Toeka-Tokkel no 12: My slaapkamer


Welkom aan almal wat my volg en so lekker saam met my kuier en lees hier by my en Toeka-Tokkel. Almal is welkom om n vertelling te deel.

Vir verdere inligting hoe Toeka-Tokkel werk besoek my eerste pos by:

Toeka-Tokkel 2016: Welkom

Hierdie week kuier ons bietjie in die slaapkamer.

MY SLAAPKAMER/S

As kind het ek altyd n slaapkamer moes deel. Ousus het altyd n eie kamer gehad terwyl ek en kleinsus saam was. Ek kan nie onthou of ons kamer altyd volgens ons ouderdom ingerig of opgemaak was nie. Ek glo nie, want daar was maar nie geld na die oorlog en die eerste tydperk wat ons in Suid Afrika gebly het nie.
Toe ons huis klaar gebou is, 1960, het ek die rondawel gekry om in te slaap. My mure was vol filmsterre geplak. Die mooiste manne en vroue se gesigte het daar gepreik.
Toe ek uit die huis trek het ek in n koshuiskamer ingetrek. Daar kon ek darem my eie deken kry vir oor my bed. Die res van die kamer was maar regte koshuisgordyne en mure met bed en spieëlkas. Daar was n ingeboude kas vir klere en alles wat mens wou weg bêre. Na die koshuiskamer het ek vir n tydperk by n vriendin geloseer waar alles ook haar keuse en smaak was.
My eerste woonstel was n belewenis. Hier kon ek maak en breek soos ek dit wou hê. Ek het my eie gordyne gemaak en natuurlik die beddegoed aangepas by die gordyne.Dit was maar n “boring” kamer want my smaak was nie juis opwindend as ek so terug dink nie. Die lekker was dat dit my eie was.

My tweede woonstel het ek meer leefbaar gemaak deur pienk gordyne te maak vir die slaapkamer. Ek onthou dat dit n sagte pienk was met rytjies blommetjies op. Dit het heel vroulik gelyk en was my lekkerste slaapkamer.My beste vriendin het selfs die gordyne geërf toe ek trek. Sy het spesiaal gevra of sy hul kon kry.
Na die woonstel en my troue moes ek weer n slaapkamer deel. My man wou nie n pienk kamer hê nie en ek nie rerig blou nie. Ons het toe op groen besluit wat heel kalmerend was.
n Kamer wat ek graag sou wou hê is die kamer waar ek vir n week by my vriendin gekuier het toe ek in 2010 gedwing was om terug na Suid-Afrika te gaan omdat my verblypermit verval het en nie betyds kon hernu word nie. Dis n regte outydse slaapkamer. Hoë plafon en plankvloer. Die hele atmosfeer was knus en heerlik.


Vandag is my slaapkamer uitgevat met tweedehandse meubels en gordyne. Dit is egter nie so blangrik hoe die kamer lyk en wat daarin is nie. Dit is my eie slaapkamer en ek geniet dit om saans my kop neer te lê op my eie bed en in my eie kamer.

Dankie vir jou kuier. Ek hoop die Paasnaweek is rustig en vreedsaam.

Dankie aan Dis Ekke en Toorts vir jul VUURWERK vertellings!

Vuurwerke en pantoffels

https://toortsie.wordpress.com/2016/03/23/toortsie-se-toeka-tokkel-oor-vuurwerke/

AANKONDIGING

Ek  gaan van 1 April (volgende Vrydag) Deelneem aan  http://www.a-to-zchallenge.com/

Ek gaan elke dag ook probeer om n tweede deel in Afrikaans te doen. Dalk kan jul saamspeel en ook van die letters gebruik.

In April is daar elke dag n letter behalwe Sondae. Klink na lekker uitdaging.

Sal weer Toeka-Tokkel in Mei!

 


19 responses to “Toeka-Tokkel no 12: My slaapkamer”

  1. Toeka tokkel 12, My slaapkamer | OLGA SE OKSELTJIES Avatar

    […] Scrapy se uitdaging, die vet weet hoe lank terug, was oor slaapkamers Nou ja, al weet sy nie waar ek woon nie, wou ek dit graag gedoen het. Maar omstandighede buite my beheer, het my sover weerhou. As daar die dag lus en tyd was, het die internet nie saamgespeel nie. Daarom probeer ek nou weer. […]

    Like

  2. Slaapkamer | ekmyselff Avatar

    […] In opdrag van Scrapydo […]

    Like

  3. […] In opdrag van Scrapydo: Week 12 – Slaapkamers […]

    Like

  4. Toortsie Avatar

    Ek is agter! Ek skryf myne nou maar sal dit dan eers môre publiseer.

    Like

    1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

      Goed so, sien uit daarna!

      Like

  5. Slaaptydstories | Toortsie, Kameel en Bokbaaivygie Avatar

    […] Scrapydo se toeka:tokkel – Slaapkamer […]

    Like

  6. A staan vir Appel | Toortsie, Kameel en Bokbaaivygie Avatar

    […] Scrapydo het vertel van hierdie projek waar jy elke dag oor een letter van die alfabet kan skryf. […]

    Like

  7. anotherday2paradise Avatar

    We had ceilings like that in our house in Johannesburg. It was a very old house. We also had a similar bed-head to yours. 🙂

    Like

    1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

      I don’t think there are many old houses like those left. The one we had in Pretoria survived the demolishing for a long time. They used it as offices. I think it is no longer there anymore.

      Liked by 1 person

  8. rondomtaliedraai Avatar

    En ek het jou gordyne ge-erf en die hang nou in my sitkamer

    Like

    1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

      Ha ha, nou ja<, daar het jy dit nou. Die gordyne bly maar gewild. My Secunda gordyne is by Kobie en Melinda!

      Liked by 1 person

  9. nowathome Avatar

    My slaapkamer is ‘n nog ‘n projek in wording! Die res van die huis is gedoen en nou is dit die slaapkamer se beurt!

    Like

    1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

      Dis darem lekker omso n kamer in te rig soos jy self daarvan hou.

      Liked by 1 person

      1. nowathome Avatar

        Ek sien vreeslik daarna uit!

        Liked by 1 person

  10. Kameel Avatar
    Kameel

    Die slaapkamer is een van my gunsteking vertrekke…. hoekom? Lekkerste lekker om in die bed te klim en te gaan slaap 😆

    Liked by 1 person

  11. scrapydo2.wordpress.com Avatar

    Dit is so. Ons eerste huis in Pretoria se middestad het ook dieselfde hoë mure en plafonne gehad.Ons het net 2 jaar daar gebly.

    Like

  12. perdebytjie Avatar

    Ek hou van die pragtige staalplafon…my slaapkamer in my ouerhuis,het ook so ‘n plafon gehad.

    Like

Leave a comment

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.