Ooo, gaats! Gaan ek ook SO lyk op die einde?
Samespraak tussen twee murgpampoentjies
Cory groen Courgette en
Murgie geel pampoentjie.
Cory: Ek is so bly ons tweetjies is saam hier op die snyplank.
Murgie: Jong ek weet darem nie regtig. Dit voel vreeslik vreemd. So hoog en weg van my moederplant af.
Cory: Oh la la, hier kom n ding. Ouch, af is my bo-punt, oeps, en af is my onderkant.
Murgie: Dis erg! Ek wil nie kyk nie!
Cory: Dit voel kielierig! Moenie my so styf vashou en druk nie. Dit voel of ek wegvloei. Murgie K-Y-K…..plop, plop, pl…
Murgie: NEE, o toggie is dit hoe ek gaan lyk nadat die hand klaar is met my? Ek wil teruggaan na my Mammie toe. Nee, moenie….. plop, plop pl….
Om die inskrywings van verskillende bloggers in Lê-Jou-Eier te geniet of om self ‘n eier te kom lê wat ons kan uitbroei en grootmaak, klik op die volgende InLinkz skakel:
Vir die reëls van hierdie eier-boerdery, om raad te kry oor hoe om deel te neem en om elke week se aankondiging van die nuwe onderwerp te sien, besoek die volgende skakel by Dis Ekke. Onder hierdie kategorie, kyk na die blogposte Lê-Jou-Eier: Reëls (2017-08-22) en Lê-Jou-Eier: Hoe neem ek deel? (2017-08-22). Laasgenoemde blogpos is opdateer op 2017-09-05.