BIBLIOTEEK
Die biblioteek speel steeds n belangrike rol in my daaglikse lewe. Ek hou van n boek in my hand sodat ek maklik kan terugblaai of verder blaai namate dit nodig is. Dis veral belangrik as mens self studie doen om sekere dinge te wete te kom. Ek het bv gesien met die publiseer van my boek dat n boek met inligting langs my baie makliker as die rekenaarbladsye wat vandag aan die orde van die dag is.
Van my inligting is ook in my Kindle-biblioteek gebêre. Ek geniet die Kindle. Dis klein en kan oral met jou saamgaan. Omdat ek nog nie so n foonfundie is nie, is ek maar skrikkerig om dinge met die foontjie te doen. Dit lyk egter vir my ideaal as jy haastig is en op reis gaan. Foon is tog altyd by mens.
Moet byvoeg dat ek altyd n belangstelling in die bibioteek gehad. Het Bib as byvak gehad gedurende studies. Daar was gelukkig ook altyd by elke skool waar ek was geleentheid om in bib te help.
Nadat ek weg is uit die onderwys het ek eers vir n paar maande in Secunda se openbare biblioteek gewerk as toonbankassistent. Daarna het ek 8 jaar in Potgietersrus se openbare bib gewerk. Dit was vir my baie lekker om nuwe boeke eerste te lees. Jeuglektuur was egter my gunsteling. Barry Hough was daardie tyd baie gewild.Daar was ook elke jaar verskillende leeskompetisies vir die jongmense gewees.
Na twee jaar se werk in bib het munisipaliteit die bib vergroot en n studie bib aangebou. Hier kon ons na hartelus leerders help met hul take. Studente het ook baie van studiebiblioteek gebruikgemaak om stil en rustig te studeer. Veral net voor eksamens was die studiebib tjok- en- blok vol. Ons moes selfs nommers gee sodat daar vir almal n uur of wat was om te studeer.
Ek hoop van harte dat biblioteke nie doodloop nie. Wat dink jy ?
Die biblioteek hier in Upper Hutt is amper die beste bib in New Zealand en dit is n plesier om dit te gebruik!
Alles gekry by Wiki:
https://af.wikipedia.org/wiki/Biblioteek
(Ek kannie waarborg dat die vertaling uit Engels heetemaal suiwer is nie. Dit is egter baie interessante punte wat hier genoem word.)
‘n Biblioteek is ‘n georganiseerde versameling van inligtingshulpbronne, wat toeganklik gemaak word aan ‘n vasgestelde gemeenskap vir verwysing of uitleen. Dit bied fisiese of digitale toegang tot materiaal, en kan in ‘n fisiese gebou of kamer, òf ‘n virtuele ruimte, òf albei wees. [1]
‘n Biblioteek se versameling items kan boeke, tydskrifte, koerante, manuskripte, films, kaarte, afdrukke en dokumente insluit. Mikrofilm, CD‘s, klankkassette, videobande, DVD‘s, Blu-ray-skywe, e-boeke, oudioboeke, databasisse en ander formate kan ook hier gestoor word.
Biblioteke kan wissel in grootte van ‘n paar rakke met boeke, tot ‘n paar miljoen items. In Latyn en Grieks, is die begrip van ‘n boekrak verteenwoordig deur Bibliotheca en Bibliothēkē (Grieks: βιβλιοθήκη). Afgeleides van hierdie woord betekenbiblioteek in meeste moderne tale, bv die Franse bibliothèque.
Die meeste Suid-Afrikaanse biblioteke maak van die Brocade of Slims-stelsel gebruik, wat in stand gehou en ontwikkel word deur Cipal en die Universiteit van Antwerpen, België.
Hierdie stelsel is oop vir die publiek om self die beskikbaarheid van ‘n boek, beeld- of luistermateriaal, asook die inleweringsdatum van die uitgeleende materiaal, te wete te kom. Op hierdie manier kan die Internetgebruiker blitsvinnig vasstel watter bronne by sy naaste openbare biblioteek beskikbaar is. Deur te let op die Dewey-kode (bv. op die rugkant van die boek), kan die materiaal self ook makliker opgespoor word in die biblioteek.
Die volgende provinsies maak van die oop Brocade-stelsel gebruik:
Tans word Gauteng en die Vrystaat uitgesluit, weens ‘n ander geslote biblioteekstelsel in werking.
@@@ @@@ @@@
Baie dankie aan die volgende persone wat weer lekker saam gekuier het.
Die tyd is so beperk en almal is baie besig met allerhande reëlings. Hier is twee laat bestuur inskrywings. Gaan lees gerus wat die twee vertel.
Herriemerrie praat oor linker- of regterkantste bestuur ….
https://herriemerrie.wordpress.com/2015/10/20/toeka-tokkel-bestuur/
Kameel bespreek hoe hospitaal bestuur word deur vriendelike personeel
https://toortsie.wordpress.com/2015/10/21/n-dag-in-die-hospitaal/
Volgende badtyd stories:
I scrap 2 Trompie wat nie van bad hou omdat sy Mies te gespanne is!
https://scrapydo2.wordpress.com/2015/10/14/toeka-tokkel-no-43-badtydwater/
Toorts vra: wat gebruik minste water bad of stort?
https://toortsie.wordpress.com/2015/10/20/stort-of-bad/
Dit lyk dan al vir hierdie keer.
Nog n ekstra water storie van Toorts wat heelwat oor water geskryf het in die verlede
https://toortsie.wordpress.com/2015/10/22/die-nyl-se-water/
Hier is November se onderwerpe:
45. Toneelspelers
46. Blomtyd
47. Sopkombuis
48. Brille en pille
49. Kinderstories
Ek dink no 50. Feestyd gaan die laaste een vir 2015 wees.
Volgende onderwerp is: TONEELSPELERS
https://herriemerrie.wordpress.com/2010/03/21/bib-schmib/
Oud, maar ek voel nog steeds so.
LikeLike
My taak is in 🙂
https://toortsie.wordpress.com/2015/10/27/wat-lees-ek/
LikeLike
Dankie vir jou bydrae!
LikeLike
‘n Biblioteek was een van my grootste liefdes. Meniers het die verhouding kom opmors 😦
LikeLike
Dis gladnie lekker nie! Wat doen jy nou? Lees jy nou minder of nie meer nie?
LikeLike
Gaan net nie meer biblioteek toe nie. Lees op Kindle.
LikeLike
Sal jou glo! Hier kan mens darem bib toe gaan. Hul het selfs e-boeke ook.
LikeLiked by 1 person
Ek was ook altyd ‘n biblioteek liefhebber.
LikeLike
Ja wat, ek gebruik nog steeds die biblioteek. Ons het gisternag n 4,4 aardskok gehad. Wou net opspring toe is dit oor!
LikeLiked by 1 person
hehehe… skuus maar dit is ‘n senuweeagtige laggie… dit was seker my skuld… ek het in my sitkamer neergeslaan Gelukkig niks oorgekom met ‘n blou elmboog.
LikeLike
Ha ha, nou laat jy my ook lag! Moet seker gewees het want dit was net een stamp en ratel en toe was dit oor. Dis nie goed as jy val nie! Hoe het dit gebeur? Gegly of wat? Jy moet maar versigtig wees jong. Pas jouself op *drukkie* vir jou!
LikeLiked by 1 person
My eie skoen vasgetrap! Ek is ok dankie
LikeLike
Versigtig maar hoor! ;0
LikeLiked by 1 person
Ek probeer ek probeer. Kon darem die keer op my eie op die stoel kom!
LikeLike
Gladnie goed nie. Kan jy darem iemand roep of laat weet as jy geval het?
LikeLiked by 1 person
Jong op diw oomblik is die stelsel stukkend maar hulle sê hulle werk daaraan Baie lastig. Ons kan darem per foon met hulle in aanraking kom
LikeLike
Dis goed!
LikeLiked by 1 person
Ek is verskriklik lief vir lees, maar moet se dat ek hou daarvan om ‘n boek te lees, eerder as op Kindle.
LikeLike
Ek is ook maar lief om my boek in die hand te hê. Lekker om bladsye om te blaai!
LikeLiked by 1 person
Hoe gaan dit met die verkope van jou eboek?
LikeLike
Jong dit gaan stadig. 3 is verkoop. en dan is daar wat gebruik gemaak het op dit gratis af te laai gedurende my promosie. Ek het een terugvoer reeds gekry. Nie sleg nie moet ek sê. Het op FB geadverteer en daar was 3,700 views en 204 likes.
LikeLiked by 2 people
So kom als tot ‘n einde. As jy volgende jaar weer begin, sal jy ons almal moet tag net om te sê ons begin weer! Daar is darem nog ‘n klompie onderwerpe vir die res van die jaar. Jy het een keer genoem dat jy jou Toeka Tokkel in ‘n eboek wil saamstel. 50 onderwerpe! Dalk doen ek ook nog eendag so iets. Toortsie se toeka tokkel in opdrag van Scrapydo. Maar vir eers sal die resepteboek my nog ‘n hele tydjie besig hou.
Baie interessant wat jy oor biblioteke skryf.
LikeLike
Ek dink sterk daaraan om dit in n eboek te sit. Ek het my skrywes alles in aparte dokument lêer gebêre. Mens kannie van jou blog af werk nie. Dis glo klaar gepubliseer. So jy moet jou resepte apart hou en nie dink jy kan die bloginskrywing gebruik nie. Hul keur dit af as dit reeds gepubliseer was(Dis nou spesifiek as jy Amazon gebruik!)
LikeLike
Ja, ek sit ook my bloginskrywings in my boek. Ek is nie seker of dit so is by Smashwords nie.
LikeLike
Dit het blykbaar met kopiereg te doen. Ek het ook al my stukkies op my blog gesit. Omdat ek dit uit my
“file” gehaal het is dit nie ge”copy” nie.
LikeLike
Ek verstaan nie nou nie. Jou bloginskrywings is tog joune. Mag ek ook nie dit driluk nie?
LikeLike
Jong jy moet maar die voorwaades van publikasie van Smashwords weer lees. Ek het dit spesifiek by die vereiste gelees.
LikeLike
Voordat hul publiseer word dit eers deur n editor goedgekeur!
LikeLike
Ek het hul ‘n email gestuur.
LikeLike
Kyk gou op my fb page.
LikeLike
Het gekyk! Ek gaan in elkegeval my volgende boek deur Sashwords doen. Mens kan later dit op Amazon sit Onder Smashwords as publiseerders.
LikeLike
Smashwords het nou gerageer op my epos. Hul sê as jy een of twee bloginskrywings sou insit in jou boek, is dit toelaatbaar. Egter nie ‘n hele boek met bloginskrywings nie. Die skakel wat ek gegee het op my fb blad is iemand anders s’n. Nie Smashwords nie.
LikeLike
Ek sien so. Ja, ek verstaan, dis hoekom ek volgende keer eerder deur smashwords gaan werk. Ek dink hul is makliker om te gebruik. Jy moet my maar op hoogte hou hoe dit gaan asb.
LikeLiked by 1 person
So leer ons maar.
LikeLike
Beslis. Ek dink ek moet per email vir jou n idee gee om maklik blog se goed te gebruik. Dit het nogal goed gewerk!
LikeLike
Ek het vir jou ge-inbox op fb. Baie dankie
LikeLiked by 1 person
Ha ha, ek weet nie wat is inbox nie! Ook maar toe hoor. Wel vir jou geskryf!
LikeLike
Inbox is inbox! 🙂
LikeLiked by 1 person
Van my lekkerste tye was in ‘n biblioteek…die reuk van boeke en die stilte!
LikeLike
My ook. Ek mis die rustigheid van vroëer jare. Dis baie remoerig deesdae. Hier word dit as n soort van n ontspanningsoord gebruik met tye. Van voorlesings, speletjies vir oues en gestremdes tot liggaamsoefeninge!
LikeLiked by 1 person
Dieselfde hier..dis hoekom ek nie meer ‘n voet daar sit nie.Ek behoort aan ‘n leesgroep en ons ruil boeke uit…dis soos ‘n reisende biblioteek met lekker koek en tee en gesels!Heerlik informeel.
LikeLike
Dit klink te lekker. Die bib is nie meer wat dit was nie. Ons het selfs hier elke nou en dan jongmense wat moeilikheid maak. Die polisie moet dan die outjies kom verwyder. Gladnie die ideale nie. Dit was toentertyd maar dieselfde met die kinders in SA ook. Ons het gereeld moeilikheidmakers laat verwyder.
LikeLiked by 1 person