Toeka-Tokkel no 45 : Toneelspelers


TONEELSPELERS

Ons is almal toneelspelers in eie reg. Elke dag het sy eie dramas en optredes. Sonder die spelers kan daar nie n toneel of opvoering wees nie.

Vandag het ek sommer lus om my eie toneel voor te lê aan julle, as lesers.

Drie weke van saamleef met dierlike toneelspelers het nogal heelwat opwinding opgelewer!

Toneelspelers:

Luigi
Luigi

Luigi: die “go with the flow” en eetlustige een

Mollie
Mollie

Mollie: Klein en fyntjies, met tye hiperaktief en senuweeagtig

Trompie
Trompie

Trompie: die tussenin een wat eintlik n softie is, hy vlug makliker as om te veg!

Kiepies
Kiepies

Twee henne: n Gryse, baie manhaftige en n kleiner gryse,n volger.

Bure se katte: Swart met wit snoetjie- baie voor op die wa. (ander weet ek nie so mooi, daar is ten minste nog 3ander katte)

Openingstoneel

Kiepies in hul kampie.

Trompie agter tralies!

Luigi en Mollie loop en snuffel in die tuin.

Die gras is lank op plekke en die henne kan nie die hele tyd die twee snuffelaars sien nie.

Groot grys hen besluit: “ Kek-kek-kek” en fladder met n aanloop oor die omheininkie wat uit n touwerk groot-gat-gaas bestaan.

Sy land aan die anderkant van die heininkie.

Storm vir Mollie en jaag haar met n spoed terug in die huis in.

Luigi- ongeêrg, op sy soektog na hoederhopies, het nie n benul van wat hom gaan tref nie.

Kiepie vlieg om en storm Luigi. Luigi besluit so lui-lui:” Ag nou toe jou ou kiepie! My hare is so dik ek voel niks!”

Kiepie bly hom sommer bespring om hom in die huis te jaag.

In die tussentyd is Trompie heel opgewonde besig om die petalje dop te hou!

Toneel twee

Die oppasser jaag vir Kiepie terug in die kampie! Moenie dink dis maklik nie! Kiepie bly al by die hek verbyloop. Die ander hen wil ook sommer uithol. Beide Kiepies terug!

Trompie kry nou ook n kans om te gaan kyk waaroor alles gegaan het. Die ander twee is natuurlik saam as ‘back up’.

Snuif, snuif al op die spoor! Tot naby die kampie!

Kiepie besluit: “Wag n bietjie! Die ou het ek nog nie gejaag nie!”

Sy storm die draad en raai wat?  Trompie is met drie groot spronge terug in die huis.

Toneel drie

Elke middag vanaf so 1 uur tot 2 uur het die honde  driemanskap en die waarnemer n “nanny nap”. Alles is rustig. Die musiek op Tv is strelend. Trompie lê op ou-nooi se linkerbeen, Luigi op regterbeen en sus Mollie tussen die twee voete.

Lekker ontspanne. Almal snooze.

Skielik: Kêkkel-n-kêkkel en n gefladder.

Almal af van die skoot. Uit by hondeflap en deur. En daar sit meneer/mevrou buurkat op hoenderhokkie se dak. Bekruip die Kiepies!

Kiepie kêkkel. Honde storm. Kat spring grondtoe, hy duik met sy kop deur die draad en daar sit hy vas. Kiepie van agter en honde van voor!

Kat trek terug en vlieg met een hengse vaart oor die draad, oor die symuur en terug by sy eie huis.

Gelukig het Trompie nie kon saam help nie want dan sou dit klaarpraat met kat gewees het terwyl sy kop deur die draad vasgesit het.

Genade maar dis n opwindinde lewe op my agterplaas verhoog met al die diere toneelspelers.

Die volgende ouens het oor biblioteek geskryf! Baie dankie aan julle ek waardeer dit baie dat jul my so getrou ondrsteun!

Kameel – gebruik haar kindle biblioteek wat ook audio-boeke aanbied!

https://toortsie.wordpress.com/2015/10/27/wat-lees-ek/

Herriemerrie is n bib ondersteuner maar met vandag se toe wees tye werk dit nie meer nie

Bib schmib

Toorts dink terug aan die goeie ou dae van skooltake.

https://toortsie.wordpress.com/2015/10/29/toortsie-se-toeka-tokkel-oor-biblioteek/

Spokie het n laat water inskrywing gedoen wat die moeite werd is om na te gaan kyk!

Water wat wink

….    ….    ….    ….

Ek ruil die onderwerpe n bietjie om die keer:

Volgende week is dit

KINDERSTORIES


28 responses to “Toeka-Tokkel no 45 : Toneelspelers”

  1. […] (Sien Scrapydo2 se uitdaging oor Toneelspelers) […]

    Like

  2. […] (Sien Scrapydo2 se uitdaging oor Toneelspelers) […]

    Like

  3. Toortsie se Toeka Tokkel oor Toneelspelers | Toortsie, Kameel en Bokbaaivygie Avatar

    […] Scrapydo sê ons moet oor toneelspelers skryf. […]

    Like

    1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

      Dankie man, jy is n ster! 😀

      Like

  4. Ons hou konsert | Toortsie, Kameel en Bokbaaivygie Avatar

    […] Scrapydo se toeka-tokkel: Toneelspelers […]

    Like

  5. Christina B Avatar

    Sjoe, dit klink na ‘n bedrywige spulletjie. Ek kan dit sien in my geestesoog.

    Like

    1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

      Jy moenie nog praat nie. Elke dag het n opvolg storie. Vandag toe ek die kinders op lughawe gaan haal het het Luigi op tafel geklim en heerlik my weetbix beginop knibbel! HY is n fundie as dit by op die tafel klim en goed uitsnuffel om te eet!

      Liked by 1 person

  6. nowathome Avatar

    Ek het jou dierestorie sommer baie geniet!

    Like

    1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

      Dankie, bly jy het dit geniet- elke dag n nuwe episode!

      Liked by 1 person

  7. Toeka tokkel 45 toneelspelers | OLGA SE OKSELTJIES Avatar

    […] Scrapy se uitdaging vandeesweek is oor toneelspelers. Hulle kom regtig in alle vorms en uit alle lewensvlakke. So is daar die dame. Het twee ma se groot gehoortoestelle. Julle weet die soort wat binne en buite die oor is. Die meer modernes word mos nie maklik raak gesien nie. Haar lewensmaat kla gereeld daaroor want sy sê dit help veel die vrou het die goed, maar sy gebruik hulle nie. […]

    Like

  8. Toortsie Avatar

    Ek het jou dierestorie baie geniet.

    Like

    1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

      Bly jy het dit geniet. Het dit in Eng vertaal en aan skryfgroep voorgelees hul het dit ook geniet. Dis deel van my boek vir die groep. Ek bespreek al die honde wat ek kan onthou uit my lewe. Gaan met die een afsluit.

      Like

  9. Olga Avatar

    Laat my dink aan Lapman wie sy pootjie seergemaak het toe hy vam my kar se dak gegly het en sy poot onder die buffer vasgesit het. Die wonde (vlesiwonde/skrape) wat nie eers gebloei het nie, het skoon genees, daar is nie eers meer rowe nie en die hare groei alreeds daaroor. As hy dink niemand sien hom nie, hardloop hy te lekker op vier pote, maar laat ou Lapmannetjie my hoor, ai, genade, dan hobbel hy op dtie pote rond.

    Like

    1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

      Ha ha, regte toneelspelers die diere. Snaaks hoe vinnig hul skielik kruppel loop as jy naby is!

      Like

  10. rondomtaliedraai Avatar

    hehehehe … ek het dit nou geniet. ‘n ware lewensdrama

    Like

    1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

      Ja, never a dull moment! Elke dag n nuwe drama!

      Liked by 1 person

  11. Kameel Avatar
    Kameel

    As ons ons oë oophou is daar drama al om ons. Hoop daar is weer vrede in die dierekamp. Weet nie of ek nog so vinnig sal kan opspring nie 😆

    Like

    1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

      Jy moenie nog praat nie! die stoel tiep toe sommer vooroor met al die afspronge! Ek sit toe eers amper op die vloer voordat ek kon wegspring om te kyk wat aangaan!

      Like

      1. Kameel Avatar
        Kameel

        Sien die prentjie…. en sorry ek moet lag 😆

        Like

  12. Spokie sny spoor Avatar

    Hiehie – baie oullik! Jinne – ek bly nie by nie. Het nou-net eers my artikel oor BADTYD gepublish. Hier by die werk kan ek soms net stukkies skryf. om fotos tussen 1000de uit te soek, vat die meeste tyd, maar geniet ek dit baie.

    Jou trompie (en maikies) is ware toneelspelers.

    Like

    1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

      Elke dag het n ander toneel wat hom afspeel. Ek weet hoe dit gaan.As ek weer sien is dit al Donderdagoggend en ek het self nog nie my nuwe stuk geskryf nie! Gaan jou water lees en dan opsit. Dankie daarvoor

      Like

  13. Toortsie se Toeka Tokkel oor Biblioteek | Toortsie, Kameel en Bokbaaivygie Avatar

    […] opdrag van Scrapydo, maar dit wil vir my lyk ek het die bus gemis! Die bus het reeds vertrek en die volgende opdrag is reeds daar. […]

    Like

  14. perdebytjie Avatar

    Dis tipies!Het dit regtig gebeur?Mooi geskryf.

    Like

    1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

      Ja, presies soos ek vertel het.Daar was nog drama maar hierdie was vir my die beste. Nie bygevoeg van hoe ons vier van die lazy boy afgespring het toe die kiepie so begin kekkel nie! Dit was nog n toneel op sy eie!
      Dankie vir jou kommentaar, bly jy het dit geniet.

      Liked by 1 person

      1. perdebytjie Avatar

        Ek sien dit al…hoe jy opvlieg en die honde al die kante toe spat! lol

        Like

        1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

          Hulle spat nog voordat ek rerig kan regop kom!

          Liked by 1 person

Leave a comment

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.