Skryf-Safarie: Blogland – hoekom blog ek.


vra:

Kom vertel vandeesweek op “Skryf-Safari: Blogland” vir ons iets oor jou eie blog-ervaring, byvoorbeeld:

  • hoekom blog jy?, of
  • ‘n besonderse interaksie met ‘n ander blogger, of
  • iets interessants wat jy uit ‘n inskrywing geleer het, of
  • ‘n blog wat vir jou spesiaal verrykend is, of
  • sommer al bogenoemde

WEL, HIER GAAN HY:

2009 vertrek ek NZ toe. Suster Tina bly my aanmoedig om by Litnet aan te sluit sodat ek kan sien wat sy en die Litnetters alles doen. Uiteindelik kry ek vir my ‘n skootrekenaar om te begin met n nuwe aanlyn ondervinding. Ek sukkel my dood om my blog op te stel. Suster bly vir my beduie wat om te doen. Ek kom net nie op dreef nie. Tegnologie blokkasie hier by my! Boeta probeer ook verduidelik maar hy het geen geduld en los my toe om voort te ploeter.
In die tussentyd is die skinnerstories en moddergooiery aan die gang op Litnet. Spammers geniet hul gate uit en plak al hul advertensies waar hul kan. Onthou dis nou my eie ondervinding wat ek hier beskryf. Ek beslut toe “to hel” met hierdie klomp onplesierige mense en met die ding dat ek net nie regkom nie.
Sus Tina van Rondomtaliedraai bly steeds in my nek blaas en probeer my oortuig om deur te druk. Ek het, dink ek, miskien n tweede stuk geblog en dit was dit.
‘n Bietjie later doen ek ‘n bietjie opleeswerk oor blogs. Ek land toe by WordPress, en aha, daar vat ek toe vlam. Ek doen my eerste pos. Baie eenvoudig en tog ‘n sukses. Elke uitdaging wat WordPress uitgegee het, het ek begin doen. Veral die foto uitdagings het my getrek. Dan het ek alles nog in Engels gedoen ook. Ek het selfs ‘n blog vir Trompie  gemaak .https://scrapydodog.wordpress.com/  Toe is al my plek opgebruik en ek begin my tweede deel.
Nou het die lekkerte gekom. Ek het ‘n hele paar Afrikaanse bloggers ontdek en begin volg. Toe byt die skryf gogga my en ek skryf “Flash Fiction” en maak my eerste e-boek. Ek besluit toe om ‘n Afrikaanse uitdaging te begin,  https://scrapydo2.wordpress.com/2016/10/06/toeka-tokkel-afsluiting/ wat twee jaar gehou het. Met die uitdaging het ek  Toortsie en    goed leer ken. Hester is ook een van my vaste besoekers. Tannie Frannie was ook aan en af by.
HesterLeyNel begin toe haar “lê jou eier “ wat ontwikkel in ‘n heerlike avontuur. Meer en meer neem deel. Vriendskappe brei uit en dis heerlik om so te kuier.
Vir my is dit ‘n lekker afleiding en dan kan ek dit nog in Afrikaans ook doen. Sonder hierdie blogland sou ek nooit staande kon bly in hierdie Ingelse lewe wat ek bedags lewe nie.

Image result for blogging drawings

Om die inskrywings van verskillende bloggers in die Lê-Jou-Eier uitdaging te geniet of om self ‘n blog wat jy geskryf het aan te heg by hierdie skakel, klik op die volgende InLinkz-skakel:

http://www.inlinkz.com/new/view.php?id=787126

Vir die reëls van hierdie uitdaging, om raad te kry oor hoe om deel te neem en om elke week se aankondiging van die nuwe onderwerp te sien, besoek die volgende skakel by Dis Ekke. Onder hierdie kategorie, kyk na die blogposts Lê-Jou-Eier: Reëls (2017-08-22) en Lê-Jou-Eier: Hoe neem ek deel? (2017-08-22).


27 responses to “Skryf-Safarie: Blogland – hoekom blog ek.”

  1. HesterLeyNel Avatar

    Ek het ook ‘n paar sekondes lank by Litnet geblog (vir Tina daar ontmoet) en toe met groot spoed padgegee WordPress toe. Ek en jy het mekaar ontmoet deur middel van Trompie en Genis se geselsery. Ek het later moeg geword vir Genis wat net nie wou maer bly nie en wat elke keer sy pa opgesteek het om vir my te knor … haha, nee, die waarheid is, Genis was net ‘n Engelse blog en ek wou in Afrikaans ook skryf. Gelukkig het ek en jy darem ons bande behou toe ek weggedwaal het en my huidige blog begin het.

    Like

    1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

      Ja jong, daardie Litnet het my ook gladnie aangestaan nie. Trompie was/is ook maar n Engelse hond. Hy is mos hier gebore! My Engelse volgers het hom baie geniet. Ek is ook bly ons vriendskap het jou veranderinge oorleef. Ek geniet dit om by jou te kuier.

      Liked by 1 person

      1. HesterLeyNel Avatar

        Dankie, selfde van hierdie kant af!

        Liked by 1 person

  2. Aletta - nowathome Avatar

    Ek geniet altyd jou blogs!!

    Like

    1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

      Baie Dankie, jy is ook een van my eerste vriende wat ek hier leer ken het.

      Liked by 1 person

  3. seegogga Avatar

    geniet altyd jou skrywes

    Like

    1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

      Baie dankie eks bly jy geniet dit!

      Liked by 1 person

  4. Abrie Joubert Avatar

    Inneke ek is baie bly oor my NZ konneksie en ek het jou uitdagings ook geniet en aan paar deelgeneem.

    Like

    1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

      Dankie, ek is netso bevoorreg om jou te leer ken al is dit oor die lug.

      Liked by 1 person

  5. Kameel Avatar
    Kameel

    Ek is natuurlik baie bly ek het vir Scrapy leer ken. Spog tot by my kinders van my vriendin in die poskaart. Hulle dink ons gesels op Fb 😊

    Like

    1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

      Ja, so het elkeen sy geheimpies. Jy is een van my “ou” vriendinne en die vriendskap blom nog steed . Dankie dat jy jy is.

      Liked by 1 person

  6. sonell Avatar

    So bly jy is hier.

    Like

    1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

      Dankie Sonell ek geniet jou ook baie.

      Liked by 1 person

  7. Tannie Frannie Avatar

    Dis altyd lekker om met jou te gesels!

    Like

    1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

      Dankie Frannie selfde hierdie kant,

      Liked by 1 person

  8. coetzee2014 Avatar

    Lekker hier!

    Like

    1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

      Dankie, joune is ook heerlik om te lees.

      Like

  9. Lewies Mymer Avatar

    Altyd lekker om jou skryfsels te lees.

    Liked by 1 person

  10. perdebytjie Avatar

    Die LitNetdae was soms rof. Ek het lank daar vasgebyt…Tina was my grootste motiveerder. Toe ons uiteindelik outomaties oorgeskuif is na WordPress, het ek ook al hierdie lieflike nuwe mense ontmoet en vir jou ook.

    Liked by 1 person

    1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

      Ek het gesien die Litnet storie was maar woes en ek hou mos nie van gevegte nie. Ek het nie besef jul is outomaties oorgeskuif WordPress toe nie. Interessant. Eks ook bly ek het jou raakgeloop.

      Liked by 1 person

      1. Abrie Joubert Avatar

        Ek sou nooit by Litnet begin blog het nie, bloot omdat ek myself nie literer genoeg geag het nie

        Like

        1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

          Ek het beslis ook geen aanklank by hul gevind nie. Was net bo my vuurmaak plek.

          Liked by 1 person

  11. travel460 Avatar

    Dis so lekker om te lees hoe almal hier uitgekom het, Scrapy. Weet maar, jou skryfsels maak my hart warm, veral op dae wat my binnekant ‘koud kry.’

    Like

    1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

      Dankie Una, eks nly ek kan jou n bietjie opbeur in daardie koue binnekamer. Weet net dat ek n bietjie verstaan hoe jy voel. Jy is nie alleen nie. Dis ook baie moeilik, amper menslik onmootlik, om vrede te maak met alles. Tog bring dit n bietjie verligting vir n tydperk totdat daardie “inner critic” weer hard klop om binne te kom.

      Like

  12. amandacl Avatar

    Goed jy het vasgebyt en uiteindelik by die lekker en opbouende aspekte van blog uitgekom.

    Like

    1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

      Ek het van die begin af geniet om WordPress te gebruik, veral nadat ek gesukkel het om by Litnet in te kom.

      Liked by 1 person

Leave a comment

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.