Lekker Saterdag.
Bertus het weer net na sewe ingboek om sy masjien aan te sit vir die oggend se werk. Mike, sy helper kom 8 uur. Ek is bly Bertus het nou iemnd wat hom kan help met sy besigheid. Hy is sommer baie meer ontspanne.
Ek het nog bly le tot net na agt. Opgestaan en gewone roetine van stort, ontbyt en Trompie loop. My foon het ‘n boodskap gestuur terwyl ek besig was om te loop. Ek was nie te ver van die huis nie en het dit geignoreer. Met wat ek die huis kan sien, sien ek Stella inry. Sy het Bea uitgehaal en vir my gewaai. Toe ons naby kom kon Trompie dit nie hou nie. Hy trek en wil net huistoe gaan.
Aangekom by die huis het Bertus net die deur oopgesluit, en Stella en Bea ingelaat. Trompie wag mooi buite die deur sodat ek sy voete kan droogmaak. Hy hol in. Ek trek my skoene uit en hoor hoe vra Bea waar ek is.
Ek moes na Bea kyk terwyl Bertus en Stella huisinspeksie doen by my eenheid wat uitgehuur word. Bertus was veronderstel om vir my te gevra het. Hy het nie daaraan gedink nie – ek was mos nog in die bed toe hy gekom het!
Dit was ‘n lekker kuiertjie met Bea. Sy wou eers half ongelukkig wees maar ons het gou haar klei uitgehaal en ouma het vir haar ‘n hondjie uitgerol. Toe ons weer sien was ‘n uur verby en was Mamma en Pappa weer terug.
Bertus het toe eers nog so ‘n halfuur gewerk voordat sy 100 bordjies klaar was. Hul moet nog net getoets word of hul werk.
Bertus-hulle het my uitgeneem vir ‘n hamburger en melkskommel by McDonalds. Bea het haar eie skyfies gekry met 4 hoender-stukkies en ‘n melkskommel. Dit was ‘n heerlike middagete so saam met my kinders en klein Bea.
Vanmiddag het ek eers bietjie gerus en verder net mooi niks gedoen nie, behalwe om die skottelgoed te was wat al die hele week opgehoop het. Ek dink ek moet tog maar daaraan dink om ‘n skottelgoedwasser te kry. As ek dit gekry het moet ek net nog vir my ‘n kok kry om my etes voor te berei. Ek is baie lui om te kook. Kannie verstaan wat my probleem is nie, maar as ek na 5 by die huis kom is ek net nooit lus vir n kokery nie.
Nou sit ek rustig en kyk n stuk van David Attanborough, oor die Barrier Reef. Ek wil nou net gou hierdie pos en dan sit en kyk, en bietjie brei. Ek’s besig met ‘n pull-over vir myself. Nog die twee sykante van voorpant brei dans dit ook gedoen.


10 responses to “Liewe Dagboek: Dag 11 Mei”

  1. HesterLeyNel Avatar

    Dit klink na ‘n heerlike dag – die soort wat ek nodig het om my kop uit te sorteer. Skottelgoed. Toggie. Karen gaan Maandag weg vir twee weke en ek weet wat gaan gebeur: as ek en Jac alleen is, gaan haal ons (voedsame) wegneemetes en eet sommer so uit die bakkies. Andersins pak ons die kos uit op ‘n grrot boord en eet so saam-saam. Hy was en laat die skottelgoed drip dry terwyl ek so ‘n skynheilige woerts-warts vee oor die kombuisoppervlaktes doen.

    Like

    1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

      Ek drip dry ook. Sien nie kans om nog af tedroog ook nie. Die vloer woertswarts doen ek Saterdae as ek daarby uitkom.

      Liked by 1 person

  2. travel460 Avatar

    Die sit en brei gaan heerlik wees na jou besige dag.

    Like

    1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

      Het amper gisteraand die een sykant klaar gebrei. Hopelik maak ek dit vanaand klaar(wat ek betwyfel)

      Like

  3. Tannie Frannie Avatar

    Dis omdat mens nie lus het om net vir jouself te kook nie – en dis ‘n geldige beswaar!

    Like

    1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

      Ag dankie dat jy verstaan. Dit bly steeds n gedoente. As ek nie ordentlik eet nie het ek nie krag vir die dag nie.

      Liked by 1 person

  4. de Wets Wild Avatar

    Sjoe Ineke, jou Saterdag is omtrent vol!

    Like

    1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

      Ek neem my telkens voor dat ek net rustig tuis gaan bly en niks doen nie. Dit werk net nie so nie.

      Liked by 1 person

  5. Kameel Avatar

    Scrapy ek weet nie hoe ek jou dagboekinskrywings gemis het nie. Seker omdat ek lanklaas in die reader gekyk het….en basies net Rebus en Towerinne opsoek. Hierdie hoes en moegheid gaan nou vir die derde week. Sorry buurvrou….weet nie eers wat langs my aangaan nie.

    Like

    1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

      Moenie worry nie, ek verstaan. Ek hoes nie eers nie en kom ook nie by almal se leesstukke uit nie. Tyd vlieg net van een oomblik na die volgende. Ek lees ook maar hoofsaaklik Rebusfontein dinge.

      Liked by 1 person

Leave a comment

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.