For more information visit http://toortsie.wordpress.com/2014/12/03/terug-in-die-verlede/   or go to   https://www.facebook.com/toortsie?fref=ts

 

Bloguitdaging: Gee fantasie vrye teuels.

Fantasie

Die uitdaging is om die skrywersblok te breek. Fantasie is nie regtig in my lyn van denke nie maar die woord het my aan die dink gesit gister en ook vanoggend.

Toe ons nog kinders was het my oudste suster altyd uit die “Gebroeders Grimm” se stories voorgelees. Dit was altyd vir my n wereld op sy eie. Ek neem aan dis n denkbeeldige leefwyse of fantasie wereld wat hul skilder. Daar was altyd die aaklige, wreedardige karakters wat die arme kinders altyd wil opeet, jaag of net gryp.

Vanoggend het ek weer bietjie terug geleef in die fantasie wereld van drake .

Drakestorie
Drakestorie

Jong kinders hou in n mate van drake, veral die wat bietjie meer waagmoed het sal nader gaan om ondersoek in te stel. Hierdie dogtertjie het soetjies nader gegaan en met die draak gepraat en vertel dat sy hom ken. Ook dat sy die storie van hom ken( sien, daar skiet my fantasie te kort want ek het nie n idee wie ,of waar, of watter draak dit is wat hier so uit die grot uitpeul nie) In elke geval die kinders wat verby loop het almal verwonderd na die ou draak gekyk. Een seuntjie van so 3 jaar wou eers nie nader gaan nie. Hy loop met n wye boog verby en vertel sy ma dat sy nie so naby moet loop nie en hy bly se: “Don’t touch!” Hy het met sy handjies agter die rug verby gestap! Te kostelik.

Volgende is my eie Fantasie storie:

Ek loop tussen n skare mense en wonder wat gaan aan. Dis vreemd dat almal in een rigting beweeg. Vir my is dit baie moeilik om te loop sonder om voor op die vloer te kyk waar ek loop. So, ek bly soort van af kyk! Die meeste mense was egter besig om almal meer op te kyk na iets wat hulle sien.

Na so ent se loop en saam drom, besluit ek om tog maar op te kyk.

“Wat op deeske aarde gaan aan! Gee pad! Hardloop!” skree ek vir mense om my.

Almal stop skielik en kyk verbaas na my wat so skree en net wil weg hardloop. Ek kon nie wegkom nie want daar was te veel mense om my. Hul hou my vas en dwing my om stil te staan en op te kyk.

Dit is wat ek sien…

DSCF7230

Wat dink julle daarvan?

Die reuse arend wil my vang en insluk!

Sy kloue wil my vasgryp!

DSCF7231

Ha ha ha, Skielik kom ek terug aarde toe. Ek het vir n oomblik gedink dit is die einde.

Die werklike prentjie!
Die werklike prentjie!

Dit was nou n fantasie episode uit my duim gesuig!

Ek het vandag my Internasionale student Wellington Lughawe toe gevat. Sy is nou oppad terug  Hong Kong toe na n jaar se studie in New Zealand en onder my vlerk.

Die draak is n nuwe uitbeelding. Die Lord of the ring uitbeelding is al n hele tyd daar(kan ook The Hobbit wees)

 

 

 

 


11 responses to “Uitdaging: Fantasie – Challenge: Fantasies”

  1. Kameel Avatar
    Kameel

    Daardie kloue lyk vir my maar baie gevaarlik 😯 Dankie vir jou bydrae!!!

    Like

    1. scrapydo Avatar

      Plesier. Heel dramaties!

      Like

  2. rondomtaliedraai Avatar

    Aha Sus jy is darem al te oulik!

    Ek kan nie onthou dat ousus vir ons gelees het nie maar wel Mamma Sy was eintlik ‘n baie goeie leser soos ek kan onthou

    Like

    1. scrapydo Avatar

      Beide het gelees. Nou is dit jou beurt vir n fantasie storie. Kom, kom juffrou ek is seker jy kan goeie stories uithaal

      Like

      1. rondomtaliedraai Avatar

        Nah… ek skryf mos nie maar ek sal die fantasie ding doen die naweek

        Like

        1. scrapydo Avatar

          Dis weer iets anders om te doen! 🙂

          Like

  3. Gee fantasie vrye teuels | Toortsie, Kameel en Bokbaaivygie Avatar

    […] So in die gesels op my blog, daag ek ook vir Scrapydo uit om ook hieroor te skryf, en raai wat, sy is NET so oulik en skryf haar stuk. […]

    Like

  4. Toortsie Avatar

    Jy’s ‘n ster! En ja! Jy moet KOES!! 🙂 Dankie vir die saamspeel.

    Like

    1. scrapydo Avatar

      Dankie man! Hoop daar is nog stories oppad! Wil jy nie vir my n uitnodiging stuur om deel v FB groep te word nie?( nie dat ek presies weet hoe die FB storie regtig werk nie

      Like

  5. nowathome Avatar

    Ek is beindruk, Ineke!! Ek’s maar dom met die soort stories! Jy gaan jou student seker baie mis! Sterkte!

    Like

    1. scrapydo Avatar

      He he, laat jy my nou verlee voel! Ek het gladnie n fantasie wereld nie. Die draak en grote arend het my vanoggend die idee gegee om dit te gebruik

      Like

Leave a comment

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.