Groente

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie

Groente

‘n Skinkbord met groente

Groente is ‘n term wat algemeen gebruik word om na die eetbare dele van plante te verwys. Die definisie van groente is ‘ntradisionele definisie, eerder as ‘n wetenskaplike een en is dus ietwat subjektief en afhanklik van individuele diskresie. Alle kruidagtige plante wat geheel of gedeeltelik deur mense geëet word, word gewoonlik as groente beskou. Alhoewel sampioene aan die biologiese koninkryk fungi behoort, word hulle ook gewoonlik as groente beskou. Groente word oor die algemeen beskou as hartig, eerder as soet, alhoewel daar uitsonderings bestaan. Neute, graan, kruie, speserye en vrugte word oor die algemeen nie as groente beskou nie.

https://af.wikipedia.org/wiki/Groente

As jy wil deeneem aan TOEKA-TOKKEL kliek asseblief skakel om te sien hoe dit werk.

Toeka-Tokkel 2016: Welkom

Almal is welkom!

 

GROENTE

 

Groente is baie belangrik in n mens se lewe. Dis nie net n bron van vesel en minerale nie maar proe lekker en is ook gesond. Sommige groente het n naam van:

Dis sleg of ek hou nie daarvan nie!
Die idee om n sekere groente nie te wil eet nie kom meestal van die ouers af. My pa het nie van wortels gehou nie. Dit het gemaak dat ons nie rerig wortels geëet het nie. Hy was ook nie lief vir spinasie nie. Elke nou en dan moes ons dit eet omdat daar niks anders was nie. Dan het ons as kinders NOOIT pampoen en patats geëet nie omdat my ouers dit nie geken het nie. Hul het dit dus nie gekoop nie.
As volwassene leer mens ander groent eet. Ek hou daarvan om nuwe groente te toets. Meestal is dit dan nie so erg as wat mense sê hoe (sleg)dit proe nie.
Daar is ook n ander manier om groente vandag te eet of te wel te drink. Die groente word in n versapper gesit. So fyn gekap dat jy nie eers weet wat alles daarin is nie. Dis seker goed om dit so te doen omdat al die goeie dele gebruik word. Ek voel egter dat n mens se kou-vermoë baie verswak as daar net die ou sagte wortels en boontjies of wat ook al gedrink word.

Wat dink julle van n versapper of n “smoothy” makery?

( Ek gaan vanaand die res klaarmaak. Hierdie is net n lusmakertjie!)

Baie dankie aan die volgende ouens wat so heerlik oor hul tuisdorpe gesels het.

HesterLeyNel – Het  eettafel waar die hele dorp se stories bespreek is.

Om my ma se kombuistafel

Kameel beskryf haar tuisdorp met sy winkelsentrum, besige strate en ook die bure wat nie veel met mekaar te doen het nie.

https://toortsie.wordpress.com/2016/02/15/hier-woon-ons/

Toortsie bly lekker in haar tuisdorp met die oseane wat met mekaar kennis maak.

https://toortsie.wordpress.com/2016/02/16/toortsie-se-toeka-tokkel-oor-tuisdorp/

Herriemerrie blyheerlik in Pretoria.

Tuisdorp

Tannie Frannie kuier lekker in haar tuisdorp se strate

Toeka-Tokkel: Tuisdorp – laat, maar darem!

Olga bly in n pragtige natuurskoon maar die tuisdorp….

Toeka tokkel 6

EKSTRA BYDRAE:

Coetzeeblog het twee tuisdorpe nie vêr van mekaar af nie in twee verskillende lande…

Tuisdorp. Heeltemal te laat.

Nogmaals dankie vir al die bydraes. Sonder julle sou dit nie n sukses wees nie.

Ons volgende tema is:

8.  Bespreek of beskryf iemand( besonders) wat in jou lewe gekom het.

Geniet dit. Skryf Afrikaans want dit is lekker.


16 responses to “Toeka-Tokkel no 7: Groente”

  1. Kameel Avatar
    Kameel

    My taak is nie hierdie week in nie 😕 Het vroeg die week ‘n Menieres aanval gehad wat my bed toe gestuur het want my nek wou nie my kop ophou nie. Die dae daarna het ek geslinger en my kop voel asof hy onderwater is.

    Like

    1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

      Ai, jammer om te hoor. Moenie komkommer nie. Volgende keer is jy weer honderd persent. Pas jouself maar op en hoop jy word gou weer beter.

      Liked by 1 person

  2. Toeka tokkel 7 Groente! wat ‘n gedoente | OLGA SE OKSELTJIES Avatar

    […] Scrapy se opdrag gaan om groente. Ek wou nou so graag weer gespog het. Maar dit was my nie beskore nie. Meeste van my foto’s is op Sally en sy staak alweer. Sy is al omtrent ‘n antiek en ek sal maar geduldig moet wees totdat iemand die onderdeeltjie wat nodig is, kan opspoor om haar te herstel. Ek kan ongelukkig nie die “hardeskyf” ding doen nie, daar is groente uit my eie tuin te kies en te keur. […]

    Like

  3. Spinasie en Pampoen | Herriemerrie Avatar

    […] Scrapy wil die week gesels oor groente.  Ek is nou nie heeltemaal seker wat ‘n mens oor groente kan sê nie, maar ek skrik nie vir ‘n uitdaging nie. […]

    Like

  4. nowathome Avatar

    Ek is baie lief vir groente in enige vorm!!!

    Like

    1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

      Ek ook, sonder groete is die etery maar nie wat dit moet wees nie. 🙂

      Liked by 1 person

  5. Olga Avatar

    Ek kan my nie eers ‘n dag sonder groente indink nie.

    Like

    1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

      Ja, ek kan ook nie verstaan hoe sommige mrnse net van “fish & chips” en noodles kan lewe nie.

      Like

  6. HesterLeyNel Avatar

    Ek hou van smoothies, maar met vrugte en yogurt gemaak. Groente is welkom in alle vorme, maar verkieslik in sop of gestoom.

    Like

    1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

      Groente is tog maar belangrik in die lewe. Die vrugte smoothies is lekker fris en ook gesond.

      Liked by 1 person

  7. Toortsie Avatar

    Dan wag ons maar tot vanaand. 🙂

    Like

    1. HesterLeyNel Avatar

      haha, kort en kragtig

      Like

    2. scrapydo2.wordpress.com Avatar

      Daars hy. Soos Kameel sou sê: My taak is gedoen!

      Like

      1. Toortsie Avatar

        Well done! Goeie en getroue skrywer.

        Like

        1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

          Baie dankie vir jou bemoedigende woorde. Party dae is dit soos n berg voor my. Sodra ek egter begin dan is die berg nie so hoog soos ek gedink het nie.

          Liked by 1 person

Leave a comment

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.