, ek het nou lekker gelees en saam met jou in die verlede en in ou Kaapstad gekuier.

    Like

    1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

      Lekker man. Het ongelukkig die jaartal verkeerd geskryf, moes 1993 gewees het.

      Liked by 1 person

  5. Kameel Avatar

    ‘n Kind is ‘n kind is ‘n kind 😊
    Toe jy met Clifton begin dog ek Bertus het ‘n kaal geswemmery gesien 😁😁😁
    Ons het elke jaar die Kaap getoer. Ons ooreenkoms met ons kinders wás een dag op die strand….een dag toer sonder ‘n gemor. Dit het goed gewerk.

    Like

    1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

      Gelukkig was dit nie te warm nie so die vroutjies het hul bedek teen die windjie.

      Liked by 1 person

  6. HesterLeyNel Avatar

    http://www.inlinkz.com/new/view.php?id=797928. Ek het jou sommer klaar bygevoeg. Arme Bertus 😁 ek onthou tog te goed hoe het my ma en pa my altyd van my voete af geloop in die Kaap – Kirstenbos, Kaapse Tuine, Tafelberg … en al wat ek wou doen is om ‘n pie & gravy te gaan eet by die OK Bazaars en dan see toe te gaan. Hahaha.

    Like

    1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

      Dankie jong. Ek het oral probeer maar dis te lank terug gewees toe die bus gery het. Ek besef nou eers dat kindwees is lekker as hul net kan swem en baljaar en dan n roomys te eet. Hy neem my nou nog kwalik as ek oor die vakansie praat. Die kasteel en die donker gat het hy geniet.

      Liked by 1 person

      1. HesterLeyNel Avatar

        Haha. Kinders!

        Liked by 1 person

  7. travel460 Avatar

    En so het ons almal op ons lewenspaadjies ñ storie oor Kaapstad opgebou om te onthou.

    Liked by 1 person

    1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

      Dit is waar. My lewe sou armer wees as ek dit nie gesien het nie al was dit dan ook al in die verre verlede.

      Like

  8. perdebytjie Avatar

    Klink na ‘n heerlike vakansie.

    Like

    1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

      Dit was voorwaar en het ons aandag afgelei van die vorige jaar se gebeure.

      Liked by 1 person

Leave a comment

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.