Hou jy van Afrikaans?
Indien wel, gebruik jou gedagtes en skryf hul neer in n pos. Dis waaroor Toeka-Tokkel gaan. AFRIKAANS en LEKKER GESELS.
Vir meer inligting kliek asb op volgende skakel:
https://scrapydo2.wordpress.com/2016/05/05/toeka-tokkel-no-14-byname/
Hierdie week gaan dit oor
DROOM
Meeste van julle,wat my blog al n tydperk volg, sal weet dat ek n Miniatuur Schnautzer, met die naam Trompie, het. Kom reën,sneeu of sonskyn, ek en Trompie loop vir 20-30minute drie keer per dag.
Vanoggend(Woensdag) het ek met die terugloop, loop en droom oor wat ek alles oor droom kan kwytraak.
As kind het ek baie male in n droomwêreld van my eie gelewe. Flieks het my altyd gefasineer.
Eers was dit die swart en wit Tarzan flieks wat my laat droom het.Toe die eerste gekleurde Tarzan fliek uitkom, was dit hierdie aantreklike man met donker hare en blou oë. Dit was Gorden Scott(Tarzan). Droom ek, ek is Jane wat heerlik saam met Cheeta, die sjimpansee, in die boomhuis bly. Heel romanties so hoog in die takke met net velrokkie aan.
Dan was daar die cowboy flieks. Die groot plaashuis met n stoep rondom. Lang rokke en rybroeke met stewels. Beeste wat aangejaag word om opgeveil te word. Die ‘cow-hands’ wat sulke mooigeboude, rowwe manne was. Oooo, nou droom ek sommer weer lekker dagdrome.
The big country was my beste om van te droom. Gregory Peck was my hero, John Wayne was my pa se beste een.
Ek kon ure sit en dagdroom terwyl ek bokke opgepas het in die namiddag na skool.
Daar is ook natuurlik die regte drome wat snags gedroom word. Daar is sekere drome wat ek oor en oor droom. Een is van n spesfieke huis(wat ek nog nooit rerig gesien het nie) in n sekere dorp en straat.
Dan is daar die regte nagmerries wat ek ook gereeld oor en oor kry. Die ergste is dat ek dit nog onthou ook.
…………………..
Baie dankie aan die volgende vertellers vir hul winterstories:
Eerste was
Tannie Frannie met lewenswinters
https://frandr.wordpress.com/2016/07/17/vir-toeka-tokkel-winter/
Dis Ekke vertel van die see en winter
https://hesterleynel.wordpress.com/2016/07/18/vir-frannie-hibberdene/
Kameel gesels oor ryp en die koue vandag
Olga gee raad met “heerlike” medisyne en lekker sop
https://olgaseokseltjies.wordpress.com/2016/07/19/toeka-tokkel-24-winter-se-kwinte-en-kwale/
Toorts word uitgedaag om pannekoek te bak…..
Toortsie se Toeka Tokkel oor winter
Olga het ook nog haar deel oor dorp gedien. Nou is sy weer by met haar skrywes.
https://olgaseokseltjies.wordpress.com/2016/07/18/toeka-tokkel-23-the-ole-hometown/
—– —– ——
Ons volgende onderwerp is:
n Byt wat ek nie gou sal vergeet nie of steeds onthou
29 responses to “Toeka-Tokkel no 25 : Droom”
[…] Toeka-Tokkel: Droom […]
LikeLike
[…] https://scrapydo2.wordpress.com/2016/07/21/toeka-tokkel-no-25-droom/ […]
LikeLike
[…] In opdrag van Scrapydo. […]
LikeLike
Ek het geskryf, hoor, sal jou nou tag. Mooi dag! En volgende week s’n is ook al geskryf, lank terug en al oorgeskryf ook!
LikeLike
Jy’s oulik hoor. Ek kan myself al weer nie sover kry om vooruit te beplan en te skryf nie. Selfs naweke het nie veel rekenaar tyd nie. Het gelees van een wat aanbeveel om net 15minute elke dag te skryf. Dis nou as jy ernstig is om n skrywer te wil wees en dan suksesvol daarby.
LikeLike
Nee man, toe ek die onderwerp sien toe was die storie in my kop, toe skryf ek maar solank want wanneer ek hom nodig het, is hy weer uit. Nou het ek al weer gaan publish druk vir ‘n ding wat eers môre moes verskyn!
LikeLike
Sorry man! Nie bedoel om jou te steur nie,ha ha. Ek is nog besig om die nuwe stuk te skryf en aanmekaar te slaan. Die stuk is geskryf, nou moet ek nog die frilletjies bysit.
LikeLiked by 1 person
🙂
Ek moet net die regte knoppies druk!
LikeLike
Ha ha, ek weet presies wat jy bedoel en hoe dit gaan.
LikeLike
[…] Toeka-Tokkel: Droom […]
LikeLike
[…] Scraps se uitdaging is oor drome.https://scrapydo2.wordpress.com/2016/07/21/toeka-tokkel-no-25-droom/ […]
LikeLike
My taak is in 🙂
https://toortsie.com/2016/07/25/droom-en-n-halstarrige-rankroos/
LikeLike
Dankie Kameel.
LikeLike
[…] Scrapydo se toeka-tokkel: Drome […]
LikeLike
“O my saved soul” soos my dogter sou sê….. Gregory Peck was ook my droomman!!! Lekker droom scrapy, al was stap veilig maak menieres dit vir my moeilik en i.p.v ontspanning raak dit ‘n stresvolle ding. Mooi naweek vir jou 🙂
LikeLike
Ek het vergeet van die Romeinse manne Charlton Heston En Stephen Boyed! Jy moet maar net rustig saam stap op die blogs, dis ook lekker om saam met al die ouens te droom! Mooi aand vir jou. (More begin die skool weer)
LikeLike
Julle is ‘n week laat met skool 🙂 Ja sug, daardie eerste klomp akteurs was mooie manne 🙂
LikeLike
Mooie mane beslis. Ons het nie in julie n lang vakansie nie. Alles word gehou vir Desembervakansie wat 2 maande is.
LikeLiked by 1 person
Ek droom ook baie oor hoe ek dalk een dag in NZ kan bly!
LikeLike
Jy moet net nie te lank droom nie, die tyd stap aan. Ek hoop jou droom kan waar word. Dis die moeite werd. Baie groot aanpassing maar die moeite werd.
LikeLiked by 1 person
Ek glo so!
LikeLiked by 1 person
Hoe beny ek jou jou en Trompie julle stappies. Ai< ek trek sommer terug bos toe. Daar sal ek ook weer heerlik kan gaan stap met die vuilpoot duo. Dagdrome, soms my beste vriende.
LikeLike
Ek is so dankbaar dat ek die stappies kan doen. Ek het altyd in SA so 5 uur my stappie gestap terwyl almal nog lê en slaap. Dit was op einde gevaarlik en het ek dit moes stop. Hier kan ek na donker ook loop. Die strate is goed belig en daar is net gedurende vakansies dalk jong mense wat in bondels loop. Dagdrome is ook maar my ontsnapping van die werklikheid.
LikeLike
Lekker drome,Ineke!
LikeLike
Beslis, ek din ek moet weer bietjie begin dagdroom! Ongelukkig raak ek sommer aan die slaap as ek stilsit.
LikeLiked by 1 person
Daardie inryteater uitstappies was darem baie lekker
LikeLike
Beslis baie lekker!
LikeLiked by 1 person
Omtrent lekker gedroom! 🙂
LikeLike
Jy moenie nog praat nie. Kan party dae nog steeds lekker droom as ek so my wandeling doen.
LikeLiked by 1 person