Safaribus

Hierdie bloguitdaging is aanvaar deur 14 Afrikaanse bloggers wat ‘n virtuele toer deur Suid-Afrika onderneem. Die gasblogger van die week moet op ‘n Donderdag, op die datum wat toegewys is, ‘n blog publiseer oor hulle tuisdorp/streek, asook ‘n fiktiewe weergawe van die ander 13 bloggers se kuier by sy/haar tuisdorp.
Klik op hierdie skakel Lys van Deelnemers om die lys van deelnemende gasbloggers te sien, asook die datums waarop hulle blogposse gepubliseer gaan word.
Die 13 kuiergasbloggers vir die week (en hul lesers) kan dan vir die res van die week ook blogposse bylas waarin hulle beskryf hoe hulle die kuier geniet het, of hulle kan ‘n blog skryf oor die streek waarin die gasblogger van die week die kuiergaste onthaal het – vertel van ‘n eie ondervinding in daardie provinsie/streek/dorp, deel herinneringe of plaas foto’s wat daar geneem is. Enige lekker storie sal doen solank dit in die gasblogger se streek/provinsie afspeel. Kuiergasbloggers en hulle lesers moet asseblief ook hulle skakels byvoeg op InLinkz sodat ons almal kan saamlees.
Om jou blogpos by te voeg of om die ander bloggers te lees, klik op die volgende: http://www.inlinkz.com/new/view.php?id=797928

 

 

Limpopo se naam het sommer driekeer verander voordat dit uiteindelik Limpopo gebly het. Transvaal, Noordelike Provinsie en laaste Limpopo. Die Limpoporivier is die boonste(mees noordelike)grens van Suid Afrika. Daarna kom die verandering van al die lekker boere, of Afrikaanse, name wat die dorpe gehad het.

Ons besoek die volgende dorpe:

Bela Bela, Modimolle, Mokghopong, Mokopane, Polokwane, Tsaneen, Modjadjikloof en Magoebaskloof.  Jy kan solank op jou kaart kyk waar elkeen is.

GOODBYE TSWANE, HELLO LIMPOPO

Die dag na ons verwelkomingspartytjie vir Theo, het ek wat Scrapy is die dertien Towerinne redelik vroeg opgewek. Hul het bietjie gemurmireer maar ek het my doof gehou.

“As jy nie tien uur in die bus is nie, bly jy in Pretoria. Onthou ons kom nie hierlangs terug om jou op te laai nie!”

Elkeen moes gemaklik aantrek. Ons gaan bietjie rond beweeg en stilletos moet maar in die groot tas gepak word vir vandag. Elkeen moes ook hul swemklere en ‘n handdoek uit hou. Swem, gaan ons beslis swem.

Voordat ons kon wegtrek moes ek eers gou KAMEEL, SEEGOGGA en POSETIEF gaan soek.  Gelukkig kon ek met my half dowe ore in die verte ‘n gesingery hoor:

’My Sarie Marais is sooo ver van my hart…’ Daar sit die drietjies rustig op ‘n bankie, hou mekaar se hande en sing. Hul kon nie die regte paadjie na die bus kry nie!

Almal in die bus val sommer ook weer weg met ‘n gesingery. Toorts se keel wou nog protesteer maar dit het niks gehelp nie.

Lorenzo, skud net sy kop en sit die bus in rat. Daar trek almal weg met:”Omie trap die petrol dat ons vinniger kan ry.”

Ons ry met die N1 oppad na Bela Bela(borrel, borrel). By Pienaarsrivier draai ons af want ek wil die Towerinne laat voel hoe dit voel om op die “Ou” Warmbad pad te ry. Warmbad kry sy naam van al die warm bronne wat daar in die omgewing is.

Ons draai regs af en stop gou by die Wimpie. Van daar af sal ons die pad Modimolle toe vat.

“Towerinne ons gaan nou eers n bietjie rustig verkeer in een van die gewilde warm baddens.” Die natuurlike warm bron is so warm dat dit afgekoel moet word voordat mense daarin kan swem.Die water is ook helend omdat daar baie swael in is. Die keuse lê by elke Towerin of sy privaat(sonder klere)wil borrelbad, en of sy in ‘n warm swembad met baaibroeke aan wil swem.

Almal lê heerlik in sonstoele met elk n kelkie van een of ander gekleurde mengsel. Na die warm water swemmery was almal heel op hul gemak.

Ek wou nog dat ons n draai by die Thaba Kwena krokkodilplaas maak, maar hul was ongelukkig gesluit omdat daar eers krokodille getel moes word. Iemand het die aand ‘n klomp gesteel. Hul het meer as 10,000 krokodille daar.

Die volgende skof word heel gemoedelik aangepak. Steeds op die ou Pretoria-Pietersburg pad. Die bus sukkel om die steilte uit ry. Ampertjies maak ons dit nie. Bo gekom, kyk ons uit oor die Springbokvlakte wat strek van Warmbad tot wie weet waar, verby Modidmolle(die geeste het geëet)tot Mokopane. Ek dink dit moes ‘n asemrowende gesig gewees het vir die eerste trekkers om duisend springbokke hier te sien wei. Vandag is daar nie meer ‘n enkele Springbok in die omgewing nie. https://en.wikipedia.org/wiki/Springbok_Flats

Nylstroom kry sy naam van die die eerste trekkers wat  weggetrek het van die Britse druk af. Die rivier wat hul bereik het was geweldig breed. Daar is ook ‘n kop(Tafelkop) wat soos n piramide lyk,wat die trekkers laat besluit hul is nou in Egipte en dit was die Nylrivier wat voor hul lê. Vandag loop die rivier net as dit regtig BAIE reën, wat min gebeur. Die Nylrivier loop wel steeds ondergronds wat in n mate n seën vir boere is.

Nylstroom, is n plattelandes dorp wat ontwikkel het agv handeldryf tussen boere en natuurlike inwoners.

J G Strydom(Hans) was n welbekende wat in Nylstroom gebly het. Hy was die vyfde Eerste minister van Suid Afrika, ook bekend as die Leeu van die Noorde.

Die Towerinne begin rusteloos raak. Hul is honger! Nog so kwartiertjie dan stop ons vir middagete. Hang net bietjie aan!

Ons ry tussen druiwe boorde wat onder nette is. Dis ‘n goeie streek vir druiwe, asook sagte vrugte.

Die ry is verder baie hobbelrig met al die slaggate en nou teerpad. Gelukkig is die bus se wiele versterk om die gate te oorleef. Dit voel kompleet of ons besig is met ‘n oefenprogram in die gym. TROMMELTJIE en VIRGOC doen voor:  Een boud op, ander boud af. Stamp kop teen die dak, val oor linkerkant toe dan weer regterkant. Tussen in hou ons ritme met al die FAK liedjies.

Image result for drawings of elderly doing exercises

Ons draai af by die welbekende Euphoria golfpark. Ons moet almal op, met die sweefspoor tot bo-op die Waterberge. Daar gaan ons EET mense!

Van bo af kyk ons uit oor Nylsvlei en nog n stuk van die Springbokvlakte. Ek het spesiaal vir die ouens wat sterk van hart is gereël dat hul kan sweef-vlieg, na die Nylsvlei natuuroord. Hier was PERDEBYTJIE natuurlik voor met haar kamera. Sy kon nie wag om sommer van die voëls ook af te neem waarvoor Nylsvlei so bekend is nie. DIS EKKE  wou soos ‘n Arend rondsweef om almal dop te hou.

100_4407
Uitsig oor Nylsvlei en Springdokvlakte

Nadat ons weggelê het aan die heerlike reënboog broodjies, versnappering, slaaie en tonne vars vrugte, kan n paar Towerinne rustig ontspan en na die natuur om hul luister, met n drinkgoedjie in die hand, terwyl die res gaan sweef het.

Twee uur spring ons almal weer in die bus. Mookgopong (Naboomspruit)- die dorp is begin op die plaas Visgat(1907) Die dorpie ontwikkel om die stasie na die ontdekking van Tin en fluorspar. Dit word steeds in n klein hoeveelheid gemyn en herontgin uit die ou mynhope.

Die Naboom(Euphorbia ingens) is n bekende gesig in die omgewing.

Ons stop by “Ralie se Waenhuis en gallery”. BONDELSGEDAGTES wil sommer eerste uitspring om te gaan kyk want Ralie is ‘n skilder en antieke versamelaar. Sy het die ou huisie gerestoreer en as haar werkplek ingerig. Haar eie skilderye hang teen die mure. BALIDROME hou vas! Daar is ou historiese artikels en meubels wat uitgestal word.Die kamers is ook gemeubileer met ou katels en laslappiekomberse, waskom in die badkamer.

Eintlik stop ons hier vir die waenhuis. In die waenhuis verwerk Ralie laventel wat sy self plant, oes en dan verwerk in allerhande lekkerruik sakkies, sepies, blaartjies en olietjies. Sy het ‘n distileerder waarmee sy haar eie olie van die laventelblomme en blare onttrek. Dit ruik baie lekker hier. In 2006 het Passella, die TV program, ‘n opname hier gemaak. Ek was die demonstreerder wat n groepie”tannies” moes wys hoe om laventel reukstokkies te vleg terwyl dit op geneem word vir die program.

Elke Towerin is daar weg met n sakkie of sepie of twee.BALIDROME en SEEGOGGA het elk twee skilderytjies gekoop. Ons ry verder na Mokopane(vernoem na stamhoof Makapan wat daar regeer het)

DSCN3717

Potgietersrus is vernoem na Piet Potgieter die Voortrekker leier.Dis eers Vredenburg genoem nadat die eerste trekkers Makapan oorrompel het. Ons stop by Moorddriftmonument net langs die Nylrivier, wat nie sigbaar  vloei nie. Hier het Makapan die Voortrekkers vermoor. Kinders is teen die doringboom doodgeslaan. Die ou boomstomp het in die tussentyd vergaan en ‘n nuwe boom groei nou daar. Die monument is ter herinnering aan die vermoordes. Lees maar hier die geskiedenis.

Ons ry my geliefde Potties binne. Die Kapokbome is in volle bloei. Die Flamboom en Rooi Jakkarandas tooi hulself ook in die mooiste rooi blommeprag. Dis hoe ek Potties onthou.

Ons ry na Arend Dieperink museum waar ons spesiaal verwelkom word deur n historikus en Daleen wat in beheer van die museum is. Dis ‘n belewenis uit die boonste rakke om alles te sien. Daar is tot ‘n kopbeen van ‘n vroeëre Aapmens wat in Makapansgrotte opgegrawe is. Nadat ons bietjie rondgekyk het lui Daleen ‘n spesiale etensklok of gong. Die geur van heerlike tuisgebakte brood en heuning hang in die lug. Daar is ook ‘n ander geurtjie wat verby sweef. Almal wonder wat dit kan wees?

Nadat ons gesmul het aan die vars brood word klein glasies uitgedeel.

Daleen sê:”Ons het spesiaal vandag vir julle dames ‘n proeseltjie eie gestookte maroela mampoer!” Die museum is een van die min plekke wat ‘n lisensie het om te mag stook.

Wel, dit was nou ‘n gedoente.Elkeen moet maar haar eie belewenis vertel van die sopie of sopies.

Na die ondervinding het almal besluit dis nou eers tyd om uit te span. Ons ry na my vriendin se gastehui; Kameeldoring gastehuis.

Ongelukkig moet ons kamers deel maar ek glo nie dit sal ‘n probleem wees na die knêrtsies mampoer nie.Die helfte die Towerinne besluit om in die swembad af te koel, terwyl die ander in die koelte van die Kameeldoring ontspan.

Sewe uur is ons volgende afspraak in die Wildteelsentrum waar ons gaan braai.

Aha, verrassing:

 

 

Oom Bossie van die Bosveld is die gasheer met n regte Transvaalse Bosveld braai. Stywe mieliepap, boerewors gebraai op harde hout kole, krakerige skaap choppies of dalk ook n t-bone steak. Dan die lekkerrrr sous. Gebraaide uie met tamaties wat in ‘n stewige sous omtower word. Daarmee saam kom darem ook broodjies as jy nie pap eet nie. Daar is ook genoeg slaaie. Avokado vorm, komkommer en ook wortelvorms. Drinkgoed is te kus en te keur. Oom Bossie het sy eie ‘dop van Perske sop’ wat hy uitdeel om te proe.

Almal sit om die kampvuur en luister na die Bosveldgeluide. ‘n Jakkals wat roep, ‘n ent verder antwoord sy maat. Die hyenas raak bietjie rusteloos en lag hier in hul mou vir hierdie klomp vreemde wesens wat saam met hulle giggel. Koning leeu gee ‘n ‘oemphf’ of twee en raak dan stil.

Oom Bossie sit n pruimpie twak in sy kies en begin vertel. Hoe later hoe kwater. Die Towerinne raak nou heel versigtig en bly oor hul skouers loer want hier word nou van geeste gepraat.

Makapan was gladnie gelukkig om in die grotte vasgekeer te wees nie.(so verduidelik oom Bossie)Die Voortrekkers veg terug en Makapan word doodgeskiet. Piet Potgieter word ook gedood. Nou is die twee leiers met sekere tye in Oktober heel opgewerk met mekaar. Hul kom na die Wildteelsentrum om wraak te neem.”

‘n Wolkie trek voor die volmaan verby en gooi ‘n lang skaduwee.

Oom Bossie vryf sy baard:”Dames, ek laat die res van die storie aan julle oor. Ek gaan nou inkruip,”en spoeg sy pruimpie met n boog in die kole.

‘n Geskarrel van ‘n ander wêreld. Al die Towerinne wil gelyk in die bus klim. Lorenzo keer net om orde te kry. Toe alger in die bus is trap hy die lepel diep in, reguit gastehuis toe.

Na ‘n stywe ontbyt vertrek ons na Polokwane(plek van veiligheid). Pietersburg is vir my net ‘n dorp om deur te ry oppad Beitbrug toe of na Magoebaskloof waarheen ons nou oppad is. LEKKERVURIG kan meer van Pietersburg vertel.

Die Kersiebome en Asalias is in volle bloei op die oomblik.Half noordoos buite Pieteresburg is Moria waar elke Paasnaweek duisende busse met duisende Sioniste van heinde en verre hierheen kom om te aanbid.Dan ry ons verby teeplantasies,digte natuurlike woude aan beide kante van die pad soos ons Magoebaskloof op ry na die Kersieplaas.Die Towerinne ‘ooo’ en ‘aaaa’,so mooi is die bloeisels. Ons drink ‘n koppie tee/koffie of n vrugtesappie.

https://www.sa-venues.com/events/limpopo/magoebaskloof-spring-festival/

Debengeni Waterfall    https://www.tripadvisor.co.nz/Attraction_Review-g469386-d6692239-Reviews-Debengeni_Waterfall-Tzaneen_Limpopo_Province.html?m=19905

Ons ry verder tot by die Debegeni waterval waar die piekniekmandjies uitgepak word en almal hul voete in die heerlike koel water afkoel want dis warm hier, gaan al amper vir 30C. TOORTSIE en WOESTYNKIND besluit om teen die kant van die diep poel onder die waterval te klim.Ons is gewaarsku om versigtig te wees. Dis nat en glibberig maar nou ja, hoe gemaak as sommige dames beter weet. O genade,daar het ons dit! Woestynkind se voet gly onder haar uit en sy kom ‘sit-sit so’ na onder. Pardoems, in die diep poel. Toorts gil en spring agterna om te help. Die medereisigers het gelukkig ingespring en ‘n menslike ketting gevorm om die twee uit te trek. Sopnat en bedremmeld sit al die nattes eers in die son om droog te word.

Mandjies word ingepak en ons ry Tsaneen toe en terug deur Modjadjikloof(Duiwelskloof) Pietersburg toe.       

 

Rondomtalie sit gereed om ons te ontvang in haar geliefde afree-oord. Sy het die eetsaal laat optooi om ons ‘n laat middagete aan te bied saam met haar en die hele oord.Dis n gebabbel en ‘n gekêkkel van die eerste water.Rondomtalie kannie mooi sien nie maar haar ore wikkel na alle kante om te hoor wat almal vertel.

Die Towerinne lewer ‘n afskeidslied aan al die bewoners.

Na die heerlike middagete vertrek ons Dullstroom toe om PERDEBYTJIE se omgewing te gaan beleef.

 


157 responses to “Kuier-Safarie: Limpopo hier kom ons”

  1. Abrie Joubert Avatar

    Hierdie was nou entertaining soos die Ingelsman se

    Like

    1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

      Dankie Abrie daar is nog heelwat om te kan vertel.

      Like

  2. rondomtaliedraai Avatar

    Sjoe, ek is skoon uitasem gelees … Dis baie lekker om almal weer te sien. Dankie dat julle my insluit. Ek sal binnekort weer kan saamlees aan al julle skryfsels.

    Liked by 4 people

    1. Kameel Avatar

      Bly jy kon rukkie saam ons toer. Een van die dae is jy weer in volle swang. 😊

      Liked by 2 people

    2. travel460 Avatar

      Dis omtrent lekker om die pienk rosie weer raak te sien!

      Liked by 2 people

    3. scrapydo2.wordpress.com Avatar

      Ons sien uit daarna.

      Like

    4. Abrie Joubert Avatar

      Dink baie aan jou Tina

      Like

      1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

        Dit gaan darem stelselmatig weer beter met haar! As sy weer kan sien sal dit n pluspunt wees vir haar.

        Liked by 1 person

  3. Om in ‘n poskaart te woon – Kameel se gebabbel Avatar

    […] aan Scrapy vir ‘n heerlike toer in die pragtige […]

    Like

  4. trommeltjies Avatar

    Niemand kan mooi onthou nie, so ons kan jou nie skeef aan kyk nie, want ons weet nie so mooi wat ons self aangevang het nie

    Liked by 1 person

  5. Kameel Avatar

    Scrapy ek wou nog vir jou sê as jy op tv verskyn het is jy mos nou ‘n celeb. So ek kan spog met my mede towerin!!! 🙄

    Like

    1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

      Netso! Was n hele gedoente en voorbereiding uit n ander wereld om alles agtermekaar te kry vir die opname.

      Liked by 1 person

  6. lekkervurig Avatar

    Trommeltjies, hou net ons goed veilig toegesluit, as die klomp vir ons terugkry….;)

    Liked by 3 people

  7. trommeltjies Avatar

    Julle het die groot grap gemis, bondelsgedagtes, woordnoot en Hester was lekker benoud toe ek en lekkervurig hul klere gesteel en weg gesteek het, hulle wou mos kies om nakend alleen te gaan week. Daardie gelag wat jy gehoor het Una, was van benoudheid. Pure senuwees giggels. Ons het hulle darem nie lank laat sweet nie, maar dit was die pret werd. Van die omies het hoeka kom loer wat die kabaal veroorsaak.

    Liked by 2 people

    1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

      Het al gewonder wie so guitig besig is om te giggel. Kan my indink dat omies nuuskierig geraak het.

      Liked by 1 person

    2. travel460 Avatar

      Die toer is nog lank, julle twee gaan moet oppas vir daardie drietjies.🙊🙉🙈

      Liked by 1 person

      1. trommeltjies Avatar

        Ek weet maar dit was die moeite werd.

        Liked by 1 person

  8. VirgoC Avatar

    Scrapy, dit was nou wonderlik en het heerlik gekuier. Slaap nou nog met een oog oop na daai oom Bossie se storie…

    Liked by 3 people

    1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

      Bly jy het lekker gekuier. Oom Bossie is darem maar n doring as dit by spookstories kom.

      Like

  9. perdebytjie Avatar

    Ek was so lanklaas in daardie wêreld en dit was nou voorwaar ‘n heerlike toer, Ineke! Die geskiedenisdeel is ook baie interessant. Sjoe , daardie mampoer het my amper op my kop laat staan, hoor!

    Liked by 3 people

  10. Tannie Frannie Avatar

    Dit was nou ‘n baie interessante toer, Scrapy! Was ook lekker om Tina te sien – ek mis haar Vrydag- en Sondagblogs! Dankie vir daardie heerlike Bosveldbraai…

    Liked by 3 people

    1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

      Het haar vertyel julle wil almal haar ontmoet.

      Liked by 1 person

  11. trommeltjies Avatar

    Die mampoer is nie jou maat nie, hy skop erger as ń bok en more drink water en hy maak ń “come back”, geen wonder die koppe is deurmekaar nie. Ons familie hetin Groot Marico gebly en boer met nartjies, hulle stook ook. Sjoe, die stories agv onkunde oor mampoer en hom lig skat is legio. Towerinne ek hoop nie ń botteltjie het in fie groen bus ingrglip nie. Teramisu kan totasl ń nuwe wending neem. Ek dink vele van ons het nie net met die sweefvlieërs gesweef nie. Una onthou jy die episode by die braaiery tor daar ń vas sittery in die toilet was die deur het kwansius geskuif en daar was nie ń handvatsel nie. Ons moes toe te hulp snel. Sal mie name moem nie.
    Dit was nou ń heerlike been van ons toer Scrappy. Lekker om weer bietjie weer daardie deel van ons mooi land te besoek. Die laventelplaas was ń belewenis en my beursie is platter na al die essensiele olie aankope.

    Liked by 2 people

    1. travel460 Avatar

      O ek onthou daardie episode van ons twee maar alte goed, Trommeltjie…

      Liked by 1 person

      1. Kameel Avatar

        Wie was in daardie toilet vasgekeer? Uit daarmee. Na daardie oom se spookstories het ek nie links of regs gekyk nie.

        Liked by 1 person

        1. travel460 Avatar

          Kameel, ek en Trommeltjies kan dit nie waag om oor daardie aand te praat nie. Dis al langer as 12 jaar gelede en my man hou dit steeds teen my. So sorry.

          Liked by 3 people

          1. Kameel Avatar

            Hy moet mos vergewe en vergeet…maar ok dan, ek sal nie karring nie.

            Liked by 1 person

            1. travel460 Avatar

              Vergewe ja, vergeet…🤔😂Sjoe, dankie Kameel. Let bygones be bygones.

              Liked by 2 people

              1. trommeltjies Avatar

                Die mampoer smokkel met Una se onthoue Kameel, ek praat van daar by die bossie van die bosveld kuier, toe ons tweetjies wou gaan draaitjie loop en ń benoude stemmetjie hoor roep het, die lig was af ek in die donker het die towerin bietjie haar rigting verloor en kon nie die deur vind nie. Ons moes toe mooi beduie, so in die donker saam. So met geluide en kloppe op die deur. Uiteindelik is die deur oop en kon ons heerlik saam lag.

                Liked by 2 people

    2. scrapydo2.wordpress.com Avatar

      Onthou dis maroela mampoer wat regtig BAIE sterk is. Die laventel is goed om al die sinusse weer oop te maak.

      Liked by 1 person

  12. lekkervurig Avatar

    Julle, dis nie Fickburg kersies nie, dis bloeisletyd in MAgoebaskloof! Kyk vir die blomme!!

    Like

    1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

      Ha ha, hul het die kersies aan die boom beet(kat aan die stert ha ha)

      Like

      1. lekkervurig Avatar

        🤣🤣🤣

        Like

  13. Kameel Avatar

    Ek wou nog sê dankie dat jy ons na Tina toe gevat het….ek mis haar met dié dat sy nou nie mooi kan sien nie.

    Liked by 2 people

    1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

      Jong sy sal maar net moet opvang as sy weer sien. Sy kan bietjie van haar blyplek vir ons wys.

      Liked by 2 people

      1. travel460 Avatar

        Ek is so bly dat ek uiteindelik vir Tina gaan ontmoet!!!

        Like

        1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

          Het haar gese om bietjie te kom kennis maak. Sy sal more bietjie kyk.

          Like

          1. travel460 Avatar

            Dit sal nou gaaf wees.🤗

            Liked by 1 person

    2. scrapydo2.wordpress.com Avatar

      Ek het haar aangese om bietjie in te loer!

      Liked by 1 person

  14. woordnoot Avatar
    woordnoot

    Is maar goed ons het nie daar gestop nie want waar,o waar,sou ek die bokse kersies waaraan ek verslaaf is,neergesit het!!😨

    Like

    1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

      Ek dink ook daar moet n sleepwa agter aan die bus kom. Alles kan dan netjies daarin gaan, dis nou dit wat nie eetbaar en drinkbaar is nie.

      Liked by 1 person

  15. woordnoot Avatar
    woordnoot

    Ek staan verstom oor die mooi plekke wat ek op hierdie been van die toer leer ken het. EK besef net dat ons so in ons daaglikse lewens vasgevang is dat mens vergeet werklik dat daar BAIE mooi plekke nie baie ver van ons af is nie. Scrapy…dit was ongelooflik. Ek is so bly ek is op die toer. Ek het natuurlik ‘n boks vol lavender goed by Ralie gekoop. Nou is Lorenzo die dinges in vir my want daar is alreeds kaste vol wyn onder die sitplekke, nou moet hy nog die lavender ook iewers inpas…..dalk moet die manne maar ‘n sleepwa hak en ons “bagasie” rondry. Ons los net die wyn onder die seats.

    Liked by 3 people

    1. Kameel Avatar

      Dis wat ek vir Una gesê het ek is bekommerd want ek onthou niks 😣 Vuurvliegie moet niks skryf as ek nonsens aangevang het nie gehoor!!!

      Like

    2. Kameel Avatar

      Dit is net die pragtigste wêreld. Jammer ons het nie by die kersieplaas gestop nie…so mooi daar.
      Jou lavender gaan die bus heerlik laat ruik…so laat Lorenzo maar kwaad wees.

      Like

      1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

        Ons het dan die kersieplaas besoek! Daar was nog net die bloeisels. Nog lank nie kersietyd nie.

        Liked by 2 people

        1. Kameel Avatar

          Liewe land wat makeer my op die deel van die toer? Ek doen die snaakste dinge. Ek dog ons het net daar verby gery. Wag dat ek weer gaan lees.

          Liked by 1 person

          1. woordnoot Avatar
            woordnoot

            Kameel, wat het jy vir my gegee om te drink, want ek kan dit nie onthou nie!!! Whahaaaa…ek wil kersie hê! Kan ons nie maar vir Lorenzo omkoop om terug te draai nie? Ag vy…die bome het nog nie vrugte nie….my bad luck!

            Liked by 3 people

            1. Kameel Avatar

              Hopenlik gaan Vuurvliegie ons kan sê wat ons aangevang het. Niemand kan niks onthou nie…en daarvan hou ek niks!!!

              Liked by 1 person

              1. woordnoot Avatar
                woordnoot

                Eish en Trommels se wyn en Scrapy se doepa en die Franselekker was nie eers naby….dan kan dit net die mampoer wees….eina. My kop bly pyn…

                Liked by 2 people

                1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

                  Dis n mengsel om enige iemand op hul koppe te laat staan. Of te wel om alles te vergeet wat aangaan.

                  Like

          2. VirgoC Avatar

            Sal maar net sê mampoer…..

            Liked by 1 person

            1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

              Ha ha, mampoer is nie vir die liggelowegis nie.

              Like

    3. scrapydo2.wordpress.com Avatar

      Daar is eintlik nog heelwat meer om te kan wys maar ons tyd is bietjie beperk. Hopelik kom ek die naweek sover om nog nklompie fotos te pos. Die wyn kan beslis nie onder ons oë uit gaan nie.

      Liked by 1 person

      1. woordnoot Avatar
        woordnoot

        Ja asb….dis sulke mooi plekke….

        Liked by 2 people

  16. lekkervurig Avatar

    Kameel, Positief en Seegogga en Una was saam met my op ‘n nagtelike avontuur. Mens noem te veel mampoer in ons omstreke uitwissers… ek sal alles weldra vertel. Julle het niks om oor skaam te wees nie, eerder bekommerd….hehehe!

    Liked by 5 people

    1. Kameel Avatar

      Dis wat ek vir Una gesê het ek is bekommerd want ek onthou niks 😣 Vuurvliegie moet niks skryf as ek nonsens aangevang het nie gehoor!!!

      Liked by 1 person

      1. lekkervurig Avatar

        Nee niks nonsens nie. Ek belowe

        Liked by 2 people

    2. scrapydo2.wordpress.com Avatar

      Ek giggel saam met jou. Daardie drietjies was heel uit hul kassies na die avontuur.

      Like

    3. travel460 Avatar

      Dalk moet ek volgende keer as en vlieg die slaappil los en mampoer saamsmokkel. Smaak my dit het presies dieselfde uitwerking…uitwissers.

      Liked by 3 people

      1. lekkervurig Avatar

        Daai hare van die hond die volgende oggend is net bleghhh!

        Liked by 2 people

        1. travel460 Avatar

          ☺☺☺

          Like

          1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

            Stem saam met daardie hond gevoel.

            Like

      2. Kameel Avatar

        Drink maar eerder jou slaappil Una…lyk my mens vang snaakse dinge aan as jy mampoer drink. Netnou laat jy die vliegtuig grond toe tuimel.

        Liked by 3 people

    4. Toortsie Avatar

      Wat ek graag wil weet, hiekom mag net húlle saamgaan?

      Liked by 1 person

      1. lekkervurig Avatar

        Toortsie, in groot groepe is daar altyd voorlopers(singers) en die in die middel. Dan is daar die agterhoeders en afdwalers. Werk dit uit.😉🙃

        Liked by 2 people

        1. Toortsie Avatar

          En jaloerses. 😳

          Like

          1. lekkervurig Avatar

            Jinne suster. Jy doen amper alles. Ontspan. Mampoer is nie goed vir bant nie. Ek weet voorentoe gaan ons op hierdie reis groot marakas saam maak. Geduld, raad van een liggie aan ‘n ander….🔦🕯Towerinne doen nie jaloers nie. 🤗

            Liked by 2 people

            1. Toortsie Avatar

              Ek terg sommer.

              Liked by 1 person

              1. lekkervurig Avatar

                Ek terg net so…😂😂

                Liked by 2 people

            2. Toortsie Avatar

              Ek moet sê, na daai mampoerorgie was ek maar tog te bly om te kon gaan slaap. 😁

              Like

              1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

                Het jy geslaap? Balke gesaag ja, glo nie dit was veel slaap nie.

                Liked by 1 person

                1. Toortsie Avatar

                  Daar kom die waarheid nou uit!

                  Liked by 1 person

          2. scrapydo2.wordpress.com Avatar

            Bestaan nie tussen ons nie!

            Liked by 1 person

      2. trommeltjies Avatar

        Wil ek ook weet😢😢😢

        Liked by 2 people

  17. Kameel Avatar

    Ek het ook die geskiedenis deel geniet…niks daarvan geweet nie. Dis ‘n mooie wêreld daardie. Dankie vir die lekker lees. My lyf is net nog seer van daardie gym sessie in die bus.

    Liked by 3 people

  18. travel460 Avatar

    Scrapy, jy skryf nie veel oor ons warmwaterbron swemmery nie? Die helfde van die groep het kwansuis gekies om alleen te gaan ‘baai’, maar het julle die geskater daar van agteraf gehoor? Ek moes toe nou maar gaan kyk wat aangaan…🙊🙉🙈

    Liked by 3 people

  19. travel460 Avatar

    Mag ek vra, hoekom het Kameel, Seegogga en Positief op ń bankie gesit en Sarie Marais sing? Wat het hulle die vorige aand aangevang dat hulle die pad byster geraak het…of dan liewer, nie die pad bus toe kon vind nie? En hoekom was ek nie saam nie? Hierdie klink net nie vir my regverdig nie! Moes ek dan ewe in my kamer bly en hulle rinkink…?😬

    Liked by 1 person

    1. Kameel Avatar

      Ek het ook nie ‘n idee hoekom ek sit en sing nie….SING ekke hardop!!! Iets moes drasties met my verkeerd gegaan het…maar WAT? 🤔

      Like

      1. travel460 Avatar

        Wonder ek ook, Kameel. Dis omdat julle my nie saamgenooi het dat ek en jy nou nie weet nie.

        Like

        1. Kameel Avatar

          Hopenlik kan die ander twee onthou wat ons aangevang het….en hoekom jy nie saam was nie. Ek is bietjie bekommerd 😓

          Liked by 1 person

          1. travel460 Avatar

            Ons wag so ñ rukkie, dalk kom iemand met die storie uit.

            Liked by 1 person

      2. trommeltjies Avatar

        Nogal geharmoniseer ook, nou ontdek ons verskuilde tzlente

        Liked by 1 person

        1. Kameel Avatar

          Neeeee trommeltjies, vra my kinders of ek kan sing en hou hulle gesigte dop….dan praat ek nie eers van hulle woorde nie.

          Liked by 1 person

          1. trommeltjies Avatar

            Dan doen die mampoer snaakse dinge aan jou

            Liked by 2 people

    2. Kameel Avatar

      Weet jy wat laat my kopkrap? Dat ek laasnag gedroom het ek kannie die bus vind waarmee ek moet ry waar al die bekende mense in is nie…dit word later donker en ek is verlore. Nou lees ek vanoggend van die bus wat ons nie kon vind nie. 😯

      Liked by 1 person

      1. travel460 Avatar

        Lekkervurig sê sy gaan skryf oor die middernagtelike avontuur waarop ons was… So nou gaan ons maar moet wag dat sy vertel.

        Liked by 1 person

        1. Kameel Avatar

          Sy sê darem ek het my nie sleg gedra nie 😎

          Liked by 2 people

          1. travel460 Avatar

            En ek? Sy sê niks van my nie, en dis gewoonlik ñ slegte teken…

            Liked by 1 person

            1. Kameel Avatar

              Ek was nie eers “by” om ‘n oog oor jou te hou nie. Wat as daar weer ‘n witblou hond was???? Nee, nee niks meer mampoer vir my nie.

              Liked by 2 people

              1. travel460 Avatar

                Nee man, ek het dan so ewe veilig in my bed wakker geword, so jy het my baie mooi opgepas. En niemand het ons skeef aangekyk op die bus nie, so wat ons ook al aangevang het, dit was darem nie tronksake nie. Of wel, ek hoop nie so nie.

                Liked by 1 person

                1. trommeltjies Avatar

                  Niemand kan mooi onthou nie, so ons kan jou nie skeef aan kyk nie, want ons weet nie so mooi wat ons self aangevang het nie

                  Liked by 1 person

      2. scrapydo2.wordpress.com Avatar

        Nou raak ek weer bekommerd. Jy is lyk my n siener!

        Like

  20. coetzee2014 Avatar

    Scrapy, jy het die dames, ja, vadag kan mens hulle dames noem, baie goed beheer, klink nie of een Tenspyte van die warm water. Veels geluk!

    Liked by 1 person

    1. Toortsie Avatar

      Coetzee, skaam julle manne julle vir ons?

      Like

    2. Kameel Avatar

      Ek is bly jy is trots op ons…vir die oomblik. Laat die dames eers hulle stories begin vertel….😄

      Liked by 1 person

    3. scrapydo2.wordpress.com Avatar

      Jong sodra die ouens by die nattigheid uitkom is dit of hulle hulself vergeet. Ons sal maar bietjie hoor wat hul onderlangs uitgevoer het.

      Liked by 1 person

  21. Toortsie Avatar

    Jou toer is tog te lekker.

    Like

    1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

      Ha ha, dankie. Jou padkos is ook heerlik.

      Liked by 1 person

  22. Toortsie Avatar

    Ek is jammer om te sê, maar Toortsie was duidelik gesuip, gedrug, ge-iets, want weet jy hie bang is Toortsie vir water?😱

    Liked by 2 people

    1. Toortsie Avatar

      Dit moet die mampoer wees!

      Like

      1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

        WAt het jy in jou padkos gesit wat gebots het met jou denke! Dan spring jy nog in om n lewe te red ook! Tsk, Toorts jy moet versigtig jong.

        Liked by 2 people

    2. scrapydo2.wordpress.com Avatar

      Maar jou wou tog toets of jy daardie glibberige klippe kan uitklouter. Park run maak mens lyk my moedeger as gewoonlik(eintlik sopie in die park)

      Liked by 2 people

      1. Toortsie Avatar

        😱😱😱

        Like

      2. Toortsie Avatar

        Dis die mampoer!

        Like

    3. travel460 Avatar

      Dit was die mampoer, Toorts. Onthou jy nie, jy en Trommeltjies het het mekaar uitgedaag, watter Kapenaar het die meeste uithouvermoë… Jy het gewen.

      Liked by 2 people

      1. Toortsie Avatar

        Dankie! Verlig is ek nou! Ek was net bang dat my kop uitgehaak het! Oor die wen gee ek nie om nie, die pret wel.

        Like

        1. Toortsie Avatar

          As julke ander nie kom help het nie, weet ek nie wat sou gebeur het nie!

          Like

      2. trommeltjies Avatar

        Dis Woestynkind en Toortsie wat rotse uitgeklouter het. Ek was onskuldig, nie hierdie keer geval nie. Darem nie. Ai, die mampoer😢

        Liked by 1 person

    4. Kameel Avatar

      Ek het ook gewonder wat de swernoot doen Toorts om daar op te klim 😁😁😁😁 moet daardie mampoer wees. Dink ek het ook iets ingehad om te sit en sing 😁😁😁

      Liked by 2 people

      1. Toortsie Avatar

        Heeltemal teen my natuur, Kameel! Heeltemal! My mond is groot, maar ek is maar ‘n bang enetjie!

        Liked by 1 person

      2. Toortsie Avatar

        Daai mampoer was gedokter, ek sê jou.

        Liked by 1 person

        1. Kameel Avatar

          Iets het drasties verkeerd gegaan….die waterliefhebber sing….en die sangeres swem (of verdrink amper)

          Liked by 1 person

          1. Toortsie Avatar

            Almal het vreemd opgetree.

            Like

            1. Kameel Avatar

              Dink jy dis die spoke?

              Liked by 1 person

              1. Toortsie Avatar

                Nee nee, die mampoer was net kwaai!

                Liked by 1 person

        2. Tannie Frannie Avatar

          Mampoer is mampoer sonder enige gedokter…

          Liked by 1 person

          1. Toortsie Avatar

            Mampoer en mampoer en mampoer! Mampoer!
            Mampoer en mampoer en mampoer!
            Dis die Maties wat jonk is en drink tot hul dronk is
            Van die lekker ou Matie Mampoer!

            Maar ek wonder oor die Transvaalse mampoer???

            Liked by 3 people

            1. Tannie Frannie Avatar

              Waaat? Is daar tog nie mampoer op Maties nie?? Ek dag dis ‘n tipies Transvaalse drankie!

              Like

              1. Toortsie Avatar

                Ons noem die Witblits. Dit is mos maar dieselfde ding, of hoe?

                Liked by 2 people

                1. Tannie Frannie Avatar

                  Heheheh – moes nou eers gaan googleloer: Mampoer word van vrugte soos perskes en ook veldvrugte gestook, terwyl witblits tuisgestookte brandewyn is, d.w.s. slegs druiwe word gebruik.

                  Like

                  1. Toortsie Avatar

                    Hul maak witblits hier ook maar van perskes. Dus maar dueselfde ding, dink ek. Alkohol wat gestook word uit vrugte. 😊

                    Liked by 2 people

                  2. scrapydo2.wordpress.com Avatar

                    Veral die velvrugte maak sterk mampoer. Maroela en dan stamvrugte is ideaal.

                    Liked by 1 person

              2. scrapydo2.wordpress.com Avatar

                Dit is Tvl sn Kaap sn is witblits maar ek dink Tvl se mampeor is dalk n bietjie sterker as dit by die natuurlik vrugte soos die maroela kom. Maroelas word nie aangeplant nie. Dis die natuurlike bome wat gebruik word om die maroelas op te tel. Het nooit werklik van die vrugte se geur gehou nie, was heeltemaal te wild. Kinders was mal oor die vrugte.

                Liked by 1 person

            2. scrapydo2.wordpress.com Avatar

              Dis maroela onthou! Maroela gis baie lekker.

              Liked by 1 person

              1. Toortsie Avatar

                Ek wou sê, iets was regtig anders.

                Liked by 2 people

  23. HesterLeyNel Avatar

    Dit was ‘n heerlike ontspanne kuier – veral nadat ek ook geforseer is om mampoer te drink. Dames! Julle doen dit nie weer aan my nie. Scrapy, ek het dit geniet om die geskiedenis en die betekenis van die dorpies se name te leer ken. Dis ‘n pragtige omgewing.

    Like

    1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

      Dit is beslis n mooi omgewing(alhoewel dit nie meer so lyk met al die droogte nie) Mampoer is maar iets wat almal moet probeer. Veral daardie perske sop van Oom Bossie skop n mens vol in die lyf!

      Liked by 1 person

    2. Kameel Avatar

      Het jy die geswewery soos ‘n arend geniet sodat jy ‘n oog oor ons kon hou?

      Liked by 1 person

      1. HesterLeyNel Avatar

        Ek ly so ‘n bietjie aan hoogtevrees …

        Liked by 1 person

        1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

          Dis hoekom jy gesweef het. dit gee die gevoel van vastigheid!

          Liked by 1 person

          1. HesterLeyNel Avatar

            Haha, ek sal jou woord daarvoor aanvaar

            Liked by 1 person

  24. Positief Avatar

    Kyk ons klompie mag maar kuier

    Liked by 1 person

    1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

      Ons het nie veel nodig om gesellig te verkeer nie. Elkeen dra n deeltjie by.

      Liked by 1 person

    2. travel460 Avatar

      Ja wel Positief, ek het nou so lekker op die bankie gesit en met die omie in die borrelbad gekuier, en daar kry hy toe asemnood of iets. Hoekom niemand my ook vooraf gesê het dat sulke warm water naand sleg vir die uithouvermoë kan raak nie, weet ek ook nie. Hy kon mos maar net gesê het ek moet my oë toemaak, dis tyd dat hy uitklim. Sien, ek was “on a roll”, het so heerlik vertel van my kleinkinders en hul manewales, en hy was SO geinteresseerd, maar toe raak sy rooi gesig nog rooier en hy kry nie asem nie… VirgoC, sy het hom vinnig reggekry. Sy moes nou wel binne in die bad inspring en masseer, maar als het goed afgeloop. Net jammer hulle vra my toe om myself liewer uit die spa te verwyder.🤔

      Liked by 3 people

      1. Toortsie Avatar

        Asof dit nou jóú skuld was, né!? 😂😱🙃

        Like

          1. Toortsie Avatar

            Die omie kon seker nie sy oë van die seksie ouma afhou nie!

            Liked by 1 person

            1. travel460 Avatar

              Ai man, julle weet ek kom nooit in spas nie. Toe ek die bordjie sien “gents only”, toe kry die nuuskierigheid die oorhand. Wat doen hulle wat ons nie mag sien nie. 😊

              Liked by 3 people

              1. Toortsie Avatar

                En WAT het jy gesien? 😳

                Like

                1. travel460 Avatar

                  Nee wat, net mans wat almal onder die borrels ingeduik het sodat net hul oë uitsteek. Ek het nooit geweet mans kan ook skaam wees nie. In my jong dae…nee, toemaar, “let bygones be bygones”.

                  Liked by 3 people

                  1. Kameel Avatar

                    Hulle was definitief nog noe by Sun Eden nie…..en ook maar goed so!!!

                    Liked by 1 person

                    1. woordnoot Avatar
                      woordnoot

                      Dankie Goeie Vader daarvoor…nog n rondte kaalbas omies sou hierdie toer heeltemal gekelder het.

                      Liked by 1 person

                    2. Kameel Avatar

                      Definitief…genoeg is genoeg 😭😭😭

                      Like

                    3. woordnoot Avatar
                      woordnoot

                      Amen!

                      Like

  25. Bondelsgedagtes Avatar

    Dit was nou te lekker Scrapy!! Heerlike ontspanne kuier. Die kuier om die kampvuur met die diere geluide as agtergrond was tops!!! Oe en moenie daai skaap choppie vergeet met suurlemoensap oor, my mond water sommer weer….

    Liked by 2 people

    1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

      My mond water ook nog steeds as ek net daaraan dink. Hier kry mens nie lekker Vrystaatse skaaptjoppies nie. Bly jy kon bietjie ontspan. Die dieregeluid hoor mens regtig as mens saans in Wildteelsentrum om vuur sit.

      Liked by 1 person

      1. Bondelsgedagtes Avatar

        Ek kan ure so by n vuur sit en diere geluide luister!

        Liked by 1 person

  26. travel460 Avatar

    Ag dankie tog, hierdie keer het ek iets gekoop met regte geld! Die ding is, ons word so bederf deur ons gasbloggers, dat my sakgeld nie minder word nie. Dankie vir die vertel van daardie deel se geskiedenis, Scrapy. Tot my skande kan ek niks daarvan onthou nie, of ek het weer nie in die klas opgelet nie.

    Like

    1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

      Ha ha, lekker uitgevang. Bly jy kon Ralie ondersteun. Eks bly jy geniet die kuier.

      Like

  27. lekkervurig Avatar

    Sjoe, Scrapy die was nou lekker toer. Jy het vir ons mooi gesorg. Oor die petaljes en mampoer sal ek later koer. Ons slaan maar vir Poloniekwane oor, daar is niks om te vertel nie, maar wel goete aan die buitewyke. Sal mooi vertel as ons eers lekker geklets het oor jou heerlike toer. Jy moet tog vir ons nog van jou jare by die biblioteek vertel, of onthou ek verkeerd?

    Liked by 1 person

    1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

      Bly jyt lekker gekuier! Sien uit na die uitbreiding/opvolg! Ja jong daardie bibliotrrk is ook n ander storie op sy eie. Ek het regtig verkeerde tye in Potties gewerk. Eer die skool wat oorgeneem is en toe later die biblioteek ook!

      Like

      1. lekkervurig Avatar

        Ek verstaan. Ons toer dan verder sorgvry.

        Liked by 1 person

Leave a comment

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.