Toeka-Tokkel no 23: Stad/Dorp


Vir hoe Toeka-Tokkel werk kan jy net op skakel kliek en sien wat en hoe dit werk:

https://scrapydo2.wordpress.com/2016/05/05/toeka-tokkel-no-14-byname/

%xxx%xxx%xxx%

Hierdie komende week kuier ons in stede of dorpe wat jy onthou of sommer net oor wil gesels.

Ek het groot geword in en om Pretoria, daarna het ek lank in Ptogietersrus gebly en ook n tydperk in Secunda. Ek gaan nie rerig oor die Suid Afrikaanse dorpe of stede gesels nie.
Op die oomblik bly ek in Upper Hutt wat in 1966 as stad verklaar is. Hierdie jaar vier Upper Hutt hul 50 jarige bestaan as stad. Daar is sowat 39,700 inwoners(Junie 2015)
Vir my, wat gewoond is aan n stad soos Pretoria en Johannesburg is Upper Hutt maar n klein plattelandse dorpie.

Daar is n hoofstraat(Main Street) waar meeste winkeltjies is. Dan, bygesê, is baie winkels leeg. Die stadsraad beweer die stad bloei en gaan vooruit. Die huur van die winkels is egter so hoog dat die winkels nie rerig n bestaan maak nie.

Daar is drie super-markte. n Mall,wat in 2010 in werking gekom het, hou ook nie mense om  hul winkeltjies te huur nie. Daar is bv klerewinkels te kus en te keur. Die mense koop egter nie rerig in Upper Hutt nie. Hul gaan Lower Hutt  toe wat tweemaal so groot is as UH. Dis beslis n onbegonne stryd vir oorlewing in Upper Hutt.

Die dorpie self is baie mooi. Dit lê langs die Hutt rivier. Die rivier is vernoem na Sir William Hutt wat n groot rol in Engelse kolonisasie gespeel het.Die grond waarop Upper Hutt gebou is was voor 1840 in Maori besit gewees

.In 1841 land eerste Europese(Engelse) settelaars hier. Die eerste ontwikkeling was n saagmeul wat inheemse bome opgesaag het. Daarna het die stad stelselmatig gegroei en ontwikkel.

https://en.wikipedia.org/wiki/Upper_Hutt

Map of Upper Hutt New Zealand

 

Daar was nie veel reaksie op vorige onderwerp “Straf” nie.

Dankie aan Toorts wat presies gesê het hoe dit in werklikheid is.

Toortsie se Toeka Tokkel oor Straf

Amper het ek Olga se straf gemis! Hier is haar straf en verandering bydraes

https://olgaseokseltjies.wordpress.com/2016/07/06/toekatokkel-22-straf/

https://olgaseokseltjies.wordpress.com/2016/07/05/toeka-tokkel-21-verandering/

Dankie aan almal wat gelees en ook kommentaar gelewer het.

Volgende keer se skrywe gaan oor

24. Winter,verkoue/griep/gesondheid

Advertisements

Author: scrapydo2.wordpress.com

Retired teacher interested in anything crafty: Scrap booking, card making, quilting, knitting etc. Everything about animals especially DOGS

25 thoughts on “Toeka-Tokkel no 23: Stad/Dorp”

  1. Ek het eintlik gedink om oor ‘n dorpie in Oos Australië te skryf, Timbertown, maar sou baie ‘navorsing’ moes doen omdat dit baie jare gelede is wat ons daar was. Kameel het my egter nou lus gemaak vir ‘n ander storie.
    New Zeeland is een van die plekker wat ek nog wens om te besoek. Dalk kry ek tog eenkeer my man oorreed!

    Like

        1. Oh no, sal dat beslis n polisie verslag moet opvra voordat jy kan inkom. Ver elke ding wat mens hier wil doen moet daar eers n polisie verslag opgevra word om te kyk of jy enige oortredings het voordat jy gehelp of aangestel kan word in n pos of posisie!

          Like

    1. Hier is beslis mooi aanwysings. Onlangs het hul n hele despuut oor nuutste kunswerk gehad. Dit was veronderstel om juis die klein Fantail se stert te wees wat gewys het met dorp se naam. Dit lyk beslis nie baie goed nie- mens kan nie rerig sien wat dit voorstel nie!. Ja-nee beslis nie n stad soos ek dit ook ken nie.

      Like

    1. Dankie, mense hier is darem geneig om hul papiere in die vuilgoedmandjies te gooi(by elke busstop is n asdrom. Daar is ook n lorrietjie wat die strate vee en blare, takke en sand optel. Tog bly daar mense wat steeds hul botteltjies of omhulsels van eetgoed sommer van hul af smyt!(Hoop nie dis Suid-Afrikaners nie! Tong in die kies)

      Like

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s