TOEKA-TOKKEL 4: Vakansie

Voordat ek wegval met die reels van die uitdaging:

n Baie groot dankie aan die volgende ouens wat vertel het van hul spesiale speelgoed of geskenke

Kameel se grootste geskenk

https://toortsie.wordpress.com/2015/01/12/my-grootste-geskenk/

Tannie Frannie en haar pophuismaatjie met n witrot..

Speelgoed

Ek gee Toorts se opvolg van vriende wat ook n groot geskenk is…

https://toortsie.wordpress.com/2015/01/14/n-kosbaarheid-in-elke-letter/

@@@

Elkeen is welkom om deel te neem en te kom geniet wat ander ook skryf oor n onderwerp wat ek elke Donderdag gee. Jy het die hele week om daaroor te dink. Jy mag die vorige onderwerp ook gebruik as jy so voel. Dis hoofsaaklik n riglyn om die gedagtes te prikkel.

Besoek gerus die vorige ouens se poste en lees heerlik aan hul ervarings. Daar is niks so lekker as om jou eie ervarings te gebruik nie.

Gee jou opskrif  as Toeka-Tokkel en dan ook n skakel na my blog toe  sodat almal my oorspronklike uitdaging kan lees. Gee  vir my n skakel na jou blog deur dit in my kommentaar te plak. Ek sal beslis wil lees wat jy alles se.

@@@

Perdebytjie het reeds al n stuk geskryf oor haar terugkeer huistoe na haar vakansie. Ek is seker sy gaan nog meer daaroor skryf. Hier is haar skakel- lees dit gerus.

More

VAKANSIE

Wat kom in jou gedagte op as jy aan die woord vakansie dink?

Ontspanne, lui-lekker, sonskyn, see, bosveld, sonsondergang/-opkoms………

Watter gedagte ookal opkom dit bly n heerlike ervaring wat nie sommer vergeet word nie. Veral daardie spesiale vakansie.

As kind het ons eenkeer per jaar vakansie gehou. Dit was meestal die einde van die jaar of begin van n nuwe jaar wanneer die fabrieke gesluit het.

Langs ons het n skoolhoof gebly wat n plaas naby Witrivier gehad het.(Ons het net buite Pretoria gebly daardie tyd) Hy het die huis tot ons beskikking gestel om in vakansie te hou. Dit was die heerlikste vakansies.

Vroeg aand, voordat ons die volgende dag vertrek, het my Pa die Buick gepak. Kon hy vir jou pak! Alles het n gaatjie gekry. Hy was n baas pakker. Ek kan nog onthou dat ons selfs eenkeer n lewendige hoender in n hokkie saamgevat het vir Kersfees. Die is ook in die kattebak gepak.

Ons was veronderstel om die oggend voor die son opkom die pad te vat. My Pa was egter altyd so opgewonde. Hy kon meestal nooit slaap nie. So teen een uur kon hy dit nie hou nie en het ons wakker gemaak. Ons is op die agterste sitplek ingepak, om verder te slaap. Daar was altyd n gekarring oor een se voete wat in n ander een se gesig is. Was maar beknop met drie wat moes le. Dit was egter die moeite werd. Voordat die son opkom was ons in Middelburg(Transvaal). Ons het altyd by die padkafee gestop(wat vir jare steeds nog daar is/was) om die toilette te gebruik . My Ma het altyd padkos ingepak en ook n fles met tee. Daardie dae was daar nie n snelweg nie. Dit was nog enkel bane en nou kronkel paaie. Vandag vat dit n uur en n half tot 2 ure om in Nelspruit te kom. Daardie tyd het ons die hele oggend gery.

Die plaas was n heerlike rustige  plek. Min geriewe: buite toilet, warm water in die donkie wat met houtvuur verwarm word. Dit was n grasdak huis. Heerlik koel in die skroeiend warm Desember weer. Die huis was tussen Dennebome omdat die plaas n Denneplantasie gehad het

Aan die een sykant van die huis was daar n stroompie. Ons het altyd probeer om krappe te vang. Ons was maar skrikkerig want die grootmense het gese hul hou van n mens se tone!Ons het die water en modderwal met n stok geroer om te kyk of n krap wil uitkom. Sodra die krap die punt van die stok beet het, het ons hom uitgeskiet na die wal en ghoop hy bly vasklou. Dit het natuurlik selde gebeur.

Ek kan ook onthou dat ons altyd n heerlike Kersmaal gekry het wat my Ma vir ons voorbrei het.

Die vakansie op die plaas is afgewissel met vakansie in die Kruger Wildtuin. Dit was ook netso heerlik gewees. Een jaar toe my Oupa uit Holland kom kuier het het ons in n tent daar uitgekamp. Dit was nie n groot sukses nie omdat ons nie uitkamp mense is nie. Die Wildtuinvakansies is moontlik gemaak deur vriende van my ouers wat in Pretoriuskop bestuurder was.

My vakansie storie het nou te lank geword! Ek het as volwassene ook spesiale vakansie gehou wat my altyd sal bybly.

NOU IS DIT JOU BEURT. LAAT WEET VAN VAKANSIE WAT WERKLIK N INDRUK OP JOU GEMAAK HET


24 responses to “Toeka-Tokkel 4: Vakansie”

    1. scrapydo Avatar

      Dankie vir deelname, jy het weer n heerlike vertelling gegee. 😀

      Like

  1. Vakansie jou lekker ou ding | Toortsie, Kameel en Bokbaaivygie Avatar

    […] Scrapydo se toeka-tokkel Vakansie […]

    Like

  2. Kameel Avatar
    Kameel

    Vakansie sit sommer ‘n breè glimlag op my gesig.
    Is kinderherrinering rondom vakansies nie net te kosbaar nie? Dankie, lekker gelees 😉

    Like

    1. scrapydo Avatar

      Dit is beslis kosbaar. Suster Tina onthou toe nog van bobbejaantoue in bome. Ons het heerlik Tarzan gespeel met die toue 😀

      Like

  3. Tannie Frannie Avatar

    Sjoe,dankie – jy het my gedagtes nou ver laat dwaal!

    Vakansie

    Like

    1. scrapydo Avatar

      Baie dankie vir die deelneem. Jy het ons na n pragtige plek toe geneem. Ek kan dit sommer met toe oe saam met jou loop

      Liked by 1 person

  4. nowathome Avatar

    Dit klink soos ons kinderdae ook! Vroeg opstaan en ry!

    Like

    1. scrapydo Avatar

      Beslis, die nie slaap is nou nie so lekker nie maar die opwinding van die ry maak op daarvoor. My man en trouens ek hou ook daarvan om regtig vroeg in die pad te val.

      Liked by 1 person

  5. de Wets Wild Avatar

    Ai, met n boetie en n sussie en later n Ouma wat die agtersitplek van Pa se Cressida moes deel ken ek daai gestoei vir n plekkie al te goed. G’n wonder Pa het later maar n minibussie aangeskaf nie…

    Like

    1. scrapydo Avatar

      Jy moenie nog praat nie. Ek is die middelste en kleinste van ons drie gewees so dit het gevoel asof ek altyd minder plek mag gebruik as wat ek kan inpas. My pa het ook al gedreig om ons af te laai. Gelukkig het ons baie speletjies gespeel om ons aandag van mekaar af te lei!

      Liked by 1 person

  6. rondomtaliedraai Avatar

    Olds Mobile?
    Was lekker onthou die … kan nie die honder onthou nie Onthou jy die bobbejaantoue waarmee ons Tarzan gespeel het. Ek onthou ook die geblokte hemde wat Mamma vir ons gemaak het.

    Like

    1. scrapydo Avatar

      Kar se naam het ek sommer uit die lug gegryp! Nou praat jy, ons was altyd lief vir die Tarzan spelery op die koppie ook. Hemde kan ek nie onthou nie. 😀

      Like

  7. Spokie sny spoor Avatar

    O, ok, ek is gelukkig hier. Het klaar ‘n stukkie oor my vakansie geskryf wat nog net ge-edit moet word. Ek gaan dit sommer koppel aan jou Toeka- tokkel 4 as ek post.

    Like

      1. scrapydo Avatar

        Dit het gewerk. Dankie vir jou bydrae. Dis werklik kosbaar

        Liked by 1 person

    1. scrapydo Avatar

      Baie dankie, jy het n baie mooi stuk geskryf en nog fotos ook gebruik wat dit nog mooier maak 😀

      Liked by 1 person

  8. Toortsie Avatar

    Nou raak ek agter! Ek moet nog oor die geskenke ook skryf, en nou oor die vakansie, en intussen is ek besig met ‘n dialoog wat ‘n opdrag is van Write 101… ag te lekker! Waar kan ek ‘n bietjie tyd koop?
    Jy moenie hiermee ophou nie. As die 5 opdragte verby is, moet jy nuwes uitdink, asseblief.

    Like

    1. scrapydo Avatar

      Ha ha, ek weet hoe dit voel om nie genoeg tyd te he vir al die skrywe nie. Ek het in die begin ook elke dag n ander uitdaging gedoen wat later maar n bietjie moes afplat omdat daar net nie altyd tyd is nie. Ek gaan beslis nie ophou nie. Ek het reeds n hele versameling van onderwerpe al neergeskryf. Noudat jy dit noem onthou ek ek het vergeet om volgende onderwerp te noem. Dit is Sport! 😀

      Like

      1. Toortsie Avatar

        Hy’s geskryf. Dit verskyn Woensdag 21 Jan DV.

        Like

        1. scrapydo Avatar

          Ha, mooi man! Sien uit daarna. 🙂

          Like

Leave a comment

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.