TOEKA-TOKKEL 4: Vakansie
Voordat ek wegval met die reels van die uitdaging:
n Baie groot dankie aan die volgende ouens wat vertel het van hul spesiale speelgoed of geskenke
Kameel se grootste geskenk
https://toortsie.wordpress.com/2015/01/12/my-grootste-geskenk/
Tannie Frannie en haar pophuismaatjie met n witrot..
Ek gee Toorts se opvolg van vriende wat ook n groot geskenk is…
https://toortsie.wordpress.com/2015/01/14/n-kosbaarheid-in-elke-letter/
@@@
Elkeen is welkom om deel te neem en te kom geniet wat ander ook skryf oor n onderwerp wat ek elke Donderdag gee. Jy het die hele week om daaroor te dink. Jy mag die vorige onderwerp ook gebruik as jy so voel. Dis hoofsaaklik n riglyn om die gedagtes te prikkel.
Besoek gerus die vorige ouens se poste en lees heerlik aan hul ervarings. Daar is niks so lekker as om jou eie ervarings te gebruik nie.
Gee jou opskrif as Toeka-Tokkel en dan ook n skakel na my blog toe sodat almal my oorspronklike uitdaging kan lees. Gee vir my n skakel na jou blog deur dit in my kommentaar te plak. Ek sal beslis wil lees wat jy alles se.
@@@
Perdebytjie het reeds al n stuk geskryf oor haar terugkeer huistoe na haar vakansie. Ek is seker sy gaan nog meer daaroor skryf. Hier is haar skakel- lees dit gerus.
VAKANSIE
Wat kom in jou gedagte op as jy aan die woord vakansie dink?
Ontspanne, lui-lekker, sonskyn, see, bosveld, sonsondergang/-opkoms………
Watter gedagte ookal opkom dit bly n heerlike ervaring wat nie sommer vergeet word nie. Veral daardie spesiale vakansie.
As kind het ons eenkeer per jaar vakansie gehou. Dit was meestal die einde van die jaar of begin van n nuwe jaar wanneer die fabrieke gesluit het.
Langs ons het n skoolhoof gebly wat n plaas naby Witrivier gehad het.(Ons het net buite Pretoria gebly daardie tyd) Hy het die huis tot ons beskikking gestel om in vakansie te hou. Dit was die heerlikste vakansies.
Vroeg aand, voordat ons die volgende dag vertrek, het my Pa die Buick gepak. Kon hy vir jou pak! Alles het n gaatjie gekry. Hy was n baas pakker. Ek kan nog onthou dat ons selfs eenkeer n lewendige hoender in n hokkie saamgevat het vir Kersfees. Die is ook in die kattebak gepak.
Ons was veronderstel om die oggend voor die son opkom die pad te vat. My Pa was egter altyd so opgewonde. Hy kon meestal nooit slaap nie. So teen een uur kon hy dit nie hou nie en het ons wakker gemaak. Ons is op die agterste sitplek ingepak, om verder te slaap. Daar was altyd n gekarring oor een se voete wat in n ander een se gesig is. Was maar beknop met drie wat moes le. Dit was egter die moeite werd. Voordat die son opkom was ons in Middelburg(Transvaal). Ons het altyd by die padkafee gestop(wat vir jare steeds nog daar is/was) om die toilette te gebruik . My Ma het altyd padkos ingepak en ook n fles met tee. Daardie dae was daar nie n snelweg nie. Dit was nog enkel bane en nou kronkel paaie. Vandag vat dit n uur en n half tot 2 ure om in Nelspruit te kom. Daardie tyd het ons die hele oggend gery.
Die plaas was n heerlike rustige plek. Min geriewe: buite toilet, warm water in die donkie wat met houtvuur verwarm word. Dit was n grasdak huis. Heerlik koel in die skroeiend warm Desember weer. Die huis was tussen Dennebome omdat die plaas n Denneplantasie gehad het
Aan die een sykant van die huis was daar n stroompie. Ons het altyd probeer om krappe te vang. Ons was maar skrikkerig want die grootmense het gese hul hou van n mens se tone!Ons het die water en modderwal met n stok geroer om te kyk of n krap wil uitkom. Sodra die krap die punt van die stok beet het, het ons hom uitgeskiet na die wal en ghoop hy bly vasklou. Dit het natuurlik selde gebeur.
Ek kan ook onthou dat ons altyd n heerlike Kersmaal gekry het wat my Ma vir ons voorbrei het.
Die vakansie op die plaas is afgewissel met vakansie in die Kruger Wildtuin. Dit was ook netso heerlik gewees. Een jaar toe my Oupa uit Holland kom kuier het het ons in n tent daar uitgekamp. Dit was nie n groot sukses nie omdat ons nie uitkamp mense is nie. Die Wildtuinvakansies is moontlik gemaak deur vriende van my ouers wat in Pretoriuskop bestuurder was.
My vakansie storie het nou te lank geword! Ek het as volwassene ook spesiale vakansie gehou wat my altyd sal bybly.
NOU IS DIT JOU BEURT. LAAT WEET VAN VAKANSIE WAT WERKLIK N INDRUK OP JOU GEMAAK HET