Toeka-Tokkel no 35 : Hande


HANDE

100_5174

Hande is beslis belangrik in my lewe. Ek is dankbaar om twee hande te hê wat al baie gedoen het en seker ook nog meer sal doen solank ek lewe.

Werkende hande:
My hande het hard gewerk toe ons as familie op ons kleinhoewe geboer het.
Huis help bou.
Bokke gemelk, gevoer, hokke skoon gemaak
Mielies en groente geplant.
Geskoffel en water gelei.
Hierdie twee hande het BAIE gebrei, gehekel,gebak en gebrou.
Sagte hande:
Daar is die twee hande wat liefde uitgedeel het. Vertroeteling word die beste met die twee hande gedoen. Net die ligte aanraking in die verbygaan om te wys ek is lief vir jou. As getroude vrou en ma het ek(ons) altyd hand vasgehou as ons stap of uitgaan. Selfs net winkel toe het ons hande vasgehou.
In gebed word hande vasgehou. Nie net twee gevoude hande nie maar die gesin aan tafel hou hande om te bid en te dank vir voedsel of wat die dag gebeur het.
Ontspanne hande:
Hierdie twee hande bestuur my voertuig veilig vir meer as vyftig jaar.
Ook is my hande gebruik om te skryf. Hoofsaaklik is daar met pen/potlood op papier geskryf. Vandag skryf ek steeds met die twee hande, nie net op papier nie maar ook op die rekenaar waar die sleutels ingetik moet word.
Hierdie twee hande moet nou binnekort my volgende boek aanmekaar slaan.Dis nou al vier jaar wat ek getrou elke jaar die skryfsessie in ons biblioteek bywoon. Einde elke jaar sit ons elkeen n klompie stukkies in n boekie. Nou moet die twee hande gebruik word om te redigeer en te rangskik sodat die boekie leesbaar is.

@@@ ……@@@……@@@

Liewe mede skrywers en lesers
Eers wil ek net baie dankie sê vir al jul getroue ondersteuning. Dit was regtig twee heerlike jare van gesels en deel met mekaar.
Ek het besluit om hierdie die laaste van Toeka-Tokkel te maak. Miskien, eendag in die toekoms, sal ek weer verder gaan.

Op die oomblik is ek net nie in staat om meer rustig te sit en die skryfwerk te doen nie.

Ek is soos n gewoonte misdadiger- ek bly myself elke week opwen en bekommer oor wat ek wil skryf en wanneer ek dit gaan doen. My dae het net nie genoeg ure meer nie. Daar is so baie wat ek nog wil doen. Die skrywery hou my maklik die hele oggend besig en dan het ek niks anders gedoen nie. Dis besig om my in te haal.
So dis totsiens maar moontlik nie vaarwel nie.

Die volgende persone het oor besoekers geskryf:

Groot dankie aan-

I scrap 2 open baan met studente besoekers

https://scrapydo2.wordpress.com/2016/09/25/toeka-tokkel-no-34-besoekers/

Toorts dink terug aan lekker Struisbaai besoekers

Toortsie se Toeka Tokkel oor Besoekers

Advertisements

Toeka-Tokkel no 30: Broer/s en/of Suster/s


Hier gaan ons dan met die laaste Tokkel vir Augustus 2016.

Geniet die skryf en vertel. Dis terapie vir die siel om in Afrikaans te kan skryf.

Image result for sisters pictures

SUSTERS

Alles wat ek hier skryf is hoe ek dit ondervind het as middel kind.

Twee susters. n Ousus en n Kleinsus, Jongsus klink nie vir my reg nie.
Ousus was in die bevoorregte posisie om aan verskillende buitmuurse aktiwiteite te kon deelneem op skool. Tennis, swem, kuns/teken en musieklesse. Sy is steeds baie talentvol.
Sy was ook my klankbord toe ek begin skoolhou het.

Ons het baie gekuier. Sy het toe reeds drie kindertjies gehad wat ek baie geniet het. Naweke was ons kuiertyd. Ek het selfs naweke by haar oornag. Ons was werklik baie geheg aan mekaar. Na my troue het ek weggetrek. Ek het nie n telefoon gehad nie en ons vriendskap het half opgedroog.
Ek het wel gedurende vakansies by Ousus gaan kuier. Dan het ons n hond uit n bos gesels. Ek het weer teruggetrek Potties toe en ons het die vriendskap weer opgebou. Naweke het ek meestal, op n Sondagoggend, na kerk gaan kuier. Ons het dan saam middagete geeët en heerlik in haar lapa gesit en kuier. Ousus was my steunpilaar, my vriendin en ook my stille luisteraar, tot na my ma se dood. Die vriendskap en gehegtheid het net verdof en eintlik uitgedoof.
Tot vandag bly daar maar n krapperigheid tussen ons. Dalk is ek te fyngevoellig of sensitief. Ek voel egter n saak het twee kante. Sy bly my suster en ek bekommer my ook maar oor haar. Ons het nie meer die oop verhouding nie.Ons skryf darem so nou en dan vir mekaar.
Dan is daar Kleinsus.Ons het as jong kinders heerlik saam gespeel en gewerskaf. Ousus het meeste van tyd Kleinsus wou reghelp en dit het nogal wrywing veroorsaak. Ek het nie veel met Kleinsus te doen gehad nie. Of te wel, ons was nie so na aanmekaar soos ek en Ousus toe ons groot was nie. Ons het vir jare nie regtig kontak gehad nie. Kleinsus het darem my troue help reël waarvoor ek steeds dankbaar is. Ek weet wel dat Kleinsus verder gestudeer en help skoolboeke skryf het. Sy het ook ons ouers gehuisves vir baie jare. Toe ek terug in Potties was het ons darem verjaarsdae saam gevier. Ook met Kersfees het ons saam deurgebring.
Na my ma se dood het ek en Kleinsus nader aan mekaar beweeg. Ons het meer gereeld gekuier. Die band het versterk namate die tyd aangestap het na my vertrek na NZ. Kleinsus het saam met my hierheen gekom en vir n maand hier gekuier. Ons het in 2010 ook heerlik saam Zimbabwe toe getoer.
Kleinsus “kyk” baie mooi na my. Sy bekommer haar as ek nie dadelik haar, oor die lug briewe, antwoord nie. Ek waardeer haar ondersteuning baie.
Dit sou eintlik lekker kon wees as ons twee nog naby mekaar gebly het.
Dit dan in n neutedop oor my twee liewe susters.Ek is lief vir albei en mis hul party dae vreeslik. Tog is ek gelukkig dat ek steeds kontak met beide het. Familie bly tog maar familie!

+——-+——-+——-+

September 2016 Onderwerpe

31. Opwinding
32. Kos
33. Eienaardige ondervinding/ervaring
34. Besoekers
35. Hande

Die volgeende ouens het heerlik saam op Safarie gegaan verlede week.

Baie dankie aan jul almal. Jul is helder sterre hier rond.

I scrap 2 (die uwe) Koop n kussing in Livingston.

https://scrapydo2.wordpress.com/2016/08/17/toeka-tokkel-no-29-safarie/

Olga is eerste en sing heerlik saam…

https://olgaseokseltjies.wordpress.com/2016/08/19/toeka-tokkel-29-swinging-safari/

Frannie het n bullebak van n safarie-leier gehad

https://frandr.wordpress.com/2016/08/20/vir-toeka-tokkel-safari/

Perdebytjie – wat n Afrika Safarie was dit nie!

https://perdebytjie.wordpress.com/2016/08/21/vir-toeka-tokkelsafari/

Kameel- renoster en pantoffels!

Pantoffels op safari

Toorts loop n olifant raak

Toortsie se Toeka Tokkel oor Safari

Abri gaan uit eet op safarie en stoute studente…

https://abriejoubert.wordpress.com/2016/08/24/die-oorgekwalifiseerde-dame-en-die-gerespekteerde-professor/

No 31. OPWINDING   is volgende. Begin solank dink mense!

Toeka-Tokkel no 24 : Winter/verkoue/ griep/gesondheid.


Ek is sommer nostalgies!

 

 

Winternag

O koud is die windjie
en skraal.
En blink in die dof-lig
en kaal,
so wyd as die Heer se genade,
le die velde in sterlig en skade
En hoog in die rande,
versprei in die brande,
is die grassaad aan roere
soos winkende hande.O treurig die wysie
op die ooswind se maat,
soos die lied van ‘n meisie
in haar liefde verlaat.
In elk’ grashalm se vou
blink ‘n druppel van dou,
en vinnig verbleek dit
tot ryp in die kou!

“Ou” Afrikaans is tog so mooi!
‘so wyd soos die Heer se genade’
‘…grassaad aan roere
soos winkende hande.’
Ai,ja,ja so pragtig.
Hierdie week gesels ons oor winter en alles wat daarmee gepaard gaan.
Ek het vir die sewe jaar wat ek hier in NZ is, nooit verkoue of griep gehad nie. Ek het wel elke jaar my griep inspuiting gekry omdat die verkoue meestal in my longe intrek.
Gelukkig het ek die paar jaar nie met kinders gewerk nie.
Wraggies hierdie jaar toe vang die verkoue my op die einde. Daar is so baie lopende neuse en hoestende kele dat my lyf besluit het hy gaan nou maar saamdoen.
Ek moes vir twee dae tuis bly om oor die hond se stert te kom. Gelukkig was die rus net wat ek nodig gehad het en kon ek die verkoue afskud.
Dit wys n mens, daar is tog altyd maar verkoue-kieme wat oral rondvlieg en veral nog in n toe warm kamer ook.
Kliek op volgende skakel as jy wil weet hoe Toek-Tokkel werk:
Die volgende persone het oor STAD/DORP gesels.
Baie dankie vir jul getroue ondersteuning. Ek waardeer dit baie.
Scrapydo(ekke) het baan geopen met Upper Hutt New Zealand
Tannie Frannie se bly in Pretoria
Kameel in vroeë Johannesburg
Toorts gaan Kaapstad toe
Interessant dat elkeen n ander stad belewenis vertel het.
Ons volgnde Tokkel gaan oor DROME

Toeka-Tokkel no 19: Grot


Goeie dag al my Toeka-Tokkelaars, dis weer n nuwe onderwerp. Almalis welkom om te skryf en te deel. Vir verdere inligting kliek gerus op die skakel en laat ons hoor wat jy te sê het:

https://scrapydo2.wordpress.com/2016/05/05/toeka-tokkel-no-14-byname/

GROT

Ongelooflik! Woorde kan nie beskryf hoe ek gevoel het toe ek die grot ingegaan het nie!

Ons was ‘n groep van sowat 20 mense. Oumas en oupas, ouers met kinders, selfs ‘n kleuter en dan die drie van ons: Ek, Kiki my student en my vriendin . Die gids wat ons gehad het was uiters bekwaam.

Voordat ons ingegaan het, het die gids eers n paar interessante stukkies vertel oor die ontdekking en bestaan van die grot. Hy het ook gesê om geen fotos binne te neem nie. Hy het ook gewaarsku teen smal gangetjies en dan die trappe ook.

Ons was alger  opgewonde om in te gaan. Dit was donker en nat. Ons het stadig ‘n paar treë in ‘n groot opening wat dof  verlig was gegee. Hier kon ons die miljoene stalaktiete, gevorm deur reënwater viltrasie  deur die kalksteen, sien. Elke hoek van die dak en mure was bedek met ‘n ligte bruin, pienk en wit glinsterende  gevormde uitsteeksels wat oor die jare deur die druppende water gevorm het en steeds nog vorm. Ongelooflik mooi!

Ons is toe dieper die grot in en moes die wonder van akoestiek toets in die opera saal. My vriendin, met n pragtige stem, sing toe  ‘n Maori liedjie.  Die volgende  was toe die gloeiwurms.

Terwyl ons deur die openinge in die omheining kyk, vertel die gids hoe die gloeiwurms lewe en lig maak:

Dit is Nieu-Seeland gloeiwurms! Die wurm is die  larwe van ‘n twee-vlerkige insek, hul groei tot so lank as n vuurhouthjie.  Die Nieu-Seelandse een is n “spin-agtige” gloeiwurm: arachnocampaluminosa.’Arachno’ beteken spin-agtige, wat verwys na die manier hoe wurms  vlieënde insekte vang soos spinnekoppe met drade. ‘Campa’ beteken larwe en ‘luminosa’ beteken lig-produserende.

Hoe gloei hulle?

‘n Gloeiwurm gebruik sy gloed om kos te lok en sy afval te verbrand. Die stert gloei as gevolg van “bioluminescentie”, wat ‘n reaksie tussen die chemikalieë wat afgegee word deur wurm en die suurstof in die lug is. Dit chemiese reaksie produseer lig, wat deur die gloeiwurm beheer word deur die vermindering van die suurstof toevoer. Insekte vlieg na die lig en klou  dan vas in die taai lyne waaraan wurms  hang, om kos mee te vang.

Na die asemrowende vertoning moes ons terug beweeg in n donker grot. Ons klim toe in ‘n oop boot. Ons dryf toe, saam met die rivier, die duisternis van die gloeiwurmgrot binne. Dit was ongelooflik!

Ongelooflik!

Miljoene klein glinsterende liggies skyn van die dak af. Dit was stil soos die graf. Slegs die sagte geruis van die water. Ons was veronderstel om stil te bly, maar as jy ‘n kleuter, wat nie verstaan waarom dit so donker was, saam in die boot het was dit nogal heel steurend. Tog het ons dit geniet, al was dit nie so stil as wat ons dit sou wou hê nie. Die boot het ons na n ander opening in die grot geneem waar ons aan wal gegaan het

Dit was ‘n ware, ongelooflike avontuur.

Waitomo gloeiwurmgrot is beslis n moet om te besoek as jy ooit in hierdie deel van die wêreld kom kuier.

http://www.glowworm.co.nz/

Glowworm threads - close up.

Die volgende persone het heerlik oor al die lekker eetgoed geskryf.

n Groot dankie aan julle almal.

Besoek gerus die volgende poste:

Kameel met haar yummy teetyd eetgoed was eerste

Something for the old man’s tea

Toorts het fudge en menigte lekker eetgoed onthou

Toortsie se Toeka Tokkel oor eetgoed, toe en nou

Tannie Frannie netso lekker- soet worteltjies, pampoensop…

https://frandr.wordpress.com/2016/06/08/vir-toeka-tokkel-eetgoed-toe-en-nou/

Die volgende opdrag is : DIE SEE

Sien en hoor weer van julle almal!

Blogging from A-Z: Letter W


WEDNESDAY/WOENSDAG

WATER/WATER

WATERFALL/WATERVAL

It is WEDNESDAY and we do the letter “W”

Waterfall

Follow-up of Victoria Waterfall.

Opvolg van Waterval

IGUAZU WATERFALLS

1971: My first ride in an aeroplane! My sister and I visited South  America. We had an awesome time there. One of the highlights was the trip to Iguazu and the Iguazu Falls.

I took the following photos. They are not the best but they are precious to me. I took them with a Kodak asthmatic camera. The photos are slides that I copied onto my computer.

My sister and I

1-1-2013 14-56-35_019

At the hotel, they had these very tame parrots. We did not trust them at all!

1-1-2013 14-56-30_016

Waterfall from the aeroplane.

Iguazu Falls are located where the Iguazu River tumbles over the edge of the Paraná Plateau, 23 kilometres (14 mi) upriver from the Iguazu’s confluence with the Paraná River.[1] Numerous islands along the 2.7-kilometre-long (1.7 mi) edge divide the falls into many separate waterfalls and cataracts, varying between 60 to 82 metres (197 to 269 ft) high. The number of these smaller waterfalls fluctuates from 150 to 300, depending on the water level. Approximately half of the river’s flow falls into a long and narrow chasm called the Devil’s Throat (Garganta del Diablo in Spanish or Garganta do Diabo in Portuguese).[1] The Devil’s Throat is U-shaped, 82 metres high, 150 m wide, and 700 m long (269×492×2,297 ft). Place names have been given also to many other smaller falls, such as San Martín Falls, Bossetti Falls, and many others.

https://en.wikipedia.org/wiki/Iguazu_Falls

Extra “W”

W…

https://hesterleynel.wordpress.com/2016/04/27/w-water/

Blogging from A-Z : G


GUEST HOUSE/GASTEHUIS

Two years ago  I had the opportunity to stay  in a wonderful Guest house.

It was a pleasure to stay over in a home turned into a guest house.

Meals were in the owners dining room.

Somersal is an idyllic Bed and Breakfast Accommodation / Wedding Venue near the famous Waitomo Caves. Perched on the banks of the Waipa River in Pirongia, Waikato. It’s just 30 minutes north from the Waitomo Caves, 20 minutes from Hamilton and only 10 minutes drive from Te Awamutu. Stay in farm style comfort under a sky rich with stars, then wake to an especially prepared breakfast and the song of native birds in the garden.

http://somersal.co.nz/

Before migrating to New Zealand in 2009 a very dear and good friend

invited me to live with her in her guest house in Potgietersrus(Mokopane).

My last two weeks in South Africa were very special.

I had to return to SA  in 2010 and she again, gave me the opportunity to stay with her for a few days.

Kameeldoring Guest house is situated in a very safe and secure area. We have 7 rooms, all ensuite, with a private entrance to every room and a balcony looking out on a peaceful garden. DSTV in all rooms and a Coffee and tea tray in the rooms for your convenience.

The hostess is well-known for her cooking skills and breakfast is served in a lovely homely atmosphere. Dinner and lunch is also available on request as well as lunch boxes for the travelling business person.

101_3695

http://www.roomsforafrica.com/establishment.do?id=6859

AFRIKAANS

Baie dankie aan my goeie vriendin Monica wat my n blyplek gegee het in een van haar gastehuis kamers.

Die laaste twee weke in Suid Afrika (2009) het ek geen huis of haard gehad nie en Monica het my gehuisves vir die tydperk.

Dit was n wonderlike twee weke gewees.

Ongelukkig moes ek in 2010 weer terug SA toe gaan omdat my verblyfpermit nie deurgekom het nie.

 Weer het Monica my vir n week versorg en lekker vertroetel.

STEEDS n GROOT DANKIE vir die gasvryheid!

Toeka-Tokkel no 11: Vuurwerk


Baie laat maar hier kom hy tog uiteindelik.

Almal is welkom om deel te neem. Skryf Afrikaans en geniet dit.

Vir meer inligting loer asb in by my welkom bladsy.

https://scrapydo2.wordpress.com/2016/01/07/toeka-tokkel-2016-welkom/

VUURWERK

Ter inleiding:

My rekenaar is so stadig. Ek wil sommer vuurwerke onder hom sit om hom n bietjie lewe te gee. Selfde met my TV hy maak sommer sy eie vuurwerk kleur strepe sodat ek niks kan sien nie.

Die lewe self het ook sy menigte vuurwerke. Wat as jy n afspraak het en die persoon wat jou moet vergesel is gladnie geinteresseerd om klaar te maak nie. Mens kan sommer vuur onder hul maak. Die vonke kan lekker spat deur middel van woordewisseling ook.

Die week wat ek weg was, het ek weer my vriendin se honde en katte opgepas.

Vuurwerke het met tye gespat tussen die nuwe klein katjie en Trompie. Trompie is nogal heel versigtig as dit by katte kom. Alles het goed gegaan as net hy en Sally saam is. Laat Coco net op die toneel kom dan spat die vuurwerke. Sally blaas, spoeg, krap en hol na veiligheid. Drie honde teen n kleine kat is net te veel. Coco is egter die geweldadige een. Sy wil net gryp en byt.

Ek moes gedurig op uitkyk bly vir moeilikheid.

Links kyk Trompie hoe Munro eet. Regs is klein Sally en Trompie wat vir haar kyk.

Ek hoop jy het n lekker vuurwerk-storie om te vertel.

Volgende storie is:

no 12: MY  SLAAPKAMER

Baie dankie aan die volgende persone wat oor oefening geskryf het

Kameel oefen gedurig saam met Christus

https://toortsie.wordpress.com/2016/03/14/laat-ons-hardloop/

Toorts gebruik stap as oefening

https://toortsie.wordpress.com/2016/03/16/toortsie-se-toeka-tokkel-oor-oefening/

Thulana het veral as kind hard moes oefen om toetse te slaag

https://thulana.wordpress.com/2016/03/16/oefening/

Ook skryf Thulana die volgende oor verbeelding

https://thulana.wordpress.com/2016/03/15/hulle-eet-muskiete/

Olga se bydrae oor verbeelding

https://olgaseokseltjies.wordpress.com/2016/03/14/toeka-tokkel-9-verbeelding/

 

 

 

 

Welkom in New Zealand Toortsie!


Dis 12:30 pm. Trompie raak opgewonde aan die blaf.

Dis die posman met sy bromfiets.

PAKKIE UIT SUID AFRIKA!

Ek teken vir die pakkie en

ek kan my opgewondenheid nie in toom hou nie.

IMG_1587

Trompie wys my adres en SA seëls

Maak oop Ma, maak gou!

IMG_1589

En hier is sy!

Toortsie se Bantingboerekos!

IMG_1591

In my kombuis in Upper Hutt, New Zealand.

Baie WELKOM!

(Dis 9 Januarie 2016 in Bredasdorp gepos en Vlieg en reis 6 dae om op die 15e Januarie in hande te beland!

10 uit 10 vir posdiens!)

Merry Christmas – Geseënde Kersfees


Here in New Zealand some people love to decorate their gardens with Christmas pictures using colored light. I went out last night and took some photos.

I want to wish all of you a Merry Christmas. Thank you to all of you who supported me and my blog this year.

One horse open sleigh!

IMG_1310

IMG_1311

Geseënde Kersfees aan al my liewe Afrikaanse ondersteuners. Mag dit n besonderse tyd saam met familie en vriende vir almal wees.

IMG_1334

This slideshow requires JavaScript.

This slideshow requires JavaScript.

Toeka-Tokkel no 36 : SOEKTOG


SOEKTOG

Image result for pictures on search

Wie ken nie daardie magtelose gevoel wanneer jy haastig is en iets wat dringend nodig is nie gevind kan word nie?

Voor verlede week het ek n soektog gehad wat my nogal paniekerig gemaak het!

Ek is nie baie lief daarvoor om self te bestuur as ek ver moet ry nie. Ongelukkig moet dit tog maar gedoen word. My vriendin het 4 weke terug n ligte beroerte gehad. Ek het besluit om maar eenmaal in die week te ry en haar in die hospitaal te besoek. Die hospitaal is amper twintig minute se ry van waar ek bly.

Mens kan  nie by die hospitaal  in hul parkeerterrein parkeer nie omdat dit baie duur is. Ek parkeer maar in die straat. Om in die straat te parkeer beteken nie dat dit naby die hospitaal is nie.

Die dag toe ek gaan vir die besoek, was daar geen parkeerplek naby nie. Ek moes maklik n kwartier stap om by die hospitaal te kom.

Lekker gekuier, toe is ek weg om huistoe te gaan. Ek stap weer die paadjie waarlangs ek gekom het. Ek loop en loop en loop. Toe kom ek agter  dat ek nou loop waar ek nie voorheen geloop het nie.

Ek kry nie die kar nie! Nou wat nou? Bel ek my seun? Nee, hy sal nie weet nie! Vra ek n omie langs die straat? Hy sal nie weet nie want ek weet nie eers die straat se naam waar ek parkeer het nie. Moet ek omdraai en weer terugloop tot waar ek begin het? Nee wat, ek loop nog aan en soek steeds. Pad maak n ronding en ek loop. Wraggies net om die draai kom ek op die straat af waar ek ingedraai het. Daar is my kar steeds op die plek waar ek geparkeer het.

Dis net ek wat vergeet het dat ek afgedraai het. Dis waar die ding ingekom het. Ek het reguit aangeloop i p v om af te draai in systraatjie.

Ha ha, was maar heel benoud op n stadium. Wat n soektog! So bly ek het die plek gevind. Sou nie geweet het hoe om dit te kry as dit nie was dat strate hier,  in sirkels  gebou is nie.

Ons volgende tema is OUDHEDE

Kom Tokkel lekker saam oor n soektog wat jou steeds bybly!

Skryf n pos en plak die skakel in my kommentaar sodat almal kan kom lees wat jy gesoek het.

Elke Donderdag verander ek die tema/opdrag. Jy het tyd tot volgende Donderdag om iets te Tokkel.

Geniet dit, dit is Afrikaans!

Baie groot dankie aan die volgende skrywers wat oor wasdag/wasgoed geskryf het:

Olga is EERSTE met haar vroeë wasdag herinneringe

https://olgaseokseltjies.wordpress.com/2015/08/21/toeka-tokkel-turdy-sumtieng-wasdag/

Lekker ondersteuning van coetzeeblog ook gekry met 8 kinders!

https://coetzeeblog.wordpress.com/

Kameel het n wasmasjien gekry wat baie dringend nodig was…

https://toortsie.wordpress.com/2015/08/24/wasdag-en-wasmasjien-nukke/

Toorts het haar skoonma se hart verower met haar vroeë ophang van wasgoed…

https://toortsie.wordpress.com/2015/08/25/toorts-se-toeka-tokkel-oor-wasgoedwasdag/

Herriemerrie  se strykyster is nog steeds in sy houerna jare se rondtrek…

https://herriemerrie.wordpress.com/2015/08/26/ouer-as-n-dekade-en-nog-nooit-gebruik-nie/

Ek hoop almal geniet die getokkel saam met my. Neem jou pen op en laat waai met die stories oor soektogte!