Om te weet hou Toeka-Tokkel werk besoek asseblief die 2016 begin blad.

Toeka-Tokkel 2016: Welkom

Almal is welkom om saam te skryf en te deel.

EERSTE SOEN

Image result for kissing picture

Ongelukkig kan ek die werklike eerste soen nie hier beskryf nie.

Dit was die eerste keer wat ek uitgegaan het, dit nogal met n “blind date”. Ken ou van geen kant af nie, maar ai, dit was n vuurige besigheid want ek het al my dae gehad om hom verder weg te hou  vir die res van  die aand!

Ek onthou wel dat as kind was dit nie so lekker om die ooms te soengroet nie. Party het sulke nat slap lippe gehad. Ander het weer n snor of baard gehad wat gekrap het. Dit was nooit lekker om sulke ooms te groet nie.

Toe soek ek iets met soen om by te sit. Dit was ook nie maklik nie.

Ek het gedink aan Gert Potgieter met

“Mooie meisies, Fraaie bloemen.

Alle meisies wil/moet ek soene”

Gert Potgieter het in 1972 in Potgieterrus kom sing. Dit was nou n heerlike ondervinding. Hy het gedurende pouse tussen die mense beweeg en met almal n geselsie aangeknoop. Egte boere manier van handgee en groet, elkeen met wie hy gepraat het.

Hy het selfs van die ouer tantes gesoengroet asof hy hul almal persoonlik ken.

Laat ons bietjie hoor wat jy als te sê het oor die eerste soen! Onthou dit hoef nie net jou eerste soen te wees nie.

Dankie aan almal wat heerlik oor vakansie geskryf het. Julle maak die nuwe jaar sommer die moeite werd.

Toorts hou vakansie om te rus en to verhaal te kom- toe gebeur dit nie soos sy gedink het… boek word toe uitgegee

https://toortsie.wordpress.com/2016/01/14/toortsie-se-toeka-tokkel-oor-vakansie/

Tannie Frannie het new Zealand besoek..

Toeka-Tokkel 2: Vakansie

Olga hou van stilte en haar wederhelf van die stad se geraas..

Toeka tokkel twee Vakansie

Kameel het toe nie haar see-brander kon ry nie..

https://toortsie.wordpress.com/2016/01/18/vakansie/

Esterley hou vakansie as die vakansiegangers weg is..

Die lekkerste deel van die vakansie

Die uwe se bydrae huis oppas is n goeie vakansie..

Toeka-Tokkel no 2: Vakansie

Hier is nog n nuwejaarsvoorneme wat ek raak geloop het

Nuwejaarvoornemens

Volgende storie gaan oor:

Eerste werk/skool of enige ding wat eerste keer gedoen is.

Groete van huis tot huis.


21 responses to “Toeka-Tokkel no 3: Eerste soen!”

  1. Olga Avatar

    Jou groet laat my nou sommer na Springbokradio en Danie Smuts verlang. 😆

    Like

    1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

      Those were the days! Liewe ou Danie was darem maar geliefd!

      Like

  2. Net een soen | Toortsie, Kameel en Bokbaaivygie Avatar

    […] Scrypydo se toeka-tokkel: Eerste soen […]

    Like

  3. […] Toeka-Tokkel no 3: Eerste soen! […]

    Like

  4. HesterLeyNel Avatar

    Ou ooms! Ek moes daaraan gedink het. Dalk sou hulle my ‘n ding of twee kon geleer het. Ek sien my pingback het gewerk, maar hier is my link ook. https://hesterleynel.wordpress.com/2016/01/23/toeka-tokkel-3-drie-soene/

    Like

    1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

      Jou link en ping het altwee gewerk! Dankie vir jou deelname. Party van ou ooms was baie bedrewe as dit by die soen kom!

      Liked by 1 person

  5. Toeka Tokkel 3: Drie soene | Dis Ekke Avatar

    […] ek uitwei oor my Eerste soen, moet ek nou eers […]

    Like

  6. nowathome Avatar

    Ek het ook nie daarvan gehou as die ou omies snorre gehad het nie!

    Like

    1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

      Ja jong baie grillerig!

      Liked by 1 person

  7. Kameel Avatar
    Kameel

    ‘n Blind date soen? Klink soos ‘n ou met weghol hande 🙂 Miskien moes jy hom ‘n warm klap gegee het 😆

    Like

    1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

      Ek was onbekend met die dinge en het nie geweet wat my tref nie!

      Liked by 1 person

      1. Kameel Avatar
        Kameel

        Wens ek was ‘n vlieg teen die muur. Jy het my nou aan die lag 😆

        Like

        1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

          Nou moet jy nog onthou ek het hierdie bekermende pa gehad wat gesê het ek moet 11 uur tuis wees. Die ou wou nie my huistoe vat sonder n paar probeerslae nie. Tuisgekom sit my pa en wag dat ek moet inkom.Was al seker so 26 jaar oud!

          Liked by 1 person

          1. Kameel Avatar
            Kameel

            Scrapy ek is jammer ek lag, maar ek geniet elke oomblik hiervan. 26 jaar oud en ‘n beskermwnde pa!!! Jy moes die hele storie geskryf het 😆

            Like

            1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

              Jong ek lag ook nou daaroor maar dit was n hele gedoente. My pa wou hê ek moes die ou nie weer huistoe bring of sien nie(het hom egter wel weer gesien want hy het by my in Potties kom kuier die ou kansvatter, Ha ha)

              Liked by 1 person

              1. Kameel Avatar
                Kameel

                Het hy hom toe darem beter gedra Scrapy?

                Like

                1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

                  Nee wat, hy het net lêplek gesoek! Hy was toe nie te onbekend in omgewing nie. Het toe na die tyd gehoor hy was n regte kansvatter!

                  Liked by 1 person

  8. perdebytjie Avatar

    Ja die stuitige ou ooms met die slegte soene,is omtrent al wat ek kan onthou….ggrrrrril!

    Like

    1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

      En hoe! As mens so terugdink was die ou ooms ook maar lekker stuitig en het kanse gevat!

      Liked by 1 person

Leave a reply to Olga Cancel reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.