Toeka-Tokkel no 46 : Kinderstories


Image result for children's stories pictures

KINDERSTORIES

Onthou jy nog toe jy klein was? Watter stories was vir jou die mooiste om na te luister?

Ek kan onthou dat ons n dik boek gehad het met die stories van “De gebroeders Grimm”.Dit was nog n boek in Hollands geskryf. My oudste suster het vir my en kleinsus stories daaruit voorgelees. Dit was meestal sulke grillerige stories wat eintlik bedoel was om kinders af te skrik van verkeerde dinge.  

My laaste 3 jaar van skoolhou het ek jaar 1,2 en 3 in dieselfde klas gehad.

Dit was vir my heerlik om ons westerse sprokies aan hul voor te hou(was n net swart privaat skool). Ek het hul aangepas  by die ware lewensomstandighede.

Rooi Kappie en die wolf was hul beste verhaal. Die kindertjies het daarvan gehou om die stories te speel en hul eie draai daaraan te gee.

Kindergedigte het hul ook goed geleen om n verhaal te vertel.

“Three blind mice” was te heerlik vir hul omdat dit lekker gewelddadig was.

Wat van “Hickery, dickery dock”. Die handgebare was altyd die beste.

Daar is egter ook regte kinder-stories.

Om kindertjies dop te hou en fotos te neem is ook n storie op sy eie. Kinders hou tog maar daarvan om spontaan op te tree. Sonder voorbehoud sal hul alles gee wat in hul is om uitdrukking te gee aan hul gevoel.

Vertel bietjie watter kinderverhale die beste vir jou was.

TOEKA-TOKKEL is lekker.

Ons skryf Afrikaans en geniet dit.

Elke Donderdag verander ek die tema of onderwerp.

Skryf, (copy- skielik ontgaan die Afr woord my), plak jou skakel in by my kommentaar en almal kan jou pos geniet.

Die volgende persone het oor Toneelspelers gesels.

I scrap 2 het werklike toneelspelers beskryf

Toeka-Tokkel no 45 : Toneelspelers

Olga skryf oor n persoon wat toneelspeel om alle skete te kan laat behandel

Toeka tokkel 45 toneelspelers

Kameel vertel oor die wonderlike werk wat uitgebrei het onder plaaskinders om tonele op te voer in hul spaartyd op die plaas

https://toortsie.wordpress.com/2015/11/02/ons-hou-konsert/

Toorts het herinneringe van n blou aandrok en n pruik wat almal laat lag het

https://toortsie.wordpress.com/2015/11/04/toortsie-se-toeka-tokkel-oor-toneelspelers/

Spokie het die pragtigste natuurlikste toneelspelers bespreek…

Toneelspelers van die Natuur

Weer eens baie dankie vir jul deelname!

Ons volgende skrywe gaan wees : BLOMTYD

November temas:

46. Kinderstories

47. Blomtyd

48. Sopkombuis

49. Brille en pille


17 responses to “Toeka-Tokkel no 46 : Kinderstories”

  1. nowathome Avatar

    Ek onthou die tye wat my ma die stories vir ons gelees het. Ons het dit al so goed geken dat ons van die woorde se ,voordat sy dit kon lees!!

    Like

    1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

      Ja, dis rerig so. Mens ken die stories so goed dat die een wat vertel nie wegkom met verkeerde woorde.

      Liked by 1 person

    1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

      Dankie jong kannie glo dis amper al die volgend Donderdag nie

      Like

  2. Kameel Avatar
    Kameel

    Hmmmmm kinderstories. Goed jy kan onthou jou ma het dit vir julle voorgelees…. ek kan glad nie onthou wie het vir my rooikappie en dies meer vertel nie. Seker maar my pa, want hy was lief vir stories. Sjoe, ek sal moet gaan kopkrap.

    Like

    1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

      Ek stem saam met jou, ek kan self ook nie onthou dat my ma voorgelees het nie. As Tina dit sê moes dit seker so gewees het.

      Like

  3. Toekatokkel 46, kinderstories. | OLGA SE OKSELTJIES Avatar

    […] Scrapy daag ons die week uit om te vertel van kinderstories wat ons geraak het as kinders. Ek sal seker moet begin werk aan kinderverhale sodat Liefie met niggies en nefies wat daar moontlik kan wees, eendag sal sE “Ouma Olga toe, asseblief, sy vertel die mooiste stories. Watter kinders hou nie van kinderstories nie? […]

    Like

  4. Olga Avatar

    Hoor ek nou weer vir Sarel Seemonster sE “Stories is my lewe. Dit het my kinders te graag beaam.

    Like

    1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

      Jaaa, ek onthou dit ook! Lekker ou dae:)

      Like

  5. rondomtaliedraai Avatar

    Mamma het darem baie vir ons gelees. Ek kan glad nie onthou dat ousus gelees het nie…

    Like

    1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

      Sy het ja, nie dat ek veel kan onthou wanneer nie!

      Liked by 1 person

  6. Spokie sny spoor Avatar

    Toortsie spog hierbo dat sy eerste is, ek kom nou eers by met my toneelspelers ! Hiers dit.

    Toneelspelers van die Natuur

    Like

    1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

      Dis ook goed soEk gaan dit gou lees en byvoeg!

      Like

  7. Toeka Tokkel oor Kinderstories | Toortsie, Kameel en Bokbaaivygie Avatar

    […] opdrag van Scrapydo. Sy sê die opdrag is glo spesiaal vir my. […]

    Like

Leave a comment

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.