Badtyd/Water
Badtyd kan n plesier of n nagmerrie wees.
Ons, wat kinders het, weet dat badtyd vir kinders en babas n groot plesier is. Veral babatjies voel geborge en ontspanne as hul daarvan hou. Alles hang ook maar van die volwassene se optrede en hantering van badtyd. As die ouer gespanne is, is die kinders ook nie gemaklik met badtyd nie.
Ek hou self daarvan om elke dag te bad( eintlik te stort.) Dit maak nie net skoon nie maar ontspan die spiere ook n bietjie.
Iemand vir wie die badtyd n nagmerrie is, is Trompie my hond. Soos ek gesê het as mens self gestress voel, voel hul dit.
Eerste keer wat ek hom in die bad gesit het, het hy hom teëgesit omdat die ou Mies te gespanne was. My bad is laag en die rand hoog, ek moet hom optel en dan laat sak in die bad. Eers klou hy aan my vas en kry ek nie eers sy voete in die water gesit nie. Dit was laaste keer wat ek hom probeer bad het.
My buurvrou het hom, in die verlede, in haar stort gebad as dit nodig was. Hy het dan vir dae nie naby haar gekom nie. Eendag sit sy in n babaswembad. Sy gryp Trompie en gooi hom toe in die swembadjie. Toe kom hy vir lank gladnie weer by haar nie.
My seun het hom eenkeer gebad en dit was ook n gedoente en die laaste keer. Hy vat nie nonsies nie en nou vertrou Trompie hom gladnie om saam in die badkamer te gaan nie. Selfs die hondesalon vertel dat hy hul sommer om die nek of om die arm met sy voorpote vasklou as hul hom wil bad.
Hierdie jaar het ek besluit ek moet dit tog weer self doen want ek en buurvrou is nie meer op te goeie voet nie.
Dit was okay as ek hom eenmaal in die bad het. Maar ai, daardie optel en insit is n ander storie. Hy is ongelukkig te swaar vir my om op te tel en ek moet dit eintlik nie self doen nie. My lyf is mos ook nie meer vandag se kind nie en die optellery en oorbuig in die bad is nie ideaal nie.
Elke geval, wat kan mens anders doen as jy op jou eie bly met n hond wat badtyd- fobie het!
TOEKA-TOKKEL is vir almal wat daarvan hou om te gesels oor hul alledaagse ondervindings.
Kom geniet dit en deel jou vertellings deur dit in n pos te skryf.
Noem asb Toeka-Tokkel sodat ander ook kan lees wat almal sê.
Plak jou skakel in by my kommentaar en dit is te lekker om te lees.
BEDANKINGS
Die volgende mense wil ek bedankie vir hul oulike bydraes oor bestuur.
I scrap 2(die uwe) Hoe ek my bestuurslisensie gekry het.
https://scrapydo2.wordpress.com/2015/10/07/toeka-tokkel-no-42-bestuur/
Spokie het die mooiste veredosse bespreek
https://scrapydo2.wordpress.com/2015/10/07/toeka-tokkel-no-42-bestuur/
Thulana debatteer wie is beter bestuurders!
https://thulana.wordpress.com/2015/10/09/tyd-steel-is-nie-so-ernstig-soos-diamant-steel-nie/
Toorts oor bestuur van groot maatskappye…
https://toortsie.wordpress.com/2015/10/12/toortsie-se-toeka-tokkel-oor-bestuur/
en steeds Toorts wat terugdink aan haar eerste bestuur van n rytuig
https://toortsie.wordpress.com/2015/10/13/nog-n-bestuurstorie/
Searching for iron man Vertel oor bestuur in Kaapstad, Dubai en Perth
Dankie ook aan Kameel vir wie bestuur n nagmerrie is, Tina(my suster) en nowathome vir jul kommentaar.
Volgende Tema/onderwerp : BIBLIOTEEK