Baie laat maar hier kom hy tog uiteindelik.
Almal is welkom om deel te neem. Skryf Afrikaans en geniet dit.
Vir meer inligting loer asb in by my welkom bladsy.
VUURWERK
Ter inleiding:
My rekenaar is so stadig. Ek wil sommer vuurwerke onder hom sit om hom n bietjie lewe te gee. Selfde met my TV hy maak sommer sy eie vuurwerk kleur strepe sodat ek niks kan sien nie.
Die lewe self het ook sy menigte vuurwerke. Wat as jy n afspraak het en die persoon wat jou moet vergesel is gladnie geinteresseerd om klaar te maak nie. Mens kan sommer vuur onder hul maak. Die vonke kan lekker spat deur middel van woordewisseling ook.
Die week wat ek weg was, het ek weer my vriendin se honde en katte opgepas.
Vuurwerke het met tye gespat tussen die nuwe klein katjie en Trompie. Trompie is nogal heel versigtig as dit by katte kom. Alles het goed gegaan as net hy en Sally saam is. Laat Coco net op die toneel kom dan spat die vuurwerke. Sally blaas, spoeg, krap en hol na veiligheid. Drie honde teen n kleine kat is net te veel. Coco is egter die geweldadige een. Sy wil net gryp en byt.
Ek moes gedurig op uitkyk bly vir moeilikheid.
Links kyk Trompie hoe Munro eet. Regs is klein Sally en Trompie wat vir haar kyk.
Ek hoop jy het n lekker vuurwerk-storie om te vertel.
Volgende storie is:
no 12: MY SLAAPKAMER
Baie dankie aan die volgende persone wat oor oefening geskryf het
Kameel oefen gedurig saam met Christus
https://toortsie.wordpress.com/2016/03/14/laat-ons-hardloop/
Toorts gebruik stap as oefening
https://toortsie.wordpress.com/2016/03/16/toortsie-se-toeka-tokkel-oor-oefening/
Thulana het veral as kind hard moes oefen om toetse te slaag
Ook skryf Thulana die volgende oor verbeelding
Olga se bydrae oor verbeelding