Toeka-Tokkel no 22: Straf


Junie is verby, jaar is halfpad en ons Tokkel nog steeds voort.

Vir inligting oor Toeka-Tokkel kliek as die volgende skakel:

Toeka-Tokkel no 14: Byname

Almal wat Afrikaans is, is welkom om deel te neem.

STRAF

Saterdag tot Woensdag was vir my n straf! Geen e-posse, geen blog inskrywings of antwoord van belangrike vrae nie. My telefoonlyn was so uit soos n kers. My vriende en ook my seun het die maatskappy wat lyn voorsien gebel van hul fone af. Ek het Sondag n e-mail gestuur van ander rekenaar af en toe kon ek nie die antwoorde kry omdat my lyn nie werk nie, ha ha!

Gladnie n aangename situasie nie. Gelukkig is die straf gistermiddag opgehef toe ek tuis kom en my selfoon piep weer lustig voort om te sê ek is weer terug op die lug.

Eintlik het ek n hele storie geskryf oor kinders wat onhebbelik is en wat nie gestraf mag word omdat jy as volwassene hul mos nie mag aanvat nie! Ek het daarteen besluit om dit hier te pos. Dis te alledaags. Hoe hanteer jy situasies waarin jy beland waar iemand werklik gestraf moet word? Hoe pas jy die straf toe? Hoe los jy die saak op sonder geweld?

(veral as die een wat straf nodig het nie ore het om te hoor nie, of net uittartend sê: Ek sal nie!)

Dit sien mens gladnie meer nie!

Gekastijd - Een leerling heeft zojuist straf gekregen. Negentiende-eeuwse prent, maker onbekend.:

Dankie aan die volgende deelnemers met hul pragtige vertellings oor verandering:

Chiristina B was eerste met haar vertrek na Australië

Verandering

Kameel land tussen die mielies

Verandering

Tannie Frannie tegnologiese geletterdheid en jongelinge…

Vir Toeka-Tokkel: Verandering

Toorts oor aanpasbarheid met verandering

Toortsie se Toeka Tokkel oor verandering

Olga het die see bereik en sal seker nie sommer Weskus toe gaan nie weens die klouende sand

Toeka tokkel 20 Die see.

Ek het n paar lekker onderwerpe gekry  vir volgende paar weke:

Julie/Augustus 2016

23. Stad/dorp
24. Winter,verkoue/griep/gesondheid
25. Droom
26. n Byt wat ek nou gou sal vergeet nie.
27. Opwinding
28. Ryding ervarings

Ons volgende opdrag gaan wees   STAD/DORP

Geniet die skrywe: Afrikaans is lekker en so n wonderlike taal.


16 responses to “Toeka-Tokkel no 22: Straf”

  1. Toortsie Avatar

    So bly joustraf is oor!

    Like

    1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

      Nie gedink mens raak skoon soekendeof verveeld so na die derde dag sonder internet.

      Liked by 1 person

      1. Toortsie Avatar

        Ons is internetverslaaf.

        Like

        1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

          Beslis, dit maak mens sommer siek ook- veral geestelik.

          Liked by 1 person

      2. Toortsie Avatar

        Ek het geskryf.

        Liked by 1 person

  2. nowathome Avatar

    Wys jou net hoe afhanklik ons van die internet is, ne! Dit is ‘n groot straf om daar sonder klaar te kom! 😀

    Like

    1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

      Eintlik was dit n goeie ding want mens se lewe is nie veronderstel om so daarom te draai nie.

      Liked by 1 person

      1. nowathome Avatar

        Is so waar!

        Liked by 1 person

  3. Christina B Avatar

    Sjoe, dit moes baie frustrerend gewees het om so afgesny te wees. Ek sien so baie jong kinders wie se ouers nie die harde werk doen om hulle te straf wanneer hulle stout is nie, en as ‘n gevolg is die kinders se gedrag buite beheer. Dis mos baie makliker om die stout te ignoreer as dit aan te spreek, maar so raak die stout net erger want hulle kom dan daarmee weg.

    Like

    1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

      Jong dis maar n gemors, as n kind vir jou dreig met regstappe moet jy weet hoe goed die ouers se voorbeeld is. Gelukkig is daar meer goeie, pragtige kinders. Dis mar altyd die enkeling wat moeilikheid veroorsaak.

      Like

  4. restlessjo Avatar

    Always the computer lets you down when the Inbox is full! But I never have time to empty it 🙂 🙂 Have a happy weekend, Ineke.

    Like

    1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

      This was my landline that was dead. They fixed it after my son spoke to them on Tuesday. Hope you’ll have a lovely sunny weekend too. 😀

      Like

  5. perdebytjie Avatar

    Hehe,ons was in dieselfde bootjie…telefoon en alles af!Dis omtrent ‘n straf😁😝😝

    Like

    1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

      Dis maar n rowwe bootjie! Mens is magteloos om dit self op te los, mens het mense nodig om dit te herstel!

      Liked by 1 person

Leave a comment

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.