Hierdie bloguitdaging is aanvaar deur 14 Afrikaanse bloggers wat ‘n virtuele toer deur Suid-Afrika onderneem. Die gasblogger van die week moet op ‘n Donderdag, op die datum wat toegewys is, ‘n blog publiseer oor hulle tuisdorp/streek, asook ‘n fiktiewe weergawe van die ander 13 bloggers se kuier by sy/haar tuisdorp.
Klik op hierdie skakel Lys van Deelnemers om die lys van deelnemende gasbloggers te sien, asook die datums waarop hulle blogposse gepubliseer gaan word.
Die 13 kuiergasbloggers vir die week (en hul lesers) kan dan vir die res van die week ook blogposse bylas waarin hulle beskryf hoe hulle die kuier geniet het, of hulle kan ‘n blog skryf oor die streek waarin die gasblogger van die week die kuiergaste onthaal het – vertel van ‘n eie ondervinding in daardie provinsie/streek/dorp, deel herinneringe of plaas foto’s wat daar geneem is. Enige lekker storie sal doen solank dit in die gasblogger se streek/provinsie afspeel. Kuiergasbloggers en hulle lesers moet asseblief ook hulle skakels byvoeg op InLinkz sodat ons almal kan saamlees.
Om jou blogpos by te voeg of om die ander bloggers te lees, klik op die volgende: http://www.inlinkz.com/new/view.php?id=797928
Limpopo se naam het sommer driekeer verander voordat dit uiteindelik Limpopo gebly het. Transvaal, Noordelike Provinsie en laaste Limpopo. Die Limpoporivier is die boonste(mees noordelike)grens van Suid Afrika. Daarna kom die verandering van al die lekker boere, of Afrikaanse, name wat die dorpe gehad het.
Ons besoek die volgende dorpe:
Bela Bela, Modimolle, Mokghopong, Mokopane, Polokwane, Tsaneen, Modjadjikloof en Magoebaskloof. Jy kan solank op jou kaart kyk waar elkeen is.
GOODBYE TSWANE, HELLO LIMPOPO
Die dag na ons verwelkomingspartytjie vir Theo, het ek wat Scrapy is die dertien Towerinne redelik vroeg opgewek. Hul het bietjie gemurmireer maar ek het my doof gehou.
“As jy nie tien uur in die bus is nie, bly jy in Pretoria. Onthou ons kom nie hierlangs terug om jou op te laai nie!”
Elkeen moes gemaklik aantrek. Ons gaan bietjie rond beweeg en stilletos moet maar in die groot tas gepak word vir vandag. Elkeen moes ook hul swemklere en ‘n handdoek uit hou. Swem, gaan ons beslis swem.
Voordat ons kon wegtrek moes ek eers gou KAMEEL, SEEGOGGA en POSETIEF gaan soek. Gelukkig kon ek met my half dowe ore in die verte ‘n gesingery hoor:
’My Sarie Marais is sooo ver van my hart…’ Daar sit die drietjies rustig op ‘n bankie, hou mekaar se hande en sing. Hul kon nie die regte paadjie na die bus kry nie!
Almal in die bus val sommer ook weer weg met ‘n gesingery. Toorts se keel wou nog protesteer maar dit het niks gehelp nie.
Lorenzo, skud net sy kop en sit die bus in rat. Daar trek almal weg met:”Omie trap die petrol dat ons vinniger kan ry.”
Ons ry met die N1 oppad na Bela Bela(borrel, borrel). By Pienaarsrivier draai ons af want ek wil die Towerinne laat voel hoe dit voel om op die “Ou” Warmbad pad te ry. Warmbad kry sy naam van al die warm bronne wat daar in die omgewing is.
Ons draai regs af en stop gou by die Wimpie. Van daar af sal ons die pad Modimolle toe vat.
“Towerinne ons gaan nou eers n bietjie rustig verkeer in een van die gewilde warm baddens.” Die natuurlike warm bron is so warm dat dit afgekoel moet word voordat mense daarin kan swem.Die water is ook helend omdat daar baie swael in is. Die keuse lê by elke Towerin of sy privaat(sonder klere)wil borrelbad, en of sy in ‘n warm swembad met baaibroeke aan wil swem.
Almal lê heerlik in sonstoele met elk n kelkie van een of ander gekleurde mengsel. Na die warm water swemmery was almal heel op hul gemak.
Ek wou nog dat ons n draai by die Thaba Kwena krokkodilplaas maak, maar hul was ongelukkig gesluit omdat daar eers krokodille getel moes word. Iemand het die aand ‘n klomp gesteel. Hul het meer as 10,000 krokodille daar.
Die volgende skof word heel gemoedelik aangepak. Steeds op die ou Pretoria-Pietersburg pad. Die bus sukkel om die steilte uit ry. Ampertjies maak ons dit nie. Bo gekom, kyk ons uit oor die Springbokvlakte wat strek van Warmbad tot wie weet waar, verby Modidmolle(die geeste het geëet)tot Mokopane. Ek dink dit moes ‘n asemrowende gesig gewees het vir die eerste trekkers om duisend springbokke hier te sien wei. Vandag is daar nie meer ‘n enkele Springbok in die omgewing nie. https://en.wikipedia.org/wiki/Springbok_Flats
Nylstroom kry sy naam van die die eerste trekkers wat weggetrek het van die Britse druk af. Die rivier wat hul bereik het was geweldig breed. Daar is ook ‘n kop(Tafelkop) wat soos n piramide lyk,wat die trekkers laat besluit hul is nou in Egipte en dit was die Nylrivier wat voor hul lê. Vandag loop die rivier net as dit regtig BAIE reën, wat min gebeur. Die Nylrivier loop wel steeds ondergronds wat in n mate n seën vir boere is.
Nylstroom, is n plattelandes dorp wat ontwikkel het agv handeldryf tussen boere en natuurlike inwoners.
J G Strydom(Hans) was n welbekende wat in Nylstroom gebly het. Hy was die vyfde Eerste minister van Suid Afrika, ook bekend as die Leeu van die Noorde.
Die Towerinne begin rusteloos raak. Hul is honger! Nog so kwartiertjie dan stop ons vir middagete. Hang net bietjie aan!
Ons ry tussen druiwe boorde wat onder nette is. Dis ‘n goeie streek vir druiwe, asook sagte vrugte.
Die ry is verder baie hobbelrig met al die slaggate en nou teerpad. Gelukkig is die bus se wiele versterk om die gate te oorleef. Dit voel kompleet of ons besig is met ‘n oefenprogram in die gym. TROMMELTJIE en VIRGOC doen voor: Een boud op, ander boud af. Stamp kop teen die dak, val oor linkerkant toe dan weer regterkant. Tussen in hou ons ritme met al die FAK liedjies.
Ons draai af by die welbekende Euphoria golfpark. Ons moet almal op, met die sweefspoor tot bo-op die Waterberge. Daar gaan ons EET mense!
Van bo af kyk ons uit oor Nylsvlei en nog n stuk van die Springbokvlakte. Ek het spesiaal vir die ouens wat sterk van hart is gereël dat hul kan sweef-vlieg, na die Nylsvlei natuuroord. Hier was PERDEBYTJIE natuurlik voor met haar kamera. Sy kon nie wag om sommer van die voëls ook af te neem waarvoor Nylsvlei so bekend is nie. DIS EKKE wou soos ‘n Arend rondsweef om almal dop te hou.
Nadat ons weggelê het aan die heerlike reënboog broodjies, versnappering, slaaie en tonne vars vrugte, kan n paar Towerinne rustig ontspan en na die natuur om hul luister, met n drinkgoedjie in die hand, terwyl die res gaan sweef het.
Twee uur spring ons almal weer in die bus. Mookgopong (Naboomspruit)- die dorp is begin op die plaas Visgat(1907) Die dorpie ontwikkel om die stasie na die ontdekking van Tin en fluorspar. Dit word steeds in n klein hoeveelheid gemyn en herontgin uit die ou mynhope.
Die Naboom(Euphorbia ingens) is n bekende gesig in die omgewing.
Ons stop by “Ralie se Waenhuis en gallery”. BONDELSGEDAGTES wil sommer eerste uitspring om te gaan kyk want Ralie is ‘n skilder en antieke versamelaar. Sy het die ou huisie gerestoreer en as haar werkplek ingerig. Haar eie skilderye hang teen die mure. BALIDROME hou vas! Daar is ou historiese artikels en meubels wat uitgestal word.Die kamers is ook gemeubileer met ou katels en laslappiekomberse, waskom in die badkamer.
Eintlik stop ons hier vir die waenhuis. In die waenhuis verwerk Ralie laventel wat sy self plant, oes en dan verwerk in allerhande lekkerruik sakkies, sepies, blaartjies en olietjies. Sy het ‘n distileerder waarmee sy haar eie olie van die laventelblomme en blare onttrek. Dit ruik baie lekker hier. In 2006 het Passella, die TV program, ‘n opname hier gemaak. Ek was die demonstreerder wat n groepie”tannies” moes wys hoe om laventel reukstokkies te vleg terwyl dit op geneem word vir die program.
Elke Towerin is daar weg met n sakkie of sepie of twee.BALIDROME en SEEGOGGA het elk twee skilderytjies gekoop. Ons ry verder na Mokopane(vernoem na stamhoof Makapan wat daar regeer het)
Potgietersrus is vernoem na Piet Potgieter die Voortrekker leier.Dis eers Vredenburg genoem nadat die eerste trekkers Makapan oorrompel het. Ons stop by Moorddriftmonument net langs die Nylrivier, wat nie sigbaar vloei nie. Hier het Makapan die Voortrekkers vermoor. Kinders is teen die doringboom doodgeslaan. Die ou boomstomp het in die tussentyd vergaan en ‘n nuwe boom groei nou daar. Die monument is ter herinnering aan die vermoordes. Lees maar hier die geskiedenis.
Ons ry my geliefde Potties binne. Die Kapokbome is in volle bloei. Die Flamboom en Rooi Jakkarandas tooi hulself ook in die mooiste rooi blommeprag. Dis hoe ek Potties onthou.
Ons ry na Arend Dieperink museum waar ons spesiaal verwelkom word deur n historikus en Daleen wat in beheer van die museum is. Dis ‘n belewenis uit die boonste rakke om alles te sien. Daar is tot ‘n kopbeen van ‘n vroeëre Aapmens wat in Makapansgrotte opgegrawe is. Nadat ons bietjie rondgekyk het lui Daleen ‘n spesiale etensklok of gong. Die geur van heerlike tuisgebakte brood en heuning hang in die lug. Daar is ook ‘n ander geurtjie wat verby sweef. Almal wonder wat dit kan wees?
Nadat ons gesmul het aan die vars brood word klein glasies uitgedeel.
Daleen sê:”Ons het spesiaal vandag vir julle dames ‘n proeseltjie eie gestookte maroela mampoer!” Die museum is een van die min plekke wat ‘n lisensie het om te mag stook.
Wel, dit was nou ‘n gedoente.Elkeen moet maar haar eie belewenis vertel van die sopie of sopies.
Na die ondervinding het almal besluit dis nou eers tyd om uit te span. Ons ry na my vriendin se gastehui; Kameeldoring gastehuis.
Ongelukkig moet ons kamers deel maar ek glo nie dit sal ‘n probleem wees na die knêrtsies mampoer nie.Die helfte die Towerinne besluit om in die swembad af te koel, terwyl die ander in die koelte van die Kameeldoring ontspan.
Sewe uur is ons volgende afspraak in die Wildteelsentrum waar ons gaan braai.
Aha, verrassing:
Oom Bossie van die Bosveld is die gasheer met n regte Transvaalse Bosveld braai. Stywe mieliepap, boerewors gebraai op harde hout kole, krakerige skaap choppies of dalk ook n t-bone steak. Dan die lekkerrrr sous. Gebraaide uie met tamaties wat in ‘n stewige sous omtower word. Daarmee saam kom darem ook broodjies as jy nie pap eet nie. Daar is ook genoeg slaaie. Avokado vorm, komkommer en ook wortelvorms. Drinkgoed is te kus en te keur. Oom Bossie het sy eie ‘dop van Perske sop’ wat hy uitdeel om te proe.
Almal sit om die kampvuur en luister na die Bosveldgeluide. ‘n Jakkals wat roep, ‘n ent verder antwoord sy maat. Die hyenas raak bietjie rusteloos en lag hier in hul mou vir hierdie klomp vreemde wesens wat saam met hulle giggel. Koning leeu gee ‘n ‘oemphf’ of twee en raak dan stil.
Oom Bossie sit n pruimpie twak in sy kies en begin vertel. Hoe later hoe kwater. Die Towerinne raak nou heel versigtig en bly oor hul skouers loer want hier word nou van geeste gepraat.
“Makapan was gladnie gelukkig om in die grotte vasgekeer te wees nie.(so verduidelik oom Bossie)Die Voortrekkers veg terug en Makapan word doodgeskiet. Piet Potgieter word ook gedood. Nou is die twee leiers met sekere tye in Oktober heel opgewerk met mekaar. Hul kom na die Wildteelsentrum om wraak te neem.”
‘n Wolkie trek voor die volmaan verby en gooi ‘n lang skaduwee.
Oom Bossie vryf sy baard:”Dames, ek laat die res van die storie aan julle oor. Ek gaan nou inkruip,”en spoeg sy pruimpie met n boog in die kole.
‘n Geskarrel van ‘n ander wêreld. Al die Towerinne wil gelyk in die bus klim. Lorenzo keer net om orde te kry. Toe alger in die bus is trap hy die lepel diep in, reguit gastehuis toe.
Na ‘n stywe ontbyt vertrek ons na Polokwane(plek van veiligheid). Pietersburg is vir my net ‘n dorp om deur te ry oppad Beitbrug toe of na Magoebaskloof waarheen ons nou oppad is. LEKKERVURIG kan meer van Pietersburg vertel.
Die Kersiebome en Asalias is in volle bloei op die oomblik.Half noordoos buite Pieteresburg is Moria waar elke Paasnaweek duisende busse met duisende Sioniste van heinde en verre hierheen kom om te aanbid.Dan ry ons verby teeplantasies,digte natuurlike woude aan beide kante van die pad soos ons Magoebaskloof op ry na die Kersieplaas.Die Towerinne ‘ooo’ en ‘aaaa’,so mooi is die bloeisels. Ons drink ‘n koppie tee/koffie of n vrugtesappie.
https://www.sa-venues.com/events/limpopo/magoebaskloof-spring-festival/
Debengeni Waterfall https://www.tripadvisor.co.nz/Attraction_Review-g469386-d6692239-Reviews-Debengeni_Waterfall-Tzaneen_Limpopo_Province.html?m=19905
Ons ry verder tot by die Debegeni waterval waar die piekniekmandjies uitgepak word en almal hul voete in die heerlike koel water afkoel want dis warm hier, gaan al amper vir 30C. TOORTSIE en WOESTYNKIND besluit om teen die kant van die diep poel onder die waterval te klim.Ons is gewaarsku om versigtig te wees. Dis nat en glibberig maar nou ja, hoe gemaak as sommige dames beter weet. O genade,daar het ons dit! Woestynkind se voet gly onder haar uit en sy kom ‘sit-sit so’ na onder. Pardoems, in die diep poel. Toorts gil en spring agterna om te help. Die medereisigers het gelukkig ingespring en ‘n menslike ketting gevorm om die twee uit te trek. Sopnat en bedremmeld sit al die nattes eers in die son om droog te word.
Mandjies word ingepak en ons ry Tsaneen toe en terug deur Modjadjikloof(Duiwelskloof) Pietersburg toe.
Rondomtalie sit gereed om ons te ontvang in haar geliefde afree-oord. Sy het die eetsaal laat optooi om ons ‘n laat middagete aan te bied saam met haar en die hele oord.Dis n gebabbel en ‘n gekêkkel van die eerste water.Rondomtalie kannie mooi sien nie maar haar ore wikkel na alle kante om te hoor wat almal vertel.
Die Towerinne lewer ‘n afskeidslied aan al die bewoners.
Na die heerlike middagete vertrek ons Dullstroom toe om PERDEBYTJIE se omgewing te gaan beleef.