Hier in my kontrei het elke derde huis n Pitt-Bull. Waarom weet ek nie maar nou ja, wie is ek om iets te sê.(hul hou nog van hondegevegte hier! Hoe aaklig)
Gister loop ek verby n huis waar nuwe mense ingetrek het. Nou toe, so wraggies het hul ook n Pitt-Bull. Hul het juis uitgekom met die hond aan n reuse halsband en ketting. Trompie is nuuskierige agie en wil net gaan om te ontmoet. Nee jong, die meneer stel nie belang in n vriendelike ontmoeting nie. Gelukkig is ons aan die anderkant van die straat.
Vanoggend loop ons weer verby. Geen taal of tyding van n hond nie. Ha, daar kom die idioom toe op: STILLE WATERS, DIEPE GROND
ONDER DRAAI DIE DUIWEL ROND.
Ek raak toe sommer nostalgies toe ek Laurika Rauch Stille Waters hoor sing. Ek moes dit net deel.
Betekenis:
https://af.wikiquote.org/wiki/Afrikaanse_spreekwoorde#S
sê:
Stille waters, diepe grond, onder draai die duiwel rond
- Gesê van ’n skynbaar ingetoë mens wat heimlik allerhande stoutighede aanvang.
Stel jy belang om deel te neem?
Besoek Hester se LÊ-JOU-EIER