Ons InLinkz skakel vir hierdie uitdaging is https://fresh.inlinkz.com/p/e3dfca20e90c4ae09d7312695a15b7f3
Bloggers wat nog nie voorheen deelgeneem het aan ons Lê-Jou-Eier bloguitdagings nie: Om raad te kry oor hoe om deel te neem en om elke week se aankondiging van die nuwe onderwerp te sien, besoek die volgende skakels Lê-Jou-Eier: Reëls en Lê-Jou-Eier: Hoe neem ek deel? Laasgenoemde blogpos bevat ook al die onderwerpe en skakels na vorige uitdagings.
Verbloem jou haarkleur
My hare is baie fyn en ek het altyd verlang om “n pragtige poniestert of vlegsel te hê. Ongelukkig is dit my nie beskore nie.
Op skool het Mamma my hare reguit afgesny, ewe lank net onder my ore. Geen kuifie nie want Pappa het nie daarvan gehou nie. Links sypaadjie met n haarknippie aan regterkant om haartjies uit die gesig te hou. My haartjies was so fyn dat ‘n lint net nie wou inbly nie, dis hoekom ek knippies moes gebruik.
Toe ek in matriek was het ek besluit om my hare te groei van alle dinge. Ek het ‘n redelike stertjie gehad maar omdat ek blonde hare het, het dit gelyk of ek amper geen hare het as dit na agter vasgebind is nie. My laaste matriek foto vir die eksamen was met die platgetrekte hare!
Skoolhou jare begin en daar gaan ‘n heel ander lewe vir my oop. Ek het vir vier jaar uit die huis uit skoolgehou en was dus steeds onder my ouers se toesig. Geen grimering of enige vroulike fiterjasies nie! Wel, om die waarheid te sê het ek darem eenkeer stilletjies my hare met “gensin violet” afgespoel wat dit ‘n pragtige pers kleur gegee het. Die kindertjies by die skool was in vervoering met juffrou se pers hare. (Juffrou het natuurlik dit weer die middag uitgewas voordat Pappa tuis kom)
Na vier jaar in die huis het ek my vlerke gespry en die wye wêreld in gevlieg, fyn haartjies en al. Ek het tot my hare op n stadium donkerbruin gekleur net vir die verandering. My hare is gereeld “geperm” wat dit lyf gegee het en dan het ek dit ook “golden blond” gekleur. Toe “highlights” inkom het ek dit gereeld laat kleur. My probleem met die kleurdery was altyd dat my hare baie stadig gegroei het. Dit het lank gevat voordat die “highlights” uitgegroei was om weer nuwes in te sit. Dit het my nogal gepas want die ligte punte het gelyk of dit natuurlike sonstrepe was.
My hare was meeste haarkapsters se droom. Dit het baie mooi en maklik gekleur en gekam. Ek het selfs op ‘n stadium as model gesit sodat studente met my hare kon maak wat hul wou vir hul eksamens.
Nadat ek getroud is en Bertus seker so drie jaar was het ek sonder om te sê my hare gekartel. Daardie dae was dit regtig baie kroeserig as dit nie goed gedoen word nie. Wat ‘n skok was dit nie vir die kind nie. Ek kom die kamer in met die gekartelde hare. Hy gee my ‘n kyk en gaan staan eers agter sy pa om te kyk wie die vreemde vrou is. Toe hy agterkom dis ek het hy aanhoudend opgekyk na my kapsel.
Dit laat my terugdink aan klein Bea. Haar mamma het besluit om ‘n “make over” te maak voordat hul Indië toe sou gaan. Sy het donkerblonde of bruin hare normaalweg wat reguit en meestal skouerlengte is. Mamma kom by die deur in. Bea storm deur toe. Stop viervoet op die plek draai om en hol weg vir die vrou met mamma se stem en wat nie soos sy lyk nie. Mamma het toe werklik amper wit gebleikte hare wat baie kort gesny is met spikes aan eenkant. Selfs ek moes tweekeer kyk voordat ek kon reageer. Mamma praat toe met Bea maar Bea voel nie baie gelukkig nie. Sy huil en gaan toe darem tog na haar ma om te groet.
Vandag is my hare al redelik grys. Daar is steeds blonde skynsel wat telkens nog daar is as my hare gesny word. Hul is egter nou besig om yler te word. As ek dit droogmaak moet ek sorg dat ek bietjie haartjies oor die ooptes kam
Dit dan my hare storie.
15 responses to “Lê-Jou-Eier uitdaging: Verbloem jou haarkleur.”
Eish ons het maar pieperige haartjies
LikeLike
Fyn nie pieperig nie. Daar is genoeg hare maar die fynheid is die probleem.
LikeLiked by 1 person
Lekker laat jy my nou glimlag. Oef, al die haarstyle oor die jare! Ek ken ‘n tannie wat in die 90’s haar hare laat perm het, ‘n langerige ‘mushroom cut’ laat sny en dit na die kant toe ‘geteaze’ het. Ons lag ons elke keer ‘n papie wanneer ons ‘n foto sien van haar met díe kapsel. 😅
LikeLike
Dink net as jy my ouderdom is en jy kyk terug na die style wat vandag gedoen word om hare te bewerk.
LikeLiked by 1 person
Mens lag lekker 😅
LikeLiked by 1 person
Het nou lekker gelees hier by jou!
LikeLike
Dankie, eks besig om my Griekse oorlog oppendhoud te skryf. Het al 4 bladsye geskryf. Sal moe edit en baie dinge uithaal om dit leesbaar te maak.
LikeLiked by 1 person
Ja, ek het ook nou geglimlag oor die pers hare waaroor pappa sou geraas het. My pa sou sekerlik stilstuipe gekry het. O, en die “perms” van daardie jare. Ek het nog ‘n foto van myself met so ‘n styfgepermde koppie hier iewers in die 90’s – moet dit gaan uitgrawe.
LikeLike
Elke jaar is daar skoolfotos geneem en ek het n hele reeks met jaarlikse fotos. Van reguit tot gekartel en geteez de lot.
LikeLiked by 1 person
Jy moet ‘n bietjie wys. Op skool het ek nie regtig gekarring met my hare nie.
LikeLike
Mmmm, sal daaroor moet dink!
LikeLiked by 1 person
Daardie ylerwordende hare is my nagmerrie ook. Pers hare… wonder wat jou pa sou gesê het.
LikeLike
Nee wat, ek het hom nie eers getoets nie want hy sou my sommer die huis uitjaag. Het bv ook nie grimering gebruik nie want hy het altwee my suster goed die lefiete voorgelees. Gelukkig het hul na hul studie nie uit die huis uit skool gehou soos ek nie.
LikeLiked by 1 person
Hoe geniet ek jou ‘pers’ hare wat jy gou vinnig uitgespoel het voor jou pa terug was 😁
LikeLike
Hy was maar n moeilike man. Het hom nie sommer teen gegaan nie.
LikeLiked by 1 person