WELKOM
2016
Kliek asb op skakel om uit te vind hoe TOEKA-TOKKEL werk:
VAKANSIE
Die lewe bestaan nie net uit vakansie nie. Tog het almal n breek nodig gedurende die jaar.
Vandat ek afgetree het kan ek nie sê dat ek baie vakansie hou nie. Gelukkig is my daaglikse lewe redelik rustig. Dit voel soms soos vakansie.
Gedurende die week van Kersfees tot net na nuwe jaar het ek n kort brekie van die daaglikse roetine gekry. Ek het weer vir tien dae my vriendin se huis en honde as vakansieplek en geselskap gehad.
Dis so heerlik daar dat dit vir my rêrig soos n vakansie voel. Ek bly mos sommer hier in die dorp. Dis nie vêr van my eie blyplek nie. As ek iets nodig het hop ek gou oor om dit te kry. Ek het bv vroeg vanoggend gou my beddings water gegee. Die warmte verskroei alles.
Ons het vir die laaste paar dae n hittegolf hier. In middae was dit so warm buite dat al mens se ou ekstra vetjies uitgebraai word as mens dit buite waag. Dit koel darem laat aand redelik af en soggens is heerlik fris. Ek merk op dat van die vakansiegangers gaar gebrand is. Geen wonder velkanker floreer hier nie.
Ek hoop almal het n bietjie vakansie gehou. Al is dit net vir n paar dae, dit is belangrik om bietjie weg te breek.
Vertel van jou vakansie. As jy nie vakansie gehad het vertel dan van n vakansie wat jy altyd sal onthou.
Baie dankie aan die volgende ouens wat my so vinneg opgejaag het om te begin:
Olga was eerste: Sy hou daarvan om mense se reaksies te sien as sy haar voornemes bekend maak
Kameel gaan haar brein behoorlik gebruik om name van onbekende persone in Bybel na te vors..
https://toortsie.wordpress.com/2016/01/11/nuwejaarvoornemens/
Thulana is n aan die gang mens, daar is baie plekke wat nog besoek moet word…
Tannie Frannie het net een goeie voorneme….
Toorts het twee inskrywings gemaak: eerste gaan oor gesond eet en tweede die roeping van God om op te staan…
https://toortsie.wordpress.com/2016/01/01/my-kos-nuwejaarsvoornemens-vir-2016/
https://toortsie.wordpress.com/2016/01/13/toortsie-se-toeka-tokkel-oor-nuwejaarsvoornemens/
Laaste is my eie inskrywing! Twee dinge op my wenslysie
Dankie ook aan al die ouens wat net lekker saam gekuier het. Dit hou mens op mens se tone.
Die volgende paar weke gaan oor EERSTE dinge:
3. Eerste soen
4. Eerste werk/skooldag
5. Eerste troeteldier/stokperdjie
Volgende week is dus : EERSTE SOEN