Die wêreld verander teen ‘n vinnige spoed, ons kleinkinders word met ‘n selfoon en tablet in die hande groot. Hulle draai ‘n kraan oop, kry lopende water, sit ‘n skakelaar aan en daar is elektrisiteit. Sit ‘n TV aan en kyk ‘n storie. En dink selfs oumas is, soos Steve Hofmeyr oor spoke sing, so bietjie dom as ons nie so vinnig met die tegnologie is nie. Maar, daar is baie wat hulle nie weet nie, want ons oumas was ook kinders. En ons kan stories vertel …

‘n Bundel kinderstories uit die pen van die Goue Vroue.

Kliek op hierdie skakel om die ander stories te lees.

https://fresh.inlinkz.com/p/d9a4e9bae6aa4e179beee4acc3690247

 

Sommer net ‘n storietjie uit die pen van Scrapy.

Eendag was daar ‘n uitgebreide familie meerkatte wat in die Kalahari gebly het.

Mamma en Pappa Meertjie is baie lief vir hul kinders. Gelukkig is daar ook Oom en tannie Meertjie, pappa se broer en sy vrou. 

Boeta is n seuntjie meerkat wat net n klein bietjie ouer as Sussa sy sussie is. Die twee geniet die lewe om en naby hul ruim meerkat huis. Die groot mense het gesorg dat hul huis baie veilig uitgelê is. As hul by een deur ingaan en daar kom gevaar is daar ten minste nog twee ander deure waardeur hul kan ontsnap. 

Dis ‘n heerlike koel oggend. Al die ouers en volwassenes en kinders is buite. 

Pappa Meertjie sit kierts regop eenkant met sy voorbeentjies langs sy sye. Hy snuif die vars lug. 

Mamma Meertjie is nog besig om die laaste babas te voer. Hul slurp lekker aan haar warm melkies. Die groter meerkatjies voel heel op hul gemak want Pappa en oom Meertjie sal mos waarsku as daar moeilikheid kom.

Boeta skreeu: “Jy kan my nie raak nie!”. Hy raak aan Sareltjie wat baie jonger as hy is en hol weg. Sareltjie hardloop so vinnig, sy beentjies raak skaars grond.

Sussa is besig om klien Miempie se hare uit te kam. Sareltjie hardloop tussen hulle en raak Sussa. “Jy is aan Sussa, whê phê!”

Sussa vererg haar want hy het sommer Miempie die afdraande af laat rol.

“Het jou, jou stouter,” Sussa stamp hom dat hy doer trek. 

“Dis nie reg nie,”skree Sareltjie en begin huil. 

“Tjank balie,” begin die ander meerkatjies te sing. 

Skielik:”Grrrom,” uit Pappa se keel. 

Al die kleintjies spaander om skuiling te soek by ouer meerkatte.

Miempie bewe van angs. Die grootmense staan op hul agterbene en snuif die lug.

“Vals alarm julle, dis net Jakkie Jakkals wat doer ver loop.”

Sjoe dit was ‘n benoude oomblikke. Mamma Meertjie soek in die grond vir iets om te eet. 

“Toemaar Miempie, hier is vir jou ‘n stukkie geko wat nog oorgebly het.” Miempie vergeet van skrik en sit lekker en suig aan die geko.

Die kinders gaan aan met baljaar. Dit duik en rol en stoei. 

Mamma en tannie Meertjie sit rustig met hul pensies oop sodat die sonnetjie dit lekker bak. Die babatjies lê in opgerolde bolletjies langs hulle.

“Tjieeer, grom, blaf,”kom dit van oom Meertjie.

Dit beteken groot moeilikheid. Kleintjies hardloop vir die huis se deur. Mamma en tant Meertjie agterna.

Pappa en oom Meertjie tree voetjie vir voetjie agteruit. Toe alger binne is, woerts die twee manne agterna. Oom Meertjie vee die sweet van sy voorkop: “Dit was so amper of daardie vervlakste valk het een van ons gevang.”

“Dankie kinders dat jul so vinnig gereageer het toe ek die noodsein gegee het,” oom Meertjie is sommer trots op almal.

Dit wys dat kinders moet luister as daar gewaarsku word en ouers moet kinders leer om waaksaam te wees. Gevaar kan van enige kant af kom.

Wanneer sy 24 maande oud is begin ‘n wyfie gewoonlik paar. Alhoewel meerkatte dwarsdeur die jaar kan paar, vind geboortes dikwels tydens die reënerige, warmer dele van die jaar van Augustus tot Maart plaas; dus wag meerkatte gewoonlik vir gunstige omstandighede voor hulle paar. ‘n Wyfie is elf weke lank dragtig, waarna sy geboorte gee aan 3 kleintjies. Wyfies kan tot drie maal per jaar kleintjies hê. Die kleintjies se oë en ore is toe met geboorte en hulle kan nie urineer of ontlas sonder stimulasie van hul ma nie. Die ore gaan na 10 dae oop en die  na 10-14 dae. Hulle soog tot ‘n ouderdom van 49 tot 63 dae. ‘n Graatjiemeerkat is geslagsryp op 1 jaar en het ‘n moontlike lewensduur van 12 tot 13 jaar. Die vader neem soms ‘n aktiewe rol in die versorging van die kleintjies. Aangesien meerkatte ‘n sosiale karakter het, help nie-parende meerkatte dikwels ook om die kleintjies te versorg en van kos te voorsien.

https://af.wikipedia.org/wiki/Graatjiemeerkat


11 responses to “‘n Storie: Goue vroue skryf”

  1. Toortsie Avatar

    Dit is ‘n dierbare storie. Jy kan die speletjies in nog ‘n hoofstuk skryf. 🙂 Of sommer nog ‘n hele klomp hoofstukke. Christa gaan dit in ‘n BOEK saamvat! Jy weet dat jy die vir haar moet e-pos in Word of in Google Docs?

    Like

    1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

      Om die waarheid te sê het iemand vir my n boodskap gestuur of dit gedruk kan word. Daar is toe nie n naam by en het gevra wie die boodskap stuur en persoon het nie geantwoord nie nou wil ek half links wees en dit nie inskryf nie. Eintlik is ek besig om aan die storie te skryf om n kinderboek uit te gee en dan kan ek dit nie gebruik as dit reeds gepubliseer is nie.

      Liked by 1 person

      1. Toortsie Avatar

        Ja dis ook te verstane. Ek het self gewonder oor myne, maar ek voel datChrista met baie onderwysers te dien het en dat sy dalk ‘n goeie afsetgebied het. Gelukkig mag jy mos kies hieroor.

        Like

        1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

          Ja wat sal maar sien hoe dit gaan.

          Liked by 1 person

  2. Na die maan – toortsie.com Avatar

    […] touleer aangedurf en voor jy kan sê, ‘mes’, was sy al bo en het sy haar sit gekry. Scrapydo het mos kontakte met Elon Musk en sy het sommer daar uit New Zeeland, woerts met een van sy vinnige […]

    Like

  3. Letty-Ann Avatar

    Jy vat my ver terug met daai kinderspeletjie,Scrapy.EN DANKIE VIR DIE INLIGTING OOR MEERKATTE!!

    Like

    1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

      Groot plesier. Bly jy het dit geniet. Ek wou nog speletjies ingesit het maar toe besluit ek dit kan maar n volgende keer gebeur.

      Like

  4. appeltjie Avatar

    Ek lief dierestories

    Like

    1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

      Ek’s nteso mal oor dierestories.

      Like

  5. anne leueen Avatar

    I love the meerkats. Thanks for this entertaining story!

    Like

    1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

      Thanks I’m glad you enjoyed the story. While I was still in Primary school we had to pass a family meerkatte every day. At the end we knew each other and could just pass without a whole commotion of running away, hiding and coming out again.

      Liked by 1 person

Leave a comment

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.