MODE

Mode is iets waaroor mens boekdele kan skryf.

Ek-self is nie baie modebewus nie. Solank ek netjies lyk as ek die deur uitstap is alles reg met my.

Sommige mense kan die mode slaafs navolg. Vir my is dit n duur stokperdjie as mens alle modes wil navolg en toets.

Gelukkig verskil ons almal van mekaar.

Ek sit hier en dink aan n ander manier om die mode voor te stel.

Die gedig Oktobermaand deur C Louis Leipoldt kom in my gedagtes op omdat dit vandag die eerste Oktober is. Aan die hand van die gedig gaan ek die mode beskryf!

Die viooltjies het hul beste kleurvolste rokkies  aan van blou en rooi.

Die aand se groen gee n fris en skoon gevoel.

Die hemel getooi in die blouste blou maak alles vars en uniek.

Dan die blomtuin wat in kleurvolle klere uitgedos is.

Die varkblom met haar wit rokkie gee ook n wonderskone gevoel van reinheid.

Voor Oktober was alles kaal en grys.

Nou is alles in hul mooiste klere en kleure getooi.

Die natuur se mode is vir my die mooiste wat mens maar kan kry.

C. LOUIS LEIPOLDT                OKTOBERMAAND

Dit is die maand Oktober!

Die mooiste, mooiste maand!
Dan is die dag so helder, so groen is elke aand,
so blou en sonder wolke die hemel heerlik bo,
so blomtuin vol van kleure die asvaal ou Karoo,
so blomtuin vol van kleure die asvaal ou Karoo.

Dit is die maand Oktober!
Die varkblom is in bloei;
oor al die seekoeigate is kafferskuil gegroei;
die koppies, kort gelede nog as ‘n klip so kaal,
het nou vir welkomsgroetnis hul mooiste voor gehaal;
het nou vir welkomsgroetnis hul mooiste voor gehaal.

Dit is die maand Oktober!
Die akkerboom is groen;
die bloekoms langs die paaie is almal nuut geboen;
en orals in die tuin rond ruik jy sering en roos,
jasmyn en katjiepiering, lemoen en appelkoos,
jasmyn en katjiepiering, lemoen en appelkoos.

Dit is die maand Oktober!
Ek dink die mense vier vir ewig
in die hemel Oktobermaand soos hier!
Wat wens jy meer as blomme, as helder dag en nag?
Wat kan jy beter, mooier of heerliker verwag?
Wat kan jy beter, mooier of heerliker verwag?
Wat gee ek om die winter?
Wat praat jy nou van Mei?
Wat skeel dit as ons later weer donker dae kry?

Ek is nou in Oktober, die mooiste, mooiste maand,
met elke dag so helder, so pragtig elke aand!
Met elke dag so helder, so pragtig elke aand!

http://www.bravoland.co.za/forum/index.php?topic=2955.15;wap2

Die volgende ouens het hul herinnering neergeskryf en gestuur.

Baie dankie vir almal se getroue bydraes ek waardeer dit ten seerste.

Toorts het lekker familiefees gehou en vertel van n tande episode

https://toortsie.wordpress.com/2015/09/29/die-storie-van-die-tande/

Kameel kuier weer by die huis waar sy vir jare gebly en heerlike en hartseer herinnering onthou.

https://toortsie.wordpress.com/2015/09/29/n-plek-van-herinneringe/

Spokie het die eerste glimlaggie van haar kleinkind onthou

Herinneringe sonder grens

Herriemerrie se kat onthou beslis die tuinslang en water spuit.

Herinneringe

Bosveldnimf het n ondervinding met olifante wat sy nooit sal vergeet nie.

Herinneringe, wit ivoor en adrenalien!

Laat inskrywing vir paaie:

Olga wat om die bos gelei word en paaie ry wat vir haar skrikwekkend is.

Toeka tokkel baie en ‘n bietjie…. Paaie na verraad.

Dit is dan dit vir die week. Volgende is BESTUUR

Oktober se temas

  1. Modes
  2.  Bestuur
  3. Badtyd/water
  4. Biblioteek

23 responses to “Toeka Tokkel no 41 : Mode”

  1. […] daag ons uit om oor MODE te skryf en hier sal jy sien dat geen voël voel ooit vere vir sy eie besondere modekleur of […]

    Like

  2. Xena Phoenix Avatar

    Het ons nie klaar oor mode getoeka-tokkel nie? 😉

    Toeka Tokkel 7: Almal dra jeans

    Like

    1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

      Sal moet gaan opsoek. As dit is was dit nie die bedoeling om te herhaal nie. Ek sien jy verwys na no 7 so jammer daaroor!

      Like

  3. Kameel Avatar
    Kameel

    Dit is te pragtig!!!
    Ai, toggie alles is so mooi, maar die hitte laat alles gou-gou verlep lyk.

    Like

    1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

      Dit is rerig baie mooi! Hier was die wind die laaste tyd so erg dat al die blomblare afgewaai het. Tulpe se blare is sommer omgedop!

      Like

    1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

      Dankie ou flukse! Bly jy hou so lekker vol met elke keer n bydrae.

      Like

  4. nowathome Avatar

    Dit bly maar ‘n pragtige gedig! Die tuine begin nou regtig hulle kleure hier by ons wys, maar dit bly maar koud!

    Like

    1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

      Dit is so, 1 Oktober laat my altyd aan die gedig dink. Dis dieselfde hier. Tuine probeer hard om hul kleureprag te wys en steeds is dit nog koud soggens.

      Liked by 1 person

  5. rondomtaliedraai Avatar

    Dis buitegewoon warm nou hier by ons. Dit maak dit ook baie droog.

    Like

    1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

      Hier word ook voorspel dat as dit eenmaal rerig somer word dit warm en droog gaan wees.

      Liked by 1 person

      1. rondomtaliedraai Avatar

        Sug… mens kan nie wen nie.

        Like

        1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

          Ja wat, mensdom wil mos vermeerder soos miere en dan die atmosfeer besoedel sodat die natuur nie kan bybly om skoon te maak nie!

          Liked by 1 person

          1. rondomtaliedraai Avatar

            Ja dis waar, maar as mense arm is, seks ‘n goekoop tydverdryf!

            Liked by 1 person

  6. Daniël Bezuidenhout Avatar

    Ok ek is tegnologies gestrem. Ek het ook op hierdie wa geklim en my mode ding gegriffel. Hoe kry ek dit hierso?

    Liked by 1 person

    1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

      As jy jou pos oop het is daar bo-aan eerste reëltjie waar staan https:// blognaam. wordpress en jou opskrif van pos Highlight copy . Dan kom jy terug na my pos gaan na Leave a reply. kliek en paste die skakel hier by my. Hoop jy kom reg anders sal ek aan die einde van week na jou pos gaan en dit van daar af hierheen bring! Dankie vir deel!

      Liked by 1 person

  7. Toortsie Avatar

    Oktobermaand bly maar net ‘n mooi gedig. Ek kon altyd met dit assosieer, want hier in die Overberg is Oktober verreweg die mooiste maand van die jaar. Dit was nou voor canola gekom het. Nou is die geel in Augustus net so mooi.

    Liked by 1 person

    1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

      Dit moet mooi wees! Soos die sonneblomme in die Bosveld!

      Liked by 1 person

  8. perdebytjie Avatar

    Laat my nou vêr terugdink..toe ons laerskoolkoortjie die lied gesing het.

    Like

    1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

      Ja, dis so n mooi beskrywende gedig van die Karoo met sy blommekleur

      Liked by 1 person

Leave a comment

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.